
Originally Posted by
Karoo Kind
Vicky, ek is nie beledigend oor Sy naam nie. Die gebed wat die Messias vir ons kom self gegee het bevat die woorde "Laat U NAAM GEHEILIG word" Ek weet "Here" is 'n titel en nie 'n naam nie, so ook is Lord. Die woord "Geheilig" is verkeerd oorvertaal, daar staan "Afgesonder". Ons 1953 Bybel praat egter van "here Here", in die konteks van 'n "Naam"! Daarom maak ek beswaar daarteen aangesien die titel wel op kleedkamer deure gebruik word en ek wonder of die ou satan al weer 'n hand hierin het? Daagliks baklei die engelse in die parlement met "Lord sis en Lord so", ook in konteks van Sy Naam. "Afgesonder" beteken vir my "eenkant" en uniek, nie alledaagse gebruik vir alle mense nie. Hy het ons elkeen uniek in ons handpalms gegrafeer, ons aardse ouers het ons egter name gegee. Hy het ook opdrag gegee dat ons Sy Naam nie mag misbruik nie. Ja, jou kind se stem gaan jy ken en sy sal jou stem ken, maar julle is op aarde en hoor mekaar se stemme fisies. Sy stem, per definisie, is aan ons onbekend, ons ken Hom slegs deur Sy Woord en in Geloof. Geloof is nie hoorbaar, tasbaar ens nie, As dit was, was dit nie meer geloof nie maar 'n wetenskaplike bewysde feit dat daar 'n Skepper bestaan en kon ons soos in Genesis met die "Boom" van Kennis Goed en Kwaad gelyk wees aan Hom. Daarom die Sondvloed en uiteindelik die Boom van die Lewe (Messias).
Jammer ek het nie deur alles op die forum gelees nie, het nou op DOM se skrywe hieroor afgekom en sal dit bestudeer. Ek is bly jy is seker, ek is egter onseker, gelukkig het die Messias vir my, die sondaar, se skulde kom betaal. Ek wil seker maak ek bedank vir die regte God vir die genade gawe. Daar is baie afgode en die satan het boonop ook 'n bydra te lewer om ons te verwar. Die protestante en die 3 susterskerke en die RK het ons beslis op 'n dwaalspoor geplaas. Wees geduldig terwyl ek my pad vind, en help my waar jy kan asb. Ek het my Koning, Skepper, Vader en Sy Seun bowe alles lief omdat Hy my eerste liefgehad het. Daarom is ek leergierig en daarom praat hierdie stemmetjie binne in my. Totdat ek nie weet wat Sy Wil is en by watter Naam ek Hom moet prys nie, gaan ek eenvoudig aan met "Vader" en "Messias", want ek is onseker oor wat die vertalers vir my nagelaat het in die 1953 Bybel.
Bookmarks