Wendag - Debating Christianity and Religion Forum
-
My eerste werklike kennismaking met die Oorwinningskruis was op die ou Duitse imperiale vlag in Swakopmund. Ek koop toe vir my ‘n vlaggie en plak hom op my kar se agterruit. Dit was met hierdie vlag wat Siener en die Rebelle die Overeenkomst aangegaan het.
My tweede kennismaking was in 'n groot verlate fort in Suid-Afrika. Daar is die kruis rooi op ‘n wit agtergrond. Die rooi en wit laat my onwillekeurig dink aan die kleure van die verheerlikte liggaam, soos beskryf in die Openbaring van Petrus.
Jesus wys die dissipels hoe die hemel lyk.
4. Die Here Jesus het verder gesê: “Kom ons gaan na die berg om te gaan bid.”
5. Ons twaalf dissipels het saam met Hom gegaan en Hom gesmeek om vir ons een van sy volgelinge te wys wie se lewe reg was, maar wat al dood was. Ons wou graag sien hoe hulle lyk en dan moed skep sodat ons die mense wat na ons luister, kon aanmoedig.
6. Toe, terwyl ons nog besig was om te bid, het daar skielik twee mans voor die Here gestaan.Ons kon nie na hulle kyk nie,
7. want hulle gesigte het geskitter soos ‘n sonstraal, hulle klere het geblink soos iets wat geen mens nog ooit gesien het nie. Ja, geen mens kan beskryf of begryp hoe wonderlik hulle aangetrek was en hoe pragtig hulle gesigte was nie.
8. Toe ons hulle sien, was ons verbaas, want hulle lywe was witter as die witste sneeu en rooier as die rooiste roos.
(
Uit Apokriewe Ou en Nuwe Testament. Verlore boeke uit die Bybelse tyd.)
Die kleure van die verheerlikte liggaam, waarna ons smag, is wit en rooi.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
-
-
Ek stap van die moltrein stasie af na die pragtige Basalisk op die hoogste heuwel in Parys. Die trappe neem my na die groot brons deure. Die beeldhouwerk van lemoen en roos op die deure val my op.
Binne die Basalisk draal ek by die pragtige muurskilderye en beeldhouwerke. Die Basilique du Sacre Coeur is ‘n gelofte kerk in eie reg. Dit is gebou na aanleiding van ‘n gelofte met God om Parys en sy inwoners tydens ‘n Pruisiese inval te spaar.
Ek stap weer na buite en betrag die gebou. Links voor is ‘n masiewe beeld van koning Louis XIV, die Sonkoning op sy perd. Die kenmerkende Franse lelie, fleur de lis, is op sy skild aangebring. Aan die regterkant is ‘n ewegroot beeld van Jean ‘d Arc, die beroemde Franse heldin en martelaar. Op haar perd se harnas verskyn dieselfde fleur de lis.
Op die dak van die basalisk is die bekende moordkruis (crux ordinaria), maar reg bo die masiewe beeld van die Messias is die Oorwinningskruis.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
roosomboorselgu1.jpgEk stap weer terug na die swaar brons deure van hierdie manjifieke geloftekerk. Op elke deur is vier lemoene wat elk met roosblare en vier roosknoppe omring is. Die hele rand van die deur is met roosranke en roosknoppe versier.
Hierdie bronswerke voer my terug na ons eie Vierde Raadsaal in Bloemfontein. Die argitektuur is onmiskenbaar dieselfde. Die koepeldak, die lanterns en selfs die lemoen en die roos is gemeensaak.
Terug by die voet van die heuwel draai ek om en betrag hierdie majestieuse kerk. Hier lê dieper boodskappe opgesluit. Daaraan twyfel ek nie. My Hugenote gene stoei met my Pruisiese gene.
Laataand staan ek op die balkon van my woonstel in Fugirard ek kyk na die verligte Eiffel Toring en Mont Parnasse. En ek kry die Basilique du Sacre Coeur nie uit my gedagtes nie. Die soeklig op die Eiffel wat om en om gaan laat my wonder of die Franse steeds nie die Duitsers vertrou nie. En ek herkou aan die gedagte dat die Boervolk ‘n eie Jean d' Arc gaan oplewer.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
The Following User Says Thank You to Die Ou Man For This Useful Post:
-
France faced military defeat and occupation of part of the country by German troops. The response of MM. Alexandre Legentil and Hubert Rohault de Fleury was spiritual. They vowed to build a church consecrated to the Heart of Christ in reparation (in penitence for sins commited) since for them, the misery of France stemmed more from spiritual than from political causes.
The work was financed by gifts, often modest, from all over France. The names of the donors are carved in the stone.
Tout visiteur de Paris apercevant les coupoles de la Basilique se dit :
La haut, en ce moment, quelqu'un prie pour moi !
Every visitor who comes to Paris, when he sees the dome of the Basilica, he says to himself:
"Up there, at this very moment, somebody is praying for me!"
Die Basilique du Sacre Coeur staan vandag as 'n pragtige simbool van die Franse se eertydse gelofte wat met God gesluit is. Of hulle vandag nog daardie gelofte respekteer, is 'n ope vraag. Dieselfde vraag kan ons aan onsself stel.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
Die koppeling van die Oorwinningskruis aan die Messias is nie toevallig nie. Die rooi kruis op die wit vlag staan bekend as die Oorwinningsbanier en simboliseer die Messias se oorwinning oor die dood. Die vroeë Christene was bekend met hierdie simbool en daarom vind ons dit in die kunswerke van die meeste vroeë kerke.
Die Oorwinningskruis is vroeg reeds in die Christendom uitgebeeld as simbool van die opstanding van die Messias. Die beroemde agnus dei met banier, beeld die Lam van God uit met die banier wat die opstanding bevestig. Daarom staan hierdie banier bekend as die Oorwinningsbanier van die Lam van God.
The Agnus Dei, or Lamb of God, is an ancient symbol of Christ. The cross stands for Christ's victory over sin and death. Biblical references include John 1:29 and Revelation 14.
In ancient examples of the Agnus Dei, may be seen lying upon the Book of Seven Seals or carrying the Banner of Victory. It must be crowned with a three-rayed nimbus or halo, signifying that it is a symbol of divinity. In other examples the Lamb stands upon a hill from which flow the Four Rivers of Paradise, signifying the Four Gospels.
Agnus Dei (Reclining)
The Agnus Dei (Latin for "Lamb of God") may appear in several postures. Seated on a book with seven seals, it represents the final judgment when Christ returns in glory.
Rev. 5:11
Then I looked and heard the voice of many angels, numbering thousands upon thousands, and ten thousand times ten thousand. They encircled the throne and the living creatures and the elders. 12 In a loud voice they sang: "Worthy is the Lamb, who was slain, to receive power and wealth and wisdom and strength and honor and glory and praise!" (NIV)
Season: Ascension Sunday, Christ the King Sunday
Agnus Dei (Standing)
Standing with a banner, the Agnus Dei represents the risen Christ who triumphs over death. This symbol is rich in significance.
John the Baptist proclaimed Jesus to be the Lamb of God who takes away the sin of the world. In the Revelation, Jesus is portrayed as a lamb.
Die Oorwinningskruis is direk gekoppel aan die Messias se oorwinning oor die dood. Vandaar dus die benaming, Oorwinningskruis. Hieronder volg kunswerke uit die kerke van ons stamlande in Europa. Let veral op die bewoording van die laaste embleem, nl. "OUR LAMB HAS CONQUERED * LET US FOLLOW HIM." Dit is die embleem van die Morawiese kerk van Duitsland. (Ek sal aanstons die verwysing van Siener en die relevansie vir die Boer, plaas.)
Liefde groete.
Die Ou Man

-
-
Die Lam van God staan in Latyn beken as Agnus Dei. Dit is die Agnus Dei wat keer op keer uitgebeeld word met die Oorwinningskruis en die Oorwinningsbanier. 'n Rooi kruis op 'n wit vlag.
Ons moet noodgedwonge aanvaar dat die Katolieke oor die mees omvattende Christelike biblioteek beskik. Daarom het ek die Katolieke gaan raadpleeg aangaande die Agnus Dei. Hier is wat hulle te s'e het.
The Agnus Dei
One of the oldest of the Church’s sacramentals used in private devotion is the Agnus Dei — the “Lamb of God.” Though its origin is shrouded in the mist of antiquity, the Agnus Dei sacramental is mentioned in historical Church accounts as early as the sixth century and mentioned frequently by the early-to-middle ninth century. Thus, for at least fifteen centuries, the Agnus Dei has been a popular and treasured sacramental of Catholics, especially those living in Europe where it was most readily available. Yet, regrettably, few Catholics living today have ever even heard of the Agnus Dei.
http://www.catholicism.org/sacramentals-grace.html
As ons na antieke beeldhouwerke, skilderye en loodglas versierings in die ou Christen kerke kyk, vind ons dat die rooi kruis op die wit doek sonder uitsondering aan die Messias gekoppel is, as sy banier van oorwinning oor die dood.
Die Wenkruis en die Agnus Dei is reeds voor die Messias se oorwinning oor die dood en die Bose, deur Johannes die Doper aan die Messias gekoppel. Daarom word die Wenkruis ook allerwee in die eerste eeue nC aan Johannes die Doper gekoppel.
Hieronder is ‘n mosaiek van Johannes die Doper( foto 1) in volle gewaad en van die Messias (foto2), in ‘n baie spesiale kerk, nl. die Hagia Sofia in die voormalige Konstantinopel (Ek verduidelik later Johanna Brandt se visioene wat verband hou met die Hagia Sofia.). Foto 3 is 'n renaissence skildery van die opstanding. Hier volg die onderskrif tot hierdie skildery.
Resurrection of Christ.
The greatest event ever to be recorded in world history is the resurrection of Jesus Christ from the grave. He is shown standing above the fallen sentry carrying the
banner of victory of life over sin and death. Vignetted are two of His post-resurrection apearances: Mary Magdalene and Thomas (The Doubter).
-
-
-
-
Die Oorwinningskruis is deur die Pous aan die Tempel Ridders gegee.
1146
Pope Eugenius III authorised the Templars to add the red cross on the left breast of their tunics and the shoulder of their mantles, symbolising willingness to shed their blood and die for the Faith.
Kyk nou na hierdie interessantheid. Die Pous stuur, in oorleg met ander Europese vorste, die kruisvaarders om Jerusalem van die Moslems te herower. Hy gee aan hulle 'n simbool. Daardie simbool is nie die moordkruis van Golgota nie, maar die Oorwinningskruis van die Christus. Hy het dus iets geweet wat ons vandag nie weet nie.
Kyk nou na die onderstaande kiekie. Die skepsel staan so waar as waaragtig met albei kruise. Die moordkruis in sy hand en die Oorwinningskruis op sy mantel.
Die Pous weet presies wat die koppeling tussen die die Oorwinningskruis en die oorwinning oor die dood, deur die Christus is.
Die Pous hou die doodskruis vir ons uit en die Oorwinningskruis vir homself. Deur die doodskruis behou die kerk sy houvas op ons deur die verwekking van 'n skuldgevoel, as synde die Messias in ons belang gemartel en vermoor is.
Die doodskruis is die moordinstrument van Satan en die dood. Die Oorwinningskruis is die simbool van die Messias en die oorwinning oor Satan en sy doodskruis.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
-
Posting Permissions
- You may not post new threads
- You may not post replies
- You may not post attachments
- You may not edit your posts
Forum Rules
Bookmarks