Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

View RSS Feed

Die Vrou

Die fisiese skepping en die geestelike skepping!

Rate this Entry
Daar is 'n presiese weergawe van die skepping in die geestelike realm, die verskil is dat daardie een wat ons nie kan sien nie totaal volmaak is en glad nie aan enige swaarkry, slawerny, pyn en lyding oorgegee is nie. En die fisiese een wat beheer word deur die skepper "Rospheros" is so deur hom gemaak om die wat hy uit die geestelike skepping gesteel het erg te laat ly.

Ek sal hierdie besonderhede onder die Gruwel dade bespreek!

Submit "Die fisiese skepping en die geestelike skepping!" to Facebook Submit "Die fisiese skepping en die geestelike skepping!" to Google Submit "Die fisiese skepping en die geestelike skepping!" to MySpace

Tags: None Add / Edit Tags
Categories
Uncategorized

Comments

  1. Die Vrou's Avatar
    Mense het al ge-profeteer oor die "Atlantis" verhaal. Dat die Plek Atlantis weer gebore of gaan her-verrys in gedigte ens. Kyk nou mooi, daar is twee skeppings. Die geestelike een het reeds bestaan voor die fisiese een. Vir ons almal wat in die fisiese skepping bly het die Geestelike skepping verdwyn sooos mis voor die son. Maar dit is 'n voldonge feit dat ons die Geestlike skepping weer gaan vind en sien, en ook dat die fisiese skepping gaan vernietig word, en ons almal weer gaan terug keur na ons oorspronklike woning Die Geestlike Skepping!
  2. Die Vrou's Avatar
    Hierdie geestelike skepping word nie verniel deur mense hande nie, want die lewe daar is sonder vrees, sonder hierdie ewige honger om die fisiese liggaam te voed, sonder die nood om makliker te lewe. Dus is dit 'n volmaakte skepping, en nie so verwronge en verdraaid soos die fisiese een nie!!
  3. Die Vrou's Avatar
    Die fisiese skepping se naam is: Die Tuin van Eden

    Die Geestelike skepping se naam is: Saron
  4. Die Vrou's Avatar
    Het julle geweet dat daar twee skeppings is?

    Die een is 'n Geestelike skepping gemaak van 'n Geestelike energie wat die mens nie ken nie. Elke gees wat in die fisiese ligaam gevange is, is afhanklik van 'n energie bron wat vrylik te vinde is in die geestelike skepping waar dit leef en wat ook hulle voedsel is.

    Dan is daar ook 'n soortgelyke weergawe van daardie Geestelike skepping hier waar ons tans is, 'n fisiese weergawe wat genoem word "Die Tuin van Eden". Anders as die Geestelike skepping wat van 'n energie bron leef wat niks skade doen nie en net die geestelike wesens voed, moet die fisiese skepping mekaar doodmaak en eet om te kan oorleef. En as mens nou gaan kyk na die samestelling van die fisiese skepping teenoor die van die Geestelike skepping sal jy sien dat die Geestelike skepping so gemaak is om pyn en lyding te vermy teenoor die fisiese skepping wat met die senuwee stelsel toegerus is wat aan alles wat hier leef gegee is om pyn en skok te kan voel en beleef.

    Daar in die Geestelike skepping wat Saron genoem word is totale vryheid van marteling pyn en lyding en word die dood nooit gevind nie. As jy daar is, het jy die ewige lewe elke dag in jou hande. En jou wil is jou eie jy word nie geforseer om enige dade teen jou sin te doen nie.

    Waar jy in jou vleeslike ligaam onderworpe is aan 'n onsigbare slawedrywer soos ek al voorheen verduidelik het met die pos in "Die tronk en slawerny" uit die Tuin van Eden.
  5. Die Vrou's Avatar
    Die fisiese skepping is verdraai en 'n beledeging en verkragting van die oorspronklike Geestelike skepping!!!
SA Topsites ::
ZA TOP Sites