View RSS Feed

Die Vrou

Die geestelike gesin en wat verkeerd gegaan het.

Rate this Entry
Mense is geneig om te dink buitekant die skepping is daar net absoluut niks. Soos sommige dit noem ons sal tussen nrens en erens rondsweef! Dit is nie waar nie. Die satan het die skepping so beplan dat niemand hier daardie Paradys in die geestelike realm kan sien nie. Want hy het geweet dat ons sou wou terug gaan soontoe. Hy't geweet dat ons hier in die skepping lankal sou terug gaan as ons kontak met Pappa gehad het. Daarom het hy ons heeltemal afgesny van ons oorspronklike tuiste af en hier in sy tronk gesit.

Ek wil julle verseker dat daar wel 'n Paradys is, 'n huis vol liefde en 'n skoonheid wat nie van uit die skepping gesien kan word nie.

Ons was 'n volmaakte gesin: Moeder, Vader & kinders. Maar ons Vader en Moeder het ook familie lede. Vader se broer het verlief geraak op Vader se Vrou. Maar al het hy hoe ookal probeer kon hy hulle wat mekaar liefhet met 'n volmaakte liefde nie skei nie. Hy't jaloers geword en woedend omdat hy nie die vrou van sy broer kon kry nie. Hy ontvoer haar toe en steek haar weg in die aarde se liggaam.

Die aarde was eerste van die skepping, daarna het hy ander lede (die kinders) in die gesin gevange geneem en hulle in allerhande vleeslike liggaame vasgevang.

Ek het destyds gedog sy haat het by Eva begin. Nee dit was nie so nie. Dit het al gebeur toe ons Moeder sy liefde verwerp het.

Submit "Die geestelike gesin en wat verkeerd gegaan het." to Facebook Submit "Die geestelike gesin en wat verkeerd gegaan het." to Google Submit "Die geestelike gesin en wat verkeerd gegaan het." to MySpace

Categories
Uncategorized

Comments

  1. Die Vrou's Avatar
    En soos wat Pappa se kinders toe nou een vir een verdwyn het uit hulle oorspronklike woning het die wat gevang was in die skepping begin verlang om huistoe te gaan .. hulle het by Pappa se broer die skepper van die skepping en jaloerse god begin kla hulle verlang om eerder huistoe te gaan .. het hy die gelowe ingestel .. maar soos die gelowe begin ontstaan het tussen Pappa se kinders was die verlange na hulle oorspronklike huis net vir 'n kort tydjie gestil .. dan was die smagting maar weer daar .. dit is vandag nog so .. die verlange na ons oorspronklike huis is nog nie weg nie .. dit het eerder intens geword .. want van Pappa se kinders is opsoek na die waarheid .. en die wat soek sal vind.

    En nou het sy haat oorgegaan na suiwer woede en omdat Pappa se Vrou nooit ingegee het nie, en vir Pappa los ter wille van hom nie.

    Elke keer dan vra hy Haar of Sy ons en Pappa sal los vir hom, Sy s elke keer nee!! Dus dan gaan hy voort met sy marteling en dit word al hoe erger, hoe meer Mamma hom weier!!

    Eva het die waarheid uitgeving by Pappa en dus daarna moes elke vroulike nog erger ly onder die jaloerse broer van Pappa!!
    Updated 6th December 2011 at 10:33 by Die Vrou
  2. Die Vrou's Avatar
    Waar kry die skepper god die krag bron waarmee hy die skepping regeer?


