BOERE PROFETE


Siener van Rensburg
Johanna Brandt
GA Watermeyer
Nicolaas Pieter Johannes Van Rensburg
Johanna Brandt
Gottfried A. Watermeyer

Hierdie eenvoudige Boer-pionier het die bonatuurlike gawe besit om in die toekoms te kon sien - die nabye en die verre toekoms - in die vorm van visioene. Hy kon sommige visioene korrek uitlę, maar ander kon hy nie verklaar nie.

As gevolg van hierdie God-gegewe gawe het familielede, kennisse en vreemdelinge, selfs van ver plekke af, hom besoek met die verwagting dat hy hulle met hul probleme sou kon help. Hy het hulle altyd nederig en beskeie vriendelikheid ontvang en hul tevrede laat vertrek.

Hy is op die plaas Rietkuil naby Ottosdal gebore (toe nog die plaas Korannafontein) op 30 Augustus 1862.

 

In 1916 het 'n engel aan Johanna Brandt verskyn wat 'n baie spesiale boodskap vir haar gegee het wat sy aan die Boerevolk moes oordra. Sy het probeer om dit te doen, maar die teenkanting wat sy gekry het, het haar tot en met haar dood geteister.

Johanna Von Warmelo (Brandt) is die bekende stigter van die Kappie- kommando, of te wel Boervrouens in geheime diens, van destyds. Hierdie was ‘n merkwaardige Boervrou wat tydens die Anglo-Boere Oorlog in helkampe gewerk het vir haar geliefde Boervolk. Sy het as vrywillige verpleegster gewerk in kampe om sodoende die marteling van haar volk in dokument vorm aan die buiteland te voorsien sodat die gebeure met presiesheid bekend gemaak was. Hierdie vrou het ook kommando lede gehuisves en voorraad aan die Boerekommando’s op hierdie manier aangevul.

G.A. Watermeyer is ’n bekende Suid-Afrikaanse digter wat in 1948 met die bundel Sekel en Simbaal debuteer. Dit bevat ’n aantal gedigte waarin hy sy lewensdrang en verlange na die natuur verbeeld. ’n Tweede druk van die bundel het in 1952 verskyn nadat Watermeyer wysigings aangebring het.

If it is indeed true, as the poet believes, that this work contains a vision from veiled antiquity and is at the same time prophetic of the future, then his choice of English as a medium is a happy one; for Atlantis or The Crying of the Waters deals with a theme relating to all mankind, and must therefore be presented in a widely read language.

April, 1954 - Elizabeth Eybers

Skakels:
Gesprek oor Siener:
Wendag - GA Watermeyer.
Visioene:
The Paraclete:
The Millenium: