Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Results 1 to 7 of 7

Thread: Jahweh = Allah

  1. #1
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10


    Jahweh is die God wat sy verbond met Abraham gesluit het. Daarom staan Jahweh bekend as die God van Abraham, Isak en Jakob. Hierdie verbond is slegs van toepassing op Abraham en sy nasate.

    Die gelowe wat uit hierdie verbond ontstaan het, staan bekend as die Abrahamitiese gelowe. Dit sluit in:

    Die genoemde drie gelowe aanbid die God van Abraham onderskeidelik onder die name:

    Die volgende is lys van Abraham se kinders:

    Seun
    Moeder
    ------------------------------
    Ismael Hagar
     
    Isak Sarah
     
    Zimran Keturah
    Jokshan Keturah
    Medan Keturah
    Midian Keturah
    Ishbak Keturah
    Shuah Keturah

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #2
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Vir die doel van hierdie bespreking konsentreer ons op Abraham se oudste seun, Ismael.

    Ishmael (Hebrew: יִשְׁמָעֵאל, Standard Yišmaʿel Tiberian Yišmāʿêl; Arabic: إسماعيل, 'Ismāʿīl) is a figure in the Torah, Bible, and Qur'an.

    Jewish, Christian and Muslim believers regard Ishmael as Abraham's older son, born by his wife's handmaiden Hagar. Though born of Hagar, according to Mesopotamian law, Ishmael was credited as Sarah's son (Genesis 16:2) According to the Genesis account, he died at the age of 137 (Genesis 25:17).

    Both Jewish and Islamic traditions consider Ishmael as the ancestor of Arab people.
    Die feit dat die Arabiere direk van Abraham deur sy oudste seun Ismael afstam, is nie in geskil nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #3
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Ismael is van die begin af saam met sy vader, Abraham ingebind in Jahweh se verbond.

    1 TOE Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.

    2 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder.

    3 Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê:

    4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van 'n menigte van nasies word.
    9 Verder het God aan Abraham gesê: Maar jý moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, van geslag tot geslag.

    10 Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word --

    11 julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal 'n teken wees van die verbond tussen My en julle.
    18 En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig!

    19 Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou 'n seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as 'n ewige verbond vir sy nageslag ná hom.

    20 Ook wat
    Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom 'n groot nasie maak.
    23 Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat in sy huis gebore is, en almal wat met sy geld gekoop is, almal wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy het die vlees van hulle voorhuid nog op daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het.

    24 En Abraham was negen-en-negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.

    25 En sy seun
    Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.

    26 Op daardie selfde dag is
    Abraham en sy seun Ismael besny
    Ismael se nasate, die Arabiese Moslems pas vandag nog getrou die besnydenis toe, soos deur die God van Abraham en Ismael vereis.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #4
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Ismael, as oudste seun van Abraham, sowel as sy moeder Hagar, het te veel geword vir Sarah. Sy besluit toe dat haar seun, Isak alleen sal erf.

    Genesis 21

    9 Toe sien Sara hoe die seun van Hagar, die Egiptiese slavin, wat sy vir Abraham gebaar het, spot;

    10 en sy sê aan Abraham:
    Jaag hierdie slavin en haar seun weg, want die seun van hierdie slavin mag nie saam met my seun Isak erwe nie.
    Dit was verkeerd in die oë van Abraham, maar hy het nie gewaag om Sarah teen te gaan nie. Die God van Abraham (Jahweh) tree egter in en onderneem om self na Ismael om te sien.

    12. ...Laat dit nie verkeerd wees in jou oë ter wille van die seun en van jou slavin nie. Luister na Sara in alles wat sy van jou verlang, want deur Isak sal daar vir jou 'n nageslag genoem word.

    13 Maar Ek sal ook die seun van die slavin tot 'n nasie maak, omdat hy jou kind is.
    Abraham gee vir Hagar brood en 'n sak water en stuur haar met die kind die woestyn in, waar sy rond dwaal totdat sy nie meer water vir haar en die kind het nie. Sarah se probleem is nou opgelos.

    15 En toe die water in die sak op was, het sy die kind onder een van die bosse neergewerp

    16 en geloop en op 'n afstand gaan sit so ver as 'n boog kan skiet; want sy het gesê: Ek wil die dood van die kind nie aansien nie. En sy het op 'n afstand gaan sit en haar stem verhef en geween.

    17 Toe hoor God die stem van die seun, en die Engel van God het na Hagar geroep uit die hemel en haar gevra: Wat is dit met jou, Hagar? Wees nie bevrees nie, want God het na die stem van die seun geluister op die plek waar hy is.

    18
    Staan op, tel die seun op en hou hom vas met jou hand, want Ek sal hom 'n groot nasie maak.

    19 Daarop het God haar oë geopen, en sy sien 'n put! En sy het geloop en die sak vol water gemaak en die seun laat drink.

    20 En God was met die seun; en hy het opgegroei en in die woestyn gewoon en 'n boogskutter geword:

    21 hy het in die woestyn Paran gewoon; en sy moeder het vir hom 'n vrou uit Egipteland geneem.
    Was dit nie vir die God van Abraham nie, was daar nie vandag 'n Arabier nasie nie. Ons kan dus sien waarom die Arabiere vandag nog so fanaties oor die God van hulle stamvader Abraham, is.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #5
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Die Arabiere noem hul God Allah en staan bekend as Moslems. In watter verband staan die God van die Moslems teenoor die God van Abraham, naamlik Jahweh?

    Ek haal uit die Koran aan.

    Die Aanhef

    In die naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige.

    1. Alle lof kom Allah toe, die Heer van die Wêrelde, (Deel 1, hoofstuk 1.)
    Allah word in die aanhef tot die Koran aangedui as die Heer van die wêrelde. Allah laat homself soos volg uit in Afdeling 5, Deel 1 van die Koran.

    40. O kinders van Israel! Dink aan die weldade wat ek julle bewys het; en kom julle verbond met My na, en ek sal my verbond met julle nakom; vrees My en My alleen. (uit die Koran)
    Die Koran verwys ook na die verbond met Abraham.

    Afdeling 15 - Die Verbond met Abraham

    122. O kinders van Israel! Dink aