SIENER-DIGTER

 

GOTTFRIED A. WATERMEYER

 

(1917-1972)

 

 

G.A. Watermeyer is ’n bekende Suid-Afrikaanse digter wat in 1948 met die bundel Sekel en Simbaal debuteer. Dit bevat ’n aantal gedigte waarin hy sy lewensdrang en verlange na die natuur verbeeld. ’n Tweede druk van die bundel het in 1952 verskyn nadat Watermeyer wysigings aangebring het.

 

Die Republiek van Duisend Jaar (1957) en Taalfeeskwatryne (1961) is gedigte wat geskrywe is vir en oor die Taalfees in die amfiteater van die Voortrekkermonument in 1959.

 

Van Watermeyer se gedigte het in 1960 in Standpunte verskyn. Ná verwerking en uitbreiding is dit in die bundel Bitter Brood (1965) uitgegee. Dit toon nie meer die jeugdige uitbundigheid van sy eerste werke nie, maar bevat ’n beskoulike toon oor die verbygaan van die jeug en sy liefdegloed. (Uit: Wêreldfokus.)

 

In 1954 word G.A. Watermeyer se enigste Engelse digbundel, Atlantis or The Crying of the Waters, gepubliseer.

 

 

In haar Voorwoord tot hierdie bundel skryf die bekende Afrikaanse digteres, Elisabeth Eybers, soos volg:

 

Introduction

 

Many interesting things can happen in a bilingual country like South Africa, but surely one of the most remarkable is that an Afrikaans poet who grew up in the Karroo – where English is virtually a foreign language – who was educated at an Afrikaans school and an Afrikaans university, should suddenly turn to English as a medium of expression.

 

A poet, it has been contended, can only say what he really means in the one language which defies translation; the idiom and the figures of speech of the mother tongue. But Godfried Watermeyer upsets this theory by his rare ability to express inner meanings in two languages.

 

...

 

If it is indeed true, as the poet believes, that this work contains a vision from veiled antiquity and is at the same time prophetic of the future, then his choice of English as a medium is a happy one; for Atlantis or The Crying of the Waters deals with a theme relating to all mankind, and must therefore be presented in a widely read language.

 

April, 1954                                                                                                                                           ELIZABETH EYBERS

 


 

Watermeyer vertel vervolgens self in Die Brandwag van Vrydag, 23 Julie 1954 oor Atlantis or the Crying of the Waters en gebeure wat die verskyning van die bundel voorafgegaan het:

 

MILJOENE SAL IN SONDVLOED1 STERF

 

Een aand aan die begin van die winter van 1953 het ek my stoel voor die kaggel reggetrek en my eerste boek oor Atlantis – dié van Donnelly – opgeneem om te lees.

 

Ter verduideliking kan ek miskien net hier sê dat Atlantis die naam is van die kontinent wat volgens legende in die Weste in die see verdwyn het. Sommige meen dat dit die land van die sondvloed was wat in die Bybel beskrywe word, met uitsondering dat dit nooit weer bo die waters uitgestyg het nie. Plato het ’n boek oor Atlantis geskryf wat ongelukkig nooit voltooi is nie, en sedertdien het daar alreeds meer as ’n duisend boeke oor die onderwerp verskyn wat die verbeelding van denkers deur die eeue vasgegryp het.

 

Hoe dit ookal sy, ek het in die stoel teruggeleun en begin lees in Plato se beskrywing van die verlore Atlantis wat Donnelly in sy boek oorgedruk het. Nadat ek sowat drie bladsye deurgegaan het, het ek lomerig begin voel – ek het toevallig ’n vermoeiende dag agter die rug gehad – en aanstaltes gemaak om te gaan slaap. Maar ek was skaars in die bed of ’n eienaardige rusteloosheid het my beetgepak en woorde het deur my kop begin maal. Uiteindelik het ek opgestaan en die volgende reëls neergeskryf:

 

The waves have drawn us to the deep,

the waves have veiled us and we sleep

among drowned pillars and the stone …

 

Hier het ek, ’n Afrikaanse digter, skielik Engels begin skrywe, maar dit was nie al nie. Terwyl ek daar voor die lessenaar gesit het, het daar ineens voor my geestesoog ’n uitgestrekte vlakte verskyn met berge aan die een kant wat steil afloop in die see. Op die berge was daar paleise en tempels en in die middel van die vlakte het ’n geweldige pilaar hoog in die lug opgeskiet.

 

Ek is nie heldersienend nie; ek is nie ’n persoon wat met geeste omgaan nie, en daarby was ek hoegenaamd nie in ’n beswyming of “trance” nie, maar wakker en doodnugter. Ek het voortgegaan om ’n beskrywing van die pilaar te gee en toe gaan slaap. Toe ek twee dae later weer die boek opneem en verder lees, kom ek etlike bladsye verder aan tot my verbasing op Plato se beskrywing van hierdie pilaar af.

 

In die begin was ek dronkgeslaan, maar nou het dit saans my gewoonte geword om met potlood en papier voor my lessenaar te gaan sit en wag … net maar wag. Weer moet ek beklemtoon dat dit nie ’n geval was dat my potlood deur ’n onsigbare hand bestuur is, soos spiritistiese mediums na bewering ondervind nie, maar dat woorde in my kop gekom het en dat ek hulle dan neergeskryf het – soms sonder wysiging, soms met wysigings. Party van die dinge wat ek geskryf het, verskyn nie in my boek nie en word ook hier verswyg; party gedigte het nooit klaargekom nie en kon gevolglik nie in my bundel ingesluit word nie. Ek haal hier slegs sodanige gedeeltes aan wat sin en samehang aan die verhaal gee soos dit in my bundel, ATLANTIS OR THE CRYING OF THE WATERS, verskyn.

 

Oh be with us, oh be and bear

Our message to the outer air,

and tell the circling earth that stands

not fast not firm upon its sands:

“your rocks are breating loud with fear,

and things that grow, the things most clear,

are shaken by the fatal breeze

that rises with the rising seas.”

 

Uit bostaande reëls en ander gedeeltes het ek afgelei dat die ramp van Atlantis herhaal gaan word, dat die aarde deur ’n tweede sondvloed bedreig word, en nou het ek begin begryp waarom hierdie inspirasie na my toe gekom het. Dit moes dien as ’n waarskuwing aan die wêreld. Tot op hierdie stadium het ek egter nog nie geweet of die ganse aarde of slegs ’n gedeelte daarvan deur die see bedreig word nie, maar toe skrywe ek die volgende:

 

Leave and let all earthly things

until the tide, the Lunar swings;

for lower shapes lurk in the air

than many human eyes wil bear;

and He who dreams upon the Stone

of Time and Tide, Atol, the lone

breath-breeder of the human race,

stares west-ward into ashen space,

and sees beyond the bearded plains

of Tuscany, the told-of rains

sway sweeping southwards …

 

Nou het dit vir my duidelik geword dat lande in die Weste bedreig word en dat die reëns wat van Tuscany (Italië) na die suide beweeg, ’n teken van genade is – ’n teken dat die Suide nie in die ramp betrokke sal wees nie.

 

Maar die Weste is natuurlik ’n baie wye begrip, en dit was eers op die aand van die kroning van Elizabeth II dat ek nader besonderhede omtrent die lande wat spesifiek bedreig word, gekry het. Ek was destyds as joernalis werksaam, en terwyl ek nog op kantoor besig was om berigte omtrent die kroning wat van Sapa-Reuter ontvang is, te vertaal, het ek die volgende reëls neergeskryf:

 

The lone-last Queen, she walks tonight

the banquet hall; Old England’s might

lies shattered in the broken call

that cries its writing on the Wall

of Visions …

 

Etlike dae later het ek die noodlottige gedig “Southampton Docks” geskryf, ’n vers wat so fatalisties is dat ek dit nie in my bundel opgeneem het nie en ook hier enkele reëls verswyg:

 

Listen ye men and listen well,

the tides of summer toll the bell;

Celts and Saxons and Angels all

the shadows are moving upon the Wall;

the forest green and the mountain mare

tremble at nights and the Scotch kine stare

with fearinge eyes at the tides odd turn

striking the coast near Ulster’s Urn.

Southampton Docks are kneeling down

keening the way for all to drown.

 

Fisherlads tender and seaheads old

feel ye the tides not creeping and cold

sounding the beach in the dead of the night.

The birds are wheeling a westward flight …

A sea horse drives up Buckingham way,

the land grows pale and the towers sway,

and Tennyson’s ships are sailing the bar

for a haven that knows no hill nor star.

 

Southampton Docks are tumbling down

treading the way for all to drown.

 

England lies broken half in half

struck by the Old Man’s rearing staff;

a dwarf comes leading the Sultan’s cow

fed for the fishes long days now.

The King lies wrapt in a sea-green cave

the ……………………………………..

………………………………………….

…………………………. I may not say.

 

Southampton Docks are diving down

leading the way for all to drown.

 

Hierna het ’n gedig gevolg wat daarop dui dat nie net Brittanje nie, maar al die laaglande in die Weste bedreig word, veral Holland en België en dit het my voorgekom asof die oorstromings wat hierdie lande sowat twee jaar gelede geteister het, toe daar honderde mense verdrink het, slegs ’n voorbode was van die groot ramp wat kom en miljoene lewens sal eis. Daarby sal hierdie lande nie weer uit die see gered word nie, maar ewig in die golwe verdwyn:

 

Sleep not my brothers, sleep no more

but watch the white and wounded shore

with restless eyes, lest on the day

the sudden seas no hand will stay,

sweep you unknowing from your bed

to drown among the drifting dead

and broken mouths, that ever cry

unto the lands, whose cities lie

unshrouded in their earthless sleep,

forsaken in the secret deep …

 

Die vraag ontstaan vanselfsprekend: Waarom word juis hierdie lande getref? Hierop is ek nie bereid om ’n antwoord te verstrek nie. Ek het nie ATLANTIS OR THE CRYING OF THE WATERS geskryf met die doel om te veroordeel nie, maar slegs om te waarsku.

 

Die atoombom

 

Uit latere gedigte wil dit egter voorkom asof die splitsing van die atoom êrens met die ramp wat oor die Weste hang, skakel en ek glo dan ook dat die wetenskap in hierdie opsig sekere wette oortree het – ’n gesigpunt wat ek in die afdeling “The Rape of the Atom” behandel.

 

Ek hoop om in ’n later artikel die moontlike verband tussen ’n geweldige atoomontploffing en die noodlottige styging van die see uiteen te sit, maar laat voorlopig slegs die volgende gedig volg wat daarop dui dat die opbreek van die atoom tragiese gevolge vir die wêreld gaan hê:

 

Upon the night, upon the noon

of Zombra, when the eagled moon

wing seven zeniths in the sky,

a call will sound, a stricken cry

from all mouths moving with the earth.

 

Oh wombless thing, oh thing whose birth

man broke to serve his shapes of fear;

what price of death, what price to clear

the moaning mountains that remain!

 

Atlantis sinned and sinks again.

 

Op hierdie stadium kan ek miskien net meld dat die skrywe van die gedig nie sommer so voor die wind gegaan het nie. Baie aande, veral wanneer ek moeg was, het ek vergeefs gesit en wag op die inspirasie. En wanneer die inspirasie dan wel gekom het, was dit gewoonlik net twee of drie reëls en ek moes die res voltooi deur moeitevol terug te tas in die onderbewuste, want ek het geen materiaal tot my geskikking gehad nie. Mens sou dit kon vergelyk met die persoon wat op ’n delwery ’n klein diamantjie kry en dan weer naarstigtelik in die aarde moet delf totdat hy die volgende edelgesteente ontdek, wat hy aan die glans daarvan sou erken. En net soos die delwer voortgedryf word deur die delwerskoors, is ek gedurig voortgeja deur die besef van die geweldige taak wat op my skouers gelê is soos saamgevat in die volgende twee reëls:

 

Move, move your hand and write this down

or many more may drift and drown.

 

Maar hoe meer beangs ek geword het om die werk betyds klaar te kry, hoe meer teenslae het ek ondervind. Dit was asof die magte van Goed en Kwaad om my saamgetrek was, en terwyl die Gode my met inspirasie begunstig het, het die donker kragte alles in hulle vermoë gedoen om daardie inspirasie te vernietig. Ek verswyg besonderhede en stip slegs aan dat ek van ongeveer die einde van April af gedurende 1953 geen volledige gedig geskryf het nie en uiteindelik teen die middel van November in ’n toestand van gedeeltelike rugverlamming in die bed beland het.

 

Figure begin teken

 

By die geestesspanning wat ek ondervind het, is nou fisiese pyn en vrees omtrent my bestaansveiligheid gevoeg – en daarby het daar die gevaar bestaan dat ek miskien nooit weer soos ’n normale mens sou kon beweeg nie. Nag na nag het pyn en bekommernis my tot drie- vieruur in die oggend wakker gehou voordat ek bietjie ingesluimer het.

 

My skryfboek en potlood was nog altyd byderhand, maar ook die inspirasie het weggebly. Dit is nou eenmaal ’n feit, dat as ’n kunstenaar fisies afgemat is, hy nie in staat tot skepping is nie. Om die tyd te verwyl, het ek allerhande figure met die potlood geteken – en toe begin hierdie figure mettertyd vanself vorm aanneem. Ek kan hoegenaamd nie teken nie, maar feitlik sonder dat ek bewus probeer het, het die koppe van diere en mense op die skoon papier verskyn. Onder andere het ek in hierdie stadium die kop van Poseidon, die bulgod, geteken wat op die omslag van my bundel verskyn.

 

Volgens legende is Poseidon die Seegod en het hy die liggaam van ’n bul en die kop van ’n mens gehad. Die legende lui verder dat hy uit die see uit op Atlantis aangekom het, daar ’n wonderskone aardse dogter opgemerk het, haar weggevoer het na ’n geheime grot op die berge van Atlantis en dat die tien seuns wat hy by haar gehad het, die eerste tien koning van Atlantis geword het. Hierdie legende beeld ek uit in die gedig: “The Coming of Poseidon”

 

The great bull-bodied God that came

shaking the foam to sun and flame,

lord of the seas and all that lie

low where the waters curve and cry.

 

Teen die middel van Januarie 1954 het my toestand tot so ’n mate verbeter dat ek, hoewel ek nog bedlêend was, met die skrywe van die bundel kon voortgaan, en van nou af het ek dag en nag gewerk en dit teen die einde van Februarie vanjaar voltooi.

 

Die Sondvloed

 

’n Interessante feit omtrent die gedigte is dat dit verder teruggaan as bestaande werke oor Atlantis. Daar is diegene wat meen dat Atlantis die land van die Paradys, die verlore Eden, is. Ek onderskryf dan ook hierdie gedagte. Maar met inbegrip van die verhaal van die sondvloed in die Bybel en Plato se beskrywing word daar slegs gemeld dat die mense op Atlantis sondig geword het. Waarom en hoe dit gebeur het, word nêrens aangestip nie. In die gedig “The Rape of Atlantis” word die oorspronklike sonde wat op Atlantis gepleeg is, egter volledig behandel. Ek het vreemd genoeg, eers die slot van hierdie gedig, wat bykans vierhonderd reëls beloop, geskryf en daarna moeitevol teruggetas om dit te voltooi. Die enigste bestaande materiaal wat ek vir hierdie lang gedig gebruik het, is ’n beskrywing van die Songod op Peru wat sowat ’n paragraaf van agt of tien reëls beloop.

 

Volgens hierdie gedig (ek praat nie graag buite my poësie nie) is Atlantis in werklikheid regeer deur die hoëpriester en die heilige Maagd van die Son. Na ’n ritueel wat op bepaalde tye plaasgevind het en ingelui is deur die dans van die Songod, waaraan slange, wildsbokke en heilige diere deelgeneem het en gekulmineer het met die koms van die Songod met sonsopgang:

 

Moving ecstatic, dancing steep

the Shining God and the Virgin sweep,

swaying supple, rising one

flowing the rhythm of the Sun …

 

Mystic He meets her, meeting all

air and earth and the water’s call;

brow of the heavens bending to earth

shaping to Knowledge, breeding Birth …

 

het sy in ’n beswyming geraak en dan die regstreekse woorde van die Gode verkondig. Die hoëpriester het hierdie boodskap van die Gode dan weer aan die tien konings van Atlantis oorgedra en sodoende het die land vrede en welvaart geken. Toe egter raak die hoëpriester op die Maagd van die Son verlief, en dan volg daar ’n lang tussenspel waar hy haar weerstand stap vir stap afbreek om haar uiteindelik te verlei en sodoende die onvergeeflike sonde te pleeg, want nou is sy deur ’n mens aangeraak en besoedel, met die gevolg dat sy sterf en die stem van die Gode nooit weer gehoor word nie.

 

Ek haal hier ’n gedeelte van die slot van die gedig aan, waarin die hoëpriester te laat besef watter sonde hy gepleeg het. Voordat die Maagd sterf, sien sy in haar slaap ’n visioen en voorspel die ondergang van Atlantis in die see:

 

I saw and sensed … and in her sleep

she moved and moaned: “the waves are deep,

the Gods are muted now”, she cried;

“dark depths are gaping wide, and wide

the wakening seas sway upon us!”

Wings struck her then,

and summoned from the world of men,

forlorn and lone, with weeping bent

her spirit touched mine own and went …

 

And still her moon-white body lay

a thing of rare and chosen clay

the Gods had moulded to perceive …

 

But from the rounded lips I kissed

three serpent-heads struck out and hissed

their venom on the sun-blessed land

and peace and hope came to disband.

A hound-toothed head reared up and bore

the country forth to strife and war …

 

Nou word die land sondig totdat die Gode dit in die see laat verdwyn. In die gedig “Atlantis Sinks” kom daar onder andere ’n beskrywing voor hoe die laaste klompie oorlewendes Noag se ark oor die water sien vaar met ’n Engel aan die stuur. Tydelik word die storms gestil totdat die ark verdwyn en dan woed die elemente weer voort:

 

Far out into the night He went

lost to our sight; the waters bent

their fury round our hold again

while beating stronger came the rain;

and still our hearts went yearning far

unto the brightness of that star,

and still our eyes ached through the rain

to see the blessed bark again

that stilled the seas, and left us more

abandoned that we were before.

 

In die gedig “Atlantis Warns” word daar ’n waarskuwing gerig dat seë weer sal styg, en in die daaropvolgende afdelings THE RAPE OF THE ATOM en THE DESTINY OF ENGLAND AND THE LOW LANDS LYING TO THE WEST, word die bedreiging meer in besonderhede uitgebeeld:

 

Upon the cliffs that Dover bore

the centuries will gleam no more.

 

Maar hierdie bundel bevat nie net ’n voorspelling van die ondergang van sekere lande nie, dog dit voorspel ook ’n groot wedergeboorte vir die mensdom en die koms van ’n nuwe profeet – ’n gedagte wat bevat word in die laaste twee reëls wat oor bedreigde Europa handel:

 

And as we go weeping away to the caves

the lawn of Atlantis leaps from the waves.

 

Eienaardig genoeg het ek op etlike plekke in die bundel geskryf dat die ondergang van bedreigde lande die wedergeboorte van Atlantis inlui, en eers later het ek verneem dat daar ’n legende bestaan dat as die een land ondergaan die nuwe aarde uit die see opkom. Hier sal dit miskien van waarde wees om ’n gedagte van Lewis Spence, ’n skrywer wat meer as ’n dosyn boeke oor Atlantis die lig laat sien het, en een van die grootste lewende outoriteite oor die vergane kontinent, aan te haal. In sy boek WILL EUROPE FOLLOW ATLANTIS, skrywe hy dat Atlantis die geestelike bakermat van die mensdom was. Nadat Atlantis in die see verdwyn het, het Europa in die rigting van die wetenskap ver gevorder, maar nooit die geestelike hoogtes van die verlore kontinent verwesenlik nie. Europa het volgens hom op godsdienstige gebied gefaal en daarom sal ook hierdie gebied deur ’n ramp uitgewis word.

