Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

View RSS Feed

knipmes

SA Vuurwapen Lisensie Wetgewing

Rate this Entry
Verstout myself om die volgende profesie te maak:

Gegewe die volgende feite:
  • SA die land is met die hoogste kriminele statistieke in die huidige wereld, geen plek is meer onveiliger as hier nie.
  • hierdie nuwe wapen wet so gedrewe en nuwerwets is, en so nougeset, dat dit nog nie eers in een eerste wereld land op die proef gestel is nie, maar hier deurgevoer word, want dit ontwapen mos die "kriminele"
  • dat hierdie wet die krimineel eerder as die slagoffer beskerm, want al kom hy deur jou sekuriteits hekke, breek jou kamerdeur af, en staan langs jou bed met n pistool of mes of panga, mag jy hom nie aanval nie, jy moet hom vra wat hy wil he, en dan as sy antwoord nie reg is nie, dan mag jy die polisie skakel vir hulp. Jy sal van moord aangekla word as jy hom skiet, want selfverdediging bestaan nie meer in hierdie wet nie, die krimineel het glo regte... meer dan die slagoffer.
  • gegewe dat jou wapen ten alle tye in stukke in ten minste twee kluise moet wees, nooit ooit met n ronde in die loop nie...
  • jy elke dag, week, maand en jaar feitelik heraansoek moet doen om die wapen te behou, of met een slag dit ontneem word... vir die onbenulligste redes
    Waar is die bewyse van n nationale gedrewe onteenseglike offensief om juis die ongelisensieerde wapens uit te snuffel en te ontwapen?

wil ek dit onomwonde stel:

ELKE WIT MAN EN VROU WAT GEHELP HET OM HIERDIE WAPENWET IN TE VOER, OP TE STEL, EN DEURGEVOER TE KRY, SAL AANDADIG WEES EN DIE BLOED VAN ELKE ONSKULDIGE SLAGOFFER VAN MOORD IN HIERDIE LAND SAL OP HULLE HANDE RUS... OMDAT DIT ONS AS VOLK ONTWAPEN HET, TERWILLE VAN SEKURITEIT VIR GELDGIERIGE BESIGHEID IN SA, DIT TERWYL ONS MEDEMENSE TEN WREEDSTE VERMOOR WORD SONDER ON HULSELF TE KAN VERDEDIG...

MAG HULLE VIR EWIG LEWE IN HIERDIE LEWE, WANT HULLE SAL DIE VRUG PLUK VIR HULLE AANDADIGHEID AAN AL HIERDIE MOORDE IN DIE HEMEL, INDIEN NIE REEDS HIER OP AARDE NIE, WEES GEWAARSKU!

(Ek is nie gekant teen die wet nie, in 'n Utopia sal dit die regte ding wees, maar nie hier op hierdie stadium in hierdie land nie.. want elke misdadiger het in elk geval 'n wapen SONDER N LISENSIE, en diegene wat hul wapens vrywillig ingedien het vir vernietiging het ook maar hul weg gevind na die kriminele toe...)

groetnis
knipmes

Submit "SA Vuurwapen Lisensie Wetgewing" to Facebook Submit "SA Vuurwapen Lisensie Wetgewing" to Google Submit "SA Vuurwapen Lisensie Wetgewing" to MySpace

Updated 15th April 2010 at 19:11 by knipmes

Tags: None Add / Edit Tags
Categories
Politiek

Comments

SA Topsites ::
ZA TOP Sites