Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

Closed Thread
Page 2 of 2 FirstFirst 1 2
Results 11 to 18 of 18

Thread: Skeppingsverhale Ontleed

  1. #11
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    In die Genesis 1:1 skepping is man en vrou op dieselfde dag geskape. Beide man en vrou is, as die kroon van die skepping, na die beeld en gelykenis van God geskape. Adam en Eva word deur die God van hemel en aarde gesëen en aangestel om te heers oor die aarde. Daar is absolute harmonie tussen man en vrou. Die status van die man is nie in konflik met die status van die vrou nie. En dieselfde geld vir die omgekeerde.

    Die oënskynlik onskuldige, oer-eeue en primitiewe Génesis 2:4 skeppingsverhaaltjie, wat sy oorsprong uit die mitologie van die nomade van die Arabiese woestyn te danke het, sou egter die basis lę vir die mees brutale religieuse aanslag teen onskuldige vroue op die Boer se Moeder-Vasteland.

    In die Génesis 2:4 skeppingsverhaal word die basis gelę vir ideologiese praktyke wat die vrou (Eva), eeue later sou uitbeeld as die bondgenoot en prostituut van Satan.

    'n Groot aantal Wyse Vroue op die Heide van Europa sou, op grond van die Génesis 2:4 staaltjie, gemartel en lewendig op die brandstapel verbrand word. Want die Génesis 2:4 staaltjie wys Eva en haar vroulike nageslag uit as die sondebok vir alles wat verkeerd verloop het op die planeet Aarde.

    In hierdie konteks verskaf die Génesis 2:4 verhaal die ideale geleentheid vir die selibate priesterdom van die Kerk van die dag, om sy seksuele frustasie op onskuldige vroue op die Heide van Europa te laat geld.

    Hierdie sondebok mentaliteit is sprekend van die Jahweh stamgod aanbidding. Die Christus is ingevolge dieselfde mentaliteit gemartel en vermoor.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #12
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Ons voorouers op die Heide (Heidene) is nie oorgehaal tot die aanbidding van Jahweh/Allah deur prediking en evangelisasie alleen nie. Die werklike "evangelisasie" van ons stamouers is oor 'n tydperk van 300 jaar teweeggebring deur barbaarse religieuse terreur, soortgelyk aan die ANC se halsnoer moorde van die '80's.

    R.H. Robbins beskryf hierdie "sending inisiatief" soos volg:

    "the shocking nightmare, the foulest crime and deepest shame of western civilization."
    The Church created the elaborate concept of devil worship and then, used the persecution of it to wipe out dissent, subordinate the individual to authoritarian control, and openly denigrate women.

    The witch hunts were an eruption of orthodox Christianity's vilification of women, "the weaker vessel," in St. Peter's words. The second century St. Clement of Alexandria wrote:

    "Every woman should be filled with shame by the thought that she is a woman."
    The Church father Tertullian explained why women deserve their status as despised and inferior human beings:

    "And do you not know that you are an Eve? The sentence of God on this sex of yours lives in this age: the guilt must of necessity live too. You are the devil's gateway: you are the unsealer of that tree: you are the first deserter of the divine law: you are she who persuaded him whom the devil was not valiant enough to attack. You destroyed so easily God's image, man. On account of your desert that is, death even the Son of God had to die." Uit: The Dark Side of Christian History
    deur Helen Ellerbe.
    Dit is natuurlik ooglopend dat die fisiese en geestelike uitwissing van ons Volksmoeders en hul nalatenskap op die Heide, spruit uit die Génesis 2:4 skeppingsverhaal. Hierdie verhaal is verantwoordelik vir die grootste onreg en sonde ooit gepleeg teenoor ons Grootmoeders op die Heide.

    Daarom gaan hierdie verhaal (lees verdraaiing) vir eens en vir altyd begrawe word, in die naam van elke vrou, moeder en grootmoeder wat as gevolg daarvan op die brandstapel moes sterf.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #13
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Die HERE sę aan Moses by die berg van Jahweh dat Hy nie sy naam (Jahweh/HERE) aan Moses se voorgeslagte bekend gemaak het nie. Jahweh stel homself voor as die stamgod van Abraham en maak geen aanspraak op Adam en Eva nie. Hy maak verder ook nie daarop aanspraak dat hy die Skepper van hemel en aarde is nie.

    Exodus 6

    2 Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesę: Ek is die HERE.

