Wendag - Debating Christianity and Religion Forum
-

Die De la Rey lied, is met oorgawe tydens die Super 14 wedstryde op Loftus gesing. Later is die lied onttrek en toe weer ingespan.
De la Rey is ook opgeroep om te help teen die Engelse Rose in Bloemfontein.
‘De la Rey’ moet toe rêrig kom red . . .
May 24 2007 10:02:32:140PM - (SA)
Hendrik Cronjé
Bloemfontein. – Die Vrystaatse Rugbyunie het die hulp van Bok van Blerk ingeroep om sy stadion vol te kry wanneer die Springbokke en die Engelse rugbyspan môre hier kragte meet in die eerste toets.
“Ons het gedink dis goed om Bok te kry omdat die woorde van sy liedjie gepas is vir die toets tussen Suid-Afrika en Engeland,” sê die kommersiële bestuurder van die Vrystaatse Rugbyunie (VRU), mnr. Piet de Necker.
Die De la Rey lied rig 'n dringende versoek.
Elke keer wanneer ons die lid sing, rig ons daardie versoek.
Dit sal interessant wees om uit te vind of my mede-Boere weet waarvoor hulle vra.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
DOM waar wat jy se die lied het 'n baie diep betekenis. Eerstens vertel dit van die lyding wat ons boere, vroue en kinders moes deur maak en tweedens vrae dit vir 'n leier. Nie net enige leier nie maar 'n leier wat sal uit troon bo ons en dan ook ons vyande. As die leier te voorskyn kom sal ons hom erken en dan volg?
Groete
-
-
Jaco.
Jou gedagte omtrent 'n verhewe leier is uiters relevant.
Kom ons kyk na die letterlike betekenis van De la Rey wat op Wenburg gebore is.
Om te roep na De la Rey, is 'n oproep na 'n religieuse Koning (in Frans en Spaans). Die lyn word deurgetrek na die geboorte van die Christus.
Ons roep dus na 'n baie groter status as 'n generaal!
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
Die eindstryd van die Super 14 op die park van die koning (Kings Park) het vir ons 'n aanduiding gegee van wie die Koning is, waarna ons smag.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
DOM dit wys ook hoe die Koning aanvaar word deur die merderheid mense as mens gaan kyk na die berigte in die media na Jaco die hemp vertoon het...
Groete
-
-
Met sy stoomrollerlopie doellyn toe laas Saterdag, dwarsdeur vier verdwaasde Engelse verdedigers, kon Pierre Spies nie lekker verstaan hoekom gly die Rose dan so van hom af nie.
“Later eers, toe besef ek: hulle’t nie mieliepap vir brekfis gehad nie!”
Vir ’n beter debuutdrie in die groen en goud kon dié jong agtsteman nie gevra het nie – en toe troef hy dit met sommer nóg een.
En, soos ons hom nou al ken, het Pierre weer met die regterwysvinger hemel toe gewys. Vir dánkie
http://www.news24.com/Rapport/Rubrie...127262,00.html

-
-
Na die opstanding het die Christus die volgende aan Maria Magdalena gesê:
Ek vaar op na my Vader en julle Vader, en my God en julle God.
Hierdie boerseun wat mieliepap vir “brekfis” eet is reg. Die Christus is van bo.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
Pierre Spies is nie die eerste om sy wysvinger na bo te rig nie. In die ooreenstemmende tyd, 2000 jaar gelede, het Johannes die Doper ook na bo gewys, omdat hy die Christus verwag het. (sien onderstaande beeld)
Die wysvinger na bo, in ons tyd, dui op die afwagting van die wederkoms.
Die saluut van Johannes die Doper, is ook ons saluut in hierdie tyd waar die Boer voorberei as gasheer vir die wederkoms.
Kyk dus gerus weer as Spies 'n drie druk.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-

Originally Posted by
Klasie
Wanneer daar sokker gespeel word, en daar word n doel geskop, dan word daar ook met die wysvinger na bo gewys.
Ek kyk nie sokker nie. Verduidelik die sokkerspelers ook hul wysvinger na bo, soos Pierre Spies hier doen?
Vir dánkie. “Met my eerste Super-14-drie was dit vir my pa (die rugbylegende Pierre Spies wat in 2004 oorlede is), maar nou gaan die eer vir die Here.”
-
-

Originally Posted by
Klasie
Siener het gese ons sal moet van ons sport afgod, afstand doen.
Spies is uitdruklik aangaande wie hy aanbid. Sport is sy talent en sy loopbaan. Nie sy god nie.
Plaas die betrokke visioen van Siener asb.
-
Posting Permissions
- You may not post new threads
- You may not post replies
- You may not post attachments
- You may not edit your posts
Forum Rules
Bookmarks