 

In die afdeling THE GREAT AWAKENING, van my boek, skryf ek dat die wysheid van Atlantis herbore gaan word, dat die mens voor sy grootste geestelike verwesenliking sedert die koms van Christus staan:

 

And plant and beast and bird and stone

will know that man has come to throne

the godlike strength within his heart;

still clasped in clay, yet conscious part

of those great Wings that ever beat

a rhythm song may never meet.

 

En in die slotgedig “Closing Song of the Atlantean Spirits” word die koms van die duisendjarige vrede voorspel:

 

The peace of a thousand years

comes guarded by sacred steers;

and all that the Prophet read

will be as the Prophet said

will be as the Golden Book, on whose pages

more is writ by the Sages

than man has yet had the merit

or pureness of heart to inherit.

 

Staan ons miskien in die tydperk van OPENBARING, daardie geheimsinnige slothoofstuk in die Bybel?

 

Ten slotte beantwoord ek gedeeltelik twee vrae wat seker lankal in die gedagte van my lesers spook. Waarom het ek ATLANTIS OR THE CRYING OF THE WATERS in Engels geskryf en nie in Afrikaans nie? Hierop is my antwoord slegs – my inspirasie het in Engels gekom!

 

Op die tweede vraag, naamlik waarom moes ’n Suid-Afrikaner, ’n boereseun wat in die Karoo groot geword het, nou juis hierdie onderwerp aanpak en hom met voorspellings besig hou wat oënskynlik buite die kader van die Unie lê? As antwoord hierop haal ek ’n gedeelte aan van ’n gedig “Southern Africa” wat oorspronklik aan die einde van my bundel sou verskyn het, maar wat ek weggelaat het omdat dit van ander lande die kritiek kan uitlok dat die skrywer hiervan te chauvinisties is:

 

SOUTHERN AFRICA

 

This is the land of the future

this the Utopia to be,

a vision whiter than Europe

shaking its shores from the sea;

wise beyond science and the dogma

drifting the old to its death,

wielding a wisdom forgotten,

birthing a love to be gotten

golden to all …………………….

…………………………………..

 

This is the land of the Godhead

this the Kingdom to be,

a creed to steepen the Christian

bending its brow from the sea …

All that the centuries mated

between the man and the God,

here on your shores to be stated

here in its truth to be taught.

 

Let there be shrines in your valleys,

temples of silence and song,

for prophets are moving amongst you,

great spirits descending amongst you

bearing a light from Beyond …

 

This is the Lost Atlantis

summoned out of the sea,

drawn from the secret Subways

destined, my peoples, for thee.

 

Hiervolgens wil dit voorkom asof Suidelike Afrika op staatkundige, kulturele en geestelike gebied in die toekoms die toon in die wêreld gaan aangee, dat ons land voor ’n ontwikkeling staan wat groter hoogtepunte gaan bereik as wat Europa en Amerika verwesenlik het, want die wysheid van Atlantis – dit wat Europa en Amerika nooit geken het nie – gaan hier binne ons landpale herbore word.

 


 

1 sondvloed

Afr. sondvloed ‘groot vloed’ uit Ndl sondvloed (1599), ook sindtvloed, sundtfloet, (1562), sundvloed uit Middelhoogduits sin(t)fluot (Hoogduits Sündflut); die eerste lid is volksetimologies vervorm deur assosiasie met sonde, maar sin- beteken eintlik ‘altyd, voortdurend, aanhoudend’ synde die vertaling van Latyn semper.

 


 

Bronne

 

... plek van die Goddelikes, die Koninklikes - Ragna-Oord