Maria van Uys Krige se gedig, praat oor die geestelike lot van ons Volk. Die opskrif is immers: Die Blinde se geloof. Die blinde was 'n boer.
Maria se trek deur die woestyn, simboliseer die Boer se huidige geestelike situasie.
Die water (geestelike boodskap) het verdroog. Die wat daar nog is, het troebel geraak. Die kinders van ons land, wat reeds so ‘n duur prys met hul bloed betaal het, vra na water.
Binne ons bereik, oorkant teen die randjie, is die uitkoms. ‘n Bloeiende vrugteboord vol honderde lemoene. Die eienaar is ‘n blinde boer. Hy kan self nie die goue vrugte sien nie.
Wanneer Maria die vrugte pluk, is dit ‘n uitkoms in meer as een opsig.
Die kindjie se dors word geles. Die Kindjie is die Koning.
Die lemoenboord begin skielik te bloei. Die lemoenboord is ons geloof.
Die blinde boer kan weer sien. Die blinde boer is die Boer van hierdie land.
Wanneer die boer se oë oopgaan, vra hy: “Wie is die liewe vrou wat my so genade en blydskap bring?”
Dit is 'n geldige vraag. Siener het ook ons geestelike uitkoms aan 'n vrou gekoppel.
1926. 10 Jan ≡Die wingerd loot meen geloof.
Lê 'n tros rÿp druiwe langs 'n sloot en een wit diamant kom in gesig. In 1906 het ek 'n wingerd loot van Wes zien oor kom en aan die loot het die tros druiwe gehang. Toe hoor ek 'n stem tot mÿ seh dat ek van water en brood zal lewe tot dat ek van die vruch zal geeët het. Toe Kom 'n vrouw mens uit met 'n groot tros druiwe uit in haar hand voor mÿ.
Die ooreenkoms tussen Siener se visioen en "Die Blinde se Geloof," is onmiskenbaar.
Wie is die vrou? Die blinde boer het sy antwoord gekry: "Dit was die Heilige Maagd, die Kind op hul ver tog na Betlehem."
Vir die wat ore het om te hoor. Die Vrou met die Kind, is op pad na haar afspraak met die blinde Boer.
Boer, maak jou gereed om weer te kan sien.
Liefde groete.
Die Ou Man
Bookmarks