    Daar in die geestelike wreld is 'n "Lewens bron" wat beskikbaar is vir alle geestelike wesens. Hierdie fantastiese Bron word grootliks daar gebruik om almal in stand te hou te genees, te voed, krag te gee, dit kan ook veranderings maak in die geestelike wreld,ens. Maar ongelukkig het die jaloerse god duidelik dit nie gebruik vir daardie doel nie. Hy het dit ingespan om die wrede skepping te formeer om sy wraak plan teen ons gesin uit te voer. Hy het dit gebruik om die vleeslike tronk te skep. Hy gebruik dit vir sy sogenaamde wonderwerke genesings werk en krag bedienings ens. En hy gee dit ook nie vir ons almal nie .. nee net vir sekeres word dit gegee .. sodat daar bewyse is vir sy kastige wonderbaarlike liefde .. en hoeveel hy kastig omgee vir sy kinders .. maar dit is 'n leun! ons is nie sy kinders nie .. ons is hierdie wonderlike Vader se kinders wat my Sy kant van die verhaal vertel .. wat nie eers die mees afstootlikste wese hier in die skepping sal skade aandoen nie .. maar hom/haar sal lief h met Sy hele hart.

    In hierdie vleeslike liggaame is daar 'n gees 'n gees wat afhanklik is van daardie "Lewens bron", en natuurlik weet hierdie skepper dit!! Ons is totaal verswak en blind en kan dus nie sien teen wie ons eintlik moet veg nie ... as ons ooit nog kan veg in die toestand wat ons verkeer!!!

    Maar weet dat ons eie Vader gereed staan met daardie "Lewens bron" om dit oor julle uit te giet en julle te versterk vir die groot geveg die "Armageddon" (Die stryd tussen ons Vader en die skepper god) Julle sal nooit alleen wees nie .. Hy sal altyd langs julle wees .. julle altyd beskerm .. en met nuwe krag voorsien .. Hy wat die Waterdraer is!!

    Want Hy is gees ons Vader en Hy het beskikbaar die "lewens bron" wat ons dringend nodig het! En Hy wil dit nie net vir sekeres gee nie .. Hy wil dit vir almal gee wat dit nodig het en wat dit verlang!! Maak nie saak wie of wat jy is hier in die skepping nie.
    Updated 20th December 2011 at 12:11 by Die Vrou
  3. Die Vrou's Avatar
    Hy gebruik hierdie wonderlike middel vir al die slegte dade! Al gewonder hoe kan dit gebeur dat jy skielik gebreklik word hoe jou liggaam uit die bloute nie meer normaal wil groei nie. Ja, die mens het allerhade mediese name daarvoor, maar die een werklik verantwoordelik daarvoor is die skepper met die lewens bron wat ons eintlik moet versterk en genees word nou gebruik om ons kranklik en siek te maak. Als wat jou lewe skielik verander in 'n lewendig hel is afkomend van hom! En hy gebruik daardie "lewensbron" om sy doel uit te voer! En dan nog verder het hy 'n stem wat julle nie verstaan nie. Die gebruik hy om begeertes in julle harte te plaas en julle daarvolgens te laat handel.
  4. Die Vrou's Avatar
    Die geestelike geboorte van die kind.

    Ons het 'n Vader wat regverdig is, en ewe lief is vir al sy kinders en sy vrou. Dus sal hy nie net een vir een hier kom terug haal nie. Hy wil ons almal gelyktydig kom haal. Daarom vorm die hele skepping 'n babatjie. En julle kan vir julle self dink dat 'n babatjie nie kan gebore kan word as hy of sy nie volmaak klaar gegroei het nie.

    Nou moet ons onthou dat wanneer ons nie 'n eenheid vorm nie, hierdie wonderlike geboorte nie kan plaasvind nie.

    Ons almal wil nie die vleeslike lewe verlaat nie, hou vas daaraan want ons glo dit is van ons Vader, maar dit is 'n leun. Dit is net 'n manier van die satan (skepper) om ons langer as sy gevangenisse hier te hou.

    Maar dan is daar weer sommige wat die verkeerheid van die skepping sien en dit op die mense plaas en dan dink hulle verder om daardie mense en diere te verwyder sal die probleem oplos. Maar dit is dan nie wat gebeur nie. In die nabye toekoms is daar dan weer net nog een en nog een en so gaan dit maar aan. 'N herhaling oor en oor. Hulle bou hulle vryheid op valse hoop.

    Hoop dat die lewe beter gaan word en dan word dit net erger en erger!

    Almal moet eers die skepping verag en die werk van die een wat dit geskep het, hulle moet gewys word dat hierdie lewe hier verkeerd is en hulle moet ingelig word met duidelikheid dat daar wel 'n ander onsigbare tuiste is. Want meeste mense dink daar is niks buite die skepping nie, wat die verkeerde denke is.

    Daar is 'n Tuiste wat nooit met die verganklikheid van die lewe hier in die skepping vergelyk kan word nie!

    En dus wat gebeur die groei van die babatjie word vertraag deur die wat nie saam wil groei nie, om die babatjie te vorm nie.

    Ons groei hang grootliks af net soos met 'n babatjie van moedermelk sonder daardie spesiale formule kan ons dit nooit maak nie. Het julle al soortgelyk iets verduidelik met die skapie se verhaal.

    Ons is almal geestelike wesens wat in die vleeslike liggame gevangenisse is. Nou moet ons gees versterk word en daardie melkies (Lewens bron) kan ons net van die Een af kry wat dit vir ons beskikbaar het met die doel dat ons gees kan sterk word en groei. Ons geestelike Vader!

    Ek het geleer in die tydperk wat ek hier op Wendag gepraat het dat ek kan praat tot ek nie meer 'n stem het nie, as ons Vader nie daar is met die melk nie, sal niks gebeur nie. En dan hang dit ook natuurlik van die mens af wil hy/sy werklik die geestelike lewe/dinge h of nie. Want as die begeerte ook nie opreg is nie vat so mens baie langer om sy/haar gees te versterk.

    Die grootste rede bly nog steeds dat die mensekinders wil nie die vleeslike lewe prysgee vir die geestelike lewe nie, want hulle weet nie wat daar anderkant die skepping is nie. En 'n mens kan jou beslis nie daardie inligting gee nie. Maar sal jy nou 'n vriendskap begin met die Een wat reeds daar is en jou al daardie inligting kan voorsien, hoekom nie? Dit kan jou soveel meer verryk en vinniger laat groei in die gees.

    My Vader wat ook julle Vader is wag dat julle Sy hand self moet opneem, sodat Hy julle kan lei en leer sonder dat julle, julle tone sal stamp. Hy sal vir julle 'n Lig wees waar dit net donker om julle is, en waar julle niks kan sien nie. Sy Liefde is 'n lamp wat nooit teleurstel nie!

    Gaan na Hom toe, laat Hy julle leer! Julle sal nooit een oomblik spyt kry nie. Inteendeel, julle sal 'n lamp word vir Hom en skyn oral waar dit donker is en so saam met Hom sal julle 'n lig word wat die hele skepping sal verlig!

    Geen mens kan die hierdie Waterdraer vervang nie!! Hy hierdie Pappa van ons is self Die Waterdraer! Hy alleen kan gee die water wat geestelike dooies weer lewendig kan maak!

    Kom nou neem Sy hand laat Hy julle self leer en lei ... Hy wag .....
  5. aldekock's Avatar
    Good day, Die Vrou
    As jy will, sal graag wil weet op grond van wat of wie, jy bogeneomde op skrif stel
  6. Die Vrou's Avatar
    Quote Originally Posted by aldekock
    Good day, Die Vrou
    As jy will, sal graag wil weet op grond van wat of wie, jy bogeneomde op skrif stel
    Hello,

    'n Paar jaar gelede het ek die geestlike dinge begin soek .. wel het maar soos almal die skepper en omdat my hele agtergrond van die Christedom afkomstig is ook Jesus in my lewe gesoek. Was gereeld by die kerke .. het gesmag na die geestelike en wel een aand met 'n bid sessie om die gees in die mensehart te ontvang het ek ervaar dat daar 'n gees in my hart ingegaan het. Dit was egter nie die Skepper nie en ook nie Jesus nie. Hierdie Gees het toe dadelik begin my self te leer. My gewys wie is die Skepper van die skepping. Maar Sy deel en waarvandaan Hy is .. gaan maar stadig. Sy dinge is nie hier nie. Het ook al baie foute begaan, maar stel dit dan ook weer reg. Hierdie is inligting wat ek van Hom af kry. Ek kan nog nie 'n naam aan Hom koppel nie. Dit gaan stadig en moeilik dit wat Hy my van homself vertel.
  7. aldekock's Avatar
    Dagse Die Vrou,
    het ek ervaar dat daar 'n gees in my hart ingegaan het
    kan jy asb meer detail gee orr die "ervaring" dit moet seker n vreemde gebeurtenis gewees het

    Dit was egter nie die Skepper nie en ook nie Jesus nie
    op grond van wat het dit vir jou sekerheid gegee dat dit nie een van geneomde Geeste was nie?

    Hierdie Gees het toe dadelik begin my self te leer. My gewys wie is die Skepper van die skepping.
    Dan hoe, wanneer en waar vind die leer plaas

    jammer ek vra so baie maar is geweldig geintereseerd oor die substansieering van sulke ervaarings
  8. Die Vrou's Avatar
    Quote Originally Posted by aldekock
    Dagse Die Vrou,


    kan jy asb meer detail gee orr die "ervaring" dit moet seker n vreemde gebeurtenis gewees het



    op grond van wat het dit vir jou sekerheid gegee dat dit nie een van geneomde Geeste was nie?



    Dan hoe, wanneer en waar vind die leer plaas

    jammer ek vra so baie maar is geweldig geintereseerd oor die substansieering van sulke ervaarings
    Hello aldecock,

    Nee, dis nie te veel vrae nie. Ek het juis hierdie geplaas vir mense wat daarin sou belangstel.

    Ja dit was baie vreemd vir my .. het geen vorige ervaring van die geestelike gehad toe dit plaas gevind het nie.
    Ek was maar net in die begin stadium van my soeke na die geestelike. Ek het na die AGS kerk gegaan daai tyd. Dit was in 'n Pinkster week. Dit was in die tyd wat mense vir mekaar gebid het om die Gees te ontvang. Dit is gewoonlik 7 dae lank. Eers toe die week al by die 4de dag is het dit met my gebeur. Ek onthou dat die Pastoor se vroutjie en nog twee ander tannies vir my kom bid het. Vreeslike oulike mense. Ek onthou terwyl hulle so bid het ek omgekantel .. het nie seer geval nie ... meer 'n stadige reaksie .. toe ek plat l het ek fisies gevoel 'n Gees in my hart kom. My ribbes en hele borskas het geswel amper die selfde affek wat jou longe maak as jy asem haal. Maar die het met my hele borskas gebeur ek kon tot my ribbes voel beweeg. Wel ek het daardie dag nie presies eintlik geweet wat gebeur het nie. Ek was baie onkundig. Ek was wel daarna baie bewus van 'n stem nie fisies nie .. 'n emosie stem wat in my hart begin praat het. Dit is 'n stem wat mens net nie kan ignoreer nie. Maar aan die begin verstaan mens nie daardie stem eintlik nie .. daar het baie verwarring by my voorgekom .. ek het moeilik geleer ... want oral was hierdie stem in alles wat ek gedoen het .. gesien het .. omdat dit uit myself uitkom het .. het ek eers gedink dit is my eie emosies. Eers baie later het ek besef daar word met my gepraat op daardie manier .. dinge word aan my gewys deur emosies. Die eerste wat ek kan onthou .. was toe my jongste sussie baie hartseer was .. sy was aan die kus se kant ek in die driehoek .. ver van mekaar af .. laat eenmiddag het ek verskriklik hartseer begin voel .. en al wie se naam die heeltyd in my gedagtes was .. was my sussie sin. Ek haar onmiddelik gaan bel en uitgevind dat sy inderdaad baie hartseer was. Toe het die Gees wat in my hart kom bly het my so gewys van haar hartseer. Fantasties, is dit nie? So het Hy my ook gewys van die plante en diere se swaar lewe en wat hulle ervaar. Maar ek het ook geleer dat nie net die Gees wat in my hart was so kan praat nie. Die slegte afdeling in die geestelike realm kan ook so praat. Juis daardeur het ek al baie foute begaan .. en kan ook nog steeds foute maak .. maar ek het ook geleer om die bul by die horings te pak en te aanvaar wanneer ek foute gemaak het .. en ook geleer om dit reg te stel al kos dit ook om voor baie te herken wanneer ek 'n fout gemaak het.

    Jou tweede vraag: Want hierdie Gees verag die skepping totaal dus is Hy nie die skepper daarvan nie. En wat Jesus betref, hy was 'n mens net soos wat ek en jy vandag is. Hy was ook gevang in die liggaam. Hy kan niemand hier kom red nie juis daarom.

    Jou derde vraag: Ek dink ek het jou al baie hier geantwoord in op die eerste. Hy soek lirieke, fee verhale, gedigte wat bewoording ens het van wat Hy my wil vertel.

    Eks bly jy stel belang, vra maar as jy nog iets wil weet. ;-)

    Groete

    Die Vrou
  9. aldekock's Avatar
    Dagse Die Vrou, ek gaan maar Engels tik want ten minste het ek n 'Spell checker"

    Sorry to repeat the question, but i really want to understand "your truth"
    This "Spirit" that now lives in your hart and that guides your conciousness, is it an exclusive Spirit that only lives in your hart like an "Individual entity" or does he share himself with other people therefore manifesting his being through more than one human being?
  10. Die Vrou's Avatar
    Quote Originally Posted by aldekock
    Dagse Die Vrou, ek gaan maar Engels tik want ten minste het ek n 'Spell checker"

    Sorry to repeat the question, but i really want to understand "your truth"
    This "Spirit" that now lives in your hart and that guides your conciousness, is it an exclusive Spirit that only lives in your hart like an "Individual entity" or does he share himself with other people therefore manifesting his being through more than one human being?
    Hello aldecock,

    Ja Hy is 'n enkele wese maar is nie net aan my gekoppel nie. Hy kan ook soos Hy by my is, by 'n ander wees.

    Hy is soos 'n Pa vir Sy kinders, in ander woorde soos wat Hy by my is kan Hy ook by jou en baie ander wesens wees. Hy kan self met almal kommunikeer en leer aangaande die geestelike lewe en die skepping.

    Ek het in my ander blog entry Die Tuin van Eden (Skepping) verduidelik hoe kommunikeer die geeste in en deur ons onder die afdeling, Tronk en Slawerny
  11. Die Vrou's Avatar
    Dit is ook nie dat Hy fisies binne my hart is en nou daar bly nie .. ek dink maar dit was 'n manier
    om my te wys dat Hy nou by my is, ek verstaan ook nog nie als 100% nie maar sal seker nog eendag. Dus is dit moontlik dat Hy nou by my en dan ook weer by 'n ander kan wees om te help of wat ookal Sy doel is.

    Lees maar my ander blog en sien daar dat enige gees deur enige wese hier in die skepping kan kommunikeer en enige wese kan manipuleer en vir die rede dat ons hulle nie kan sien nie weet ons ook nie altyd wie praat nie. Veral as dit 'n kwaadaardige gees is, gaan hy ons met leuns bewerk.

    Ooo net so dat jy weet, dit is nie my waarheid nie, maar Sy waarheid .. ;-) Maar ek stem saam met Hom.
  12. Die Vrou's Avatar
    Kan ek net byvoeg dat wanneer daar geestelike teenwoordigheid by enige mens of wese voorkom is daar gewoonlik so sagte "vibration" op die vel, dit kan oral op die liggaam gevoel word of soms net op die bene of arms of gesig, ens. Sommige mense noem dit "hoendervleis" maar is eintlik "Geestelike energie" afkomend van 'n gees.

    Kom ons vat nou my verhouding met die Gees wat my leer. As ek byvoorbeeld aan 'n ander vertel van Hom en dit wat Hy my leer sal daardie "vibration" daar wees by albei wat in die gesprek verkeer.
  13. aldekock's Avatar
    Quote Originally Posted by Die Vrou
    Kan ek net byvoeg dat wanneer daar geestelike teenwoordigheid by enige mens of wese voorkom is daar gewoonlik so sagte "vibration" op die vel, dit kan oral op die liggaam gevoel word of soms net op die bene of arms of gesig, ens. Sommige mense noem dit "hoendervleis" maar is eintlik "Geestelike energie" afkomend van 'n gees.

    Kom ons vat nou my verhouding met die Gees wat my leer. As ek byvoorbeeld aan 'n ander vertel van Hom en dit wat Hy my leer sal daardie "vibration" daar wees by albei wat in die gesprek verkeer.
    More die Vrou.
    Ek moet erken baie van wat jy se kom sit gemaklik in my my "Hart van verstand"
    Dan weer dat die skepping sleg is

    Vir my is ek seker dat wie "Ek the I Am" regtig is, het self gekies om n liggaam in die skepping van Tyd, Spasie en Kontras te kom voorbery en deur dit te manifesteer sodat ek my siel, my volgende geestelike liggaam, kan laat groei
    Niemand hou my hier gevange nie.
    Ek geniet die tyd, kontras en spasie waarin my huidige liggam hom bevind want vir elke wereld waarin ons ons sal bevind het ons n liggaam vir daardie wereld nodig om deur te manifesteer en te groei en dit kry ons net van "weesens" in daardie wereld,
    Net soos n baba bevrug word en groei met alles wat hy nodig gaan he vir die nuwe wereld waarin hy gebore gaan word, groei ons "nuwe liggaam, ons siel nou in die tyd, spasie en kontras wereld sodat ons al ons geestelike fakelteite, van ons nuwe liggaam kan ontwikkel
    n babatjie op 8-10 weke het al die fakelteite wat hy nodig gaan he om in die fisiese werld te kan funksioneer
    En net soos wat die "I Am " ek daar was toe my fisiese liggaam maar nog net n 46 kromosoom entiteit was wat begin groei het, net so is "Ek" nog steed hier waar my nuwe geestelike liggaam, my siel besig is om te groei en te ontwikkel vir wanneer ek die aardse liggaam neersal le en dan deur my nuwe geestes liggam sal manifesteer
    Updated 1st March 2012 at 10:50 by aldekock
  14. aldekock's Avatar
    vergewe my spelling, die dat ek liewer in Engels skryf
  15. Die Vrou's Avatar
    More aldecock,

    Ek moet erken baie van wat jy se kom sit gemaklik in my my "Hart van verstand"
    Bly om dit te hoor .. ons gesels lekker ... hou daarvan om met iemand te gesels op die manier!!
    ;-) .

    Ek verstaan nie eintlik wat jy bedoel met die ander deel nie ... jammer skryf maar in engels .. kan dit verstaan en as ek nie kan nie .. dan het ek woordeboeke :-) .. hoekom ek in afrikaans skryf ek kan dit wat ek ervaar soveel beter verduidelik in my eie taa. Sukkel bietjie met die engels jong.
  16. Die Vrou's Avatar
    Quote Originally Posted by aldekock
    Dan weer dat die skepping sleg is

    Vir my is ek seker dat wie "Ek the I Am" regtig is, het self gekies om n liggaam in die skepping van Tyd, Spasie en Kontras te kom voorbery en deur dit te manifesteer sodat ek my siel, my volgende geestelike liggaam, kan laat groei
    Niemand hou my hier gevange nie.
    Ek geniet die tyd, kontras en spasie waarin my huidige liggam hom bevind want vir elke wereld waarin ons ons sal bevind het ons n liggaam vir daardie wereld nodig om deur te manifesteer en te groei en dit kry ons net van "weesens" in daardie wereld,
    Net soos n baba bevrug word en groei met alles wat hy nodig gaan he vir die nuwe wereld waarin hy gebore gaan word, groei ons "nuwe liggaam, ons siel nou in die tyd, spasie en kontras wereld sodat ons al ons geestelike fakelteite, van ons nuwe liggaam kan ontwikkel
    n babatjie op 8-10 weke het al die fakelteite wat hy nodig gaan he om in die fisiese werld te kan funksioneer
    En net soos wat die "I Am " ek daar was toe my fisiese liggaam maar nog net n 46 kromosoom entiteit was wat begin groei het, net so is "Ek" nog steed hier waar my nuwe geestelike liggaam, my siel besig is om te groei en te ontwikkel vir wanneer ek die aardse liggaam neersal le en dan deur my nuwe geestes liggam sal manifesteer
    Ek verstaan nie presies nie. Maar hier is wat ek verstaan van jou skrywe hierbo:

    Opgesom s jy dat hierdie lewe in die skepping die wil van ons Vader is om ons gees te versterk.

    Kom ek verduidelik jou hoekom ek nie daarmee kan saam stem nie:

    Wanneer mens in diepte gaan kyk hoe die skepping gemaak is, die senuwee stelsel ens. Dan kan mens sien dat die gees dit vir 'n slegte doel so gemaak het. Ek s dat hy eerder 'n plan gehad het om geestelike wesens wat daarin vasgevang word te pynig en martel.
    Nou wanneer mens hierdie skepping in sy geheel oordeel met die liefdes swaard, kan duidelik gesien word met al die swaarkry dat geen liefde teenwoordig was toe die skepper dit gemaak het en ook nog tot vandag toe is daar geen liefde nie. En aldecock liefde is in enige verhouding en lewe baie noodsaaklik anders sterf die gees. Stel jouself 'n volkome liefdelose lewe voor, wat gaan van jou word? Baie geeste sterf hier op die slagveld van die skepping daagliks. En hierdie gees gee net nie om nie. Liefdeloos is hierdie lewe in die skepping.
  17. aldekock's Avatar
    Hi DV
    I see that me and you will have to start at some place where we are on the same page HA! AH! HA1

    so let me start from your beginning as I read it, you are stating that your spiritual Fathers brother has captured your spiritual mother and placed her in the earthly jail created by him and that this brother still does so with your spiritual brothers and sisters through all the eternity up to now, right?
  18. Die Vrou's Avatar
    Quote Originally Posted by aldekock
    Hi DV
    I see that me and you will have to start at some place where we are on the same page HA! AH! HA1

    so let me start from your beginning as I read it, you are stating that your spiritual Fathers brother has captured your spiritual mother and placed her in the earthly jail created by him and that this brother still does so with your spiritual brothers and sisters through all the eternity up to now, right?
    Heeltemal korrek
  19. Die Vrou's Avatar
    Dan weer dat die skepping sleg is
    More aldecock,

    Toe ek hierdie Gees ontmoet het ... het Hy my eerste van Sy liefde geleer. En Sy soort liefde
    is nie sigbaar in die skepping nie. Selfs ek kan van so 'n aard optree en iemand se gevoelens baie seermaak met woorde, ek ook besit nie Sy soort volmaakte liefde nie. Want eks mens en nie die Gees nie.

    Om mooi te kan verstaan en begrip te toon vir wat ek probeer wys aan die mense het ek die
    blog entry Die Tuin van Eden(Skepping) geskryf. Daar het ek wetenskaplike bewyse geplaas van hoe hierdie skepping aanmekaar gesit is en foto's en video's geplaas van die gebeure in hierdie skepping. Ek weet nie of jy alle text en video's al gelees en gekyk het nie. As jy nie het nie gaan maar mooi deur als. Dit sal jou helderheid gee hoekom ek s die skepping is sleg.

    Groete

    Die Vrou ..