    3 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.
    World English Bible

    1 Yahweh said to Moses, "Now you shall see what I will do to Pharaoh, for by a strong hand he shall let them go, and by a strong hand he shall drive them out of his land."

    2 God spoke to Moses, and said to him, "I am
    Yahweh;

    3 and I appeared to Abraham, to Isaac, and to Jacob, as God Almighty; but by my name Yahweh I was not known to them.
    Wanneer ons dan lees dat die God van die Génesis 2:4 skeppingsverhaal se naam Jahweh/HERE is, weet ons dat dit nie die waarheid is nie.

    Génesis 2

    4 Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,
    World English Bible

    This is the history of the generations of the heavens and of the earth when they were created, in the day that Yahweh God made the earth and the heavens.
    Die Génesis 2:4 skeppingsverhaal se eerste vers is reeds 'n leuen.

    Die HERE/Jahweh is, volgens sy eie erkenning slegs aangestel oor die fisiese Israel (Deut. 32:8,9). Daarenteen is Adam en Eva aangestel om te heers oor die hele aarde (Gén 1:26). Adam en Eva het dus groter gesag as Jahweh. Nou waar kom Jahweh se skrywers daaraan dat Hy Adam, Eva, die aarde en die hemel geskape het? Dit is 'n leuen.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #14
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Die Jahwehiste skryf die volgende in Genesis 4

    11 Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.

    12 As jy die grond bewerk, sal dit sy vermoë aan jou nie meer gee nie; 'n swerwer en vlugteling sal jy wees op die aarde
    Kain se lot is verseël. Vir die res van sy lewe sal hy 'n flentergat vlugteling wees.

    Maar dan lees ons die volgende soos vervat in die priesterlike weergawe van God in vers 17.

    En Kain het sy vrou beken, en sy het swanger geword en Henog gebaar. Daarna bou hy 'n stad en noem die stad na die naam van sy seun Henog.
    Hoe is dit dan moontlik vir 'n vervloekte ewige swerwer en vlugteling om 'n groot stad te bou? Een van die twee weergawes is nie die waarheid nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #15
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Die Jahwehis (skrywer van Génesis 2:4 en die res van die Jahweh verhaal) skryf dat Kain deur die HERE/Jahweh vervloek is tot 'n vlugteling en swerwer omdat hy sy broer Abel vermoor het.

    Die Priesterlike verhaal van Génesis 1:1 en fragmente wat daarop volg, vertel dat Kain die eerste en mees suksesvolle man op aarde was. Kain was alles behalwe 'n vervloekte vlugteling en swerwer. Inteendeel hy bou 'n groot stad.

    Kain se voorspoed en suksesverhaal eindig nie by hom nie. Sy nageslag is net so suksesvol en begaafd.

    Génesis 17.

    20 En Ada het Jabal gebaar. Hy was die vader van die tentbewoners en die veeboere.

    21 Die naam van sy broer was Jubal. Hy was die vader van almal wat op siters en fluite speel.

    22 En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, 'n smid wat allerhande koper- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Naéma.
    Uit Kain stam die vaders van tentbewoning, musiekinstrumente en kopersmede.

    As ons nou naďef wil wees kan ons soos die Ingelsman sę dat Jahweh se vloek op Kain eerder 'n "blessing in disguise" was. Die waarheid is egter dat die Jahweh verhaal wat in Génesis 2:4 begin wéér nie klop met die Priesterlike weergawe van Génesis 1:1 nie. Een van die twee is 'n leuen. Ons weet teen hierdie tyd al dat die HERE/Jahweh valslik en terugwerkend deur die Jahwehis in sy Génesis 2:4 skeppingsverhaaltjie as skepper aangebied word.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

    Ns. Die Bybelse verwarring aangaande Kain en Abel word hier verder bespreek.

  6. #16
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Dit is duidelik dat die onderskeie Bybelskrywers hulself ernstig weerspreek ten opsigte van die verhaal van Kain, Abel en die HERE/Jahweh/Allah.

    Die mees ooglopende teenstrydigheid in hierdie verhaal is die teenwoordigheid van die HERE/Jahweh/Allah, soos beskryf deur die skrywer, bekend as die Jahwehis in die Génesis 2:4 staaltjie. As ons die HERE/Jahweh/Allah se eie aangehaalde woorde lees, hoort die naam HERE/Jahweh/Allah nie in enige geskrif voor Moses se "brandende bos" ervaring nie.

    Exodus 6

    2 Verder het God met Moses gespreek en vir hom gesę: Ek is die HERE.

    3 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.
    World English Bible

    1 Yahweh said to Moses, "Now you shall see what I will do to Pharaoh, for by a strong hand he shall let them go, and by a strong hand he shall drive them out of his land."

    2 God spoke to Moses, and said to him, "I am
    Yahweh;

    3 and I appeared to Abraham, to Isaac, and to Jacob, as God Almighty; but by my name Yahweh I was not known to them.
    Die logiese gevolgtreking is dus dat die Génesis 2:4 skeppingsverhaal, wat die HERE/Jahweh/Allah aanbied as skepper van die aarde, hemel, plante, diere en die Mens, terugwerkend vervals is.

    Die HERE/Jahweh/Allah word nergens aangehaal dat hy aanspraak maak op die rol van Skepper nie. Telkens in sy aangehaalde gesprekke met Abraham en Moses, beperk Hy homself tot Stamgod van die Israeliete, met Abraham as die eerste persoon waarmee hy 'n verbond sluit, onder die titel, Almagtige.



    The famous Isaiah Dead Sea scroll written in Babylonian Aramaic
    and shows the interpolation of the tetragrammaton written in the
    ancient paleo-Hebrew script into a blank space in the original
    document. This shows us that where the sacred name should have
    existed or was in the ancient text, blanks were created to insert the
    false name. Inserting the tetragrammaton into these blanks has been
    at a 2,800 year old mystery. Who did it and upon what authority?
    Die tetragrammaton is YHWH (die HERE/Jahweh/Allah).
    Die vraag is nou. As die Jahwehis die naam van die Skepper terugwerkend vervals het, wat anders is nog in die Génesis 2:4 staaltjie vervals?
    Liefde groete.

    Die Ou Man

  7. #17
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Ons neem die volgende vers onder oënskou. Dit is 'n voortsetting van die Jahwehis se verhaal wat in Genesis 2:4 begin.

    Génesis 4.

    1 EN die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesę: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE.
    World English Bible

    The man knew Eve his wife. She conceived, and gave birth to Cain, and said, "I have gotten a man with Yahweh's help."
    Volgens die Jahwehis se weergawe was die HERE/Jahweh die God van Adam en Eva. Die Jahwehis lę dan ook woorde in die mond van Eva, wat nie die waarheid is nie. Eva sou nie gesę het dat sy 'n man met behulp van die HERE/Jahweh gekry het nie omdat die HERE/Jahweh nie haar God was nie. Inteendeel, Eva het 'n hoër status as die HERE/Jahweh. Adam en Eva is ingevolge Génesis 1:26 aangestel as heersers van die hele aarde, terwyl die HERE/Jahweh ingevolge Deuteronómium 32:8,9 slegs aangestel is oor die fisiese Israel.

    Die volgende aanhaling uit die Priesterlike weergawe wat in Génesis 1:1 begin vertel wie die God van Adam en Eva is. Ons merk dadelik op dat dit nie die HERE/Jahweh is nie.


    Génesis 5.

    1 DIT is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.

    2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.
    World English Bible

    1 This is the book of the generations of Adam. In the day that God created man, he made him in God's likeness.

    2 He created them male and female, and blessed them, and called their name "Adam," in the day when they were created.
    Dit is verder ooglopend dat die WEB duidelike onderskeid tref tussen die HERE/Jahweh van die Génesis 2:4 Jahwehis weergawe en God van die Génesis 1:1 Priesterlike weergawe.

    Génesis 4:1 is nog 'n vergissing in die verhaal van die Jahwehis. Hierdie vergissings het die moord op miljoene onskuldige vroue (sogenaamde hekse) "geregverdig" en veroorsaak en Eva valslik as ewige sondebok van die mensdom voorgehou word.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  8. #18
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Indien die Bybel voorgehou word as 'n bundel wat Midde-Oosterse mitologiese verhale, lesse, geskiedenis en primitiewe beskouings weergee, is dit aanvaarbaar en kan die leser self besluit hoe om dit te interpreteer.

    Die Bybel word egter voorgehou en bemark as die onverganklike, onfeilbare "Woord van God". Teen hierdie tyd weet ons egter reeds dat die Bybel alles behalwe onfeilbaar en onverganklik is.

    In daardie konteks is die Bybel dus 'n valse dokument wat 'n vals doktrine onderskryf.

    Die geloof in die Bybel as "Woord van God" is meer bygeloof as geloof en gegrond in onkunde en eeue se breinspoeling.

Closed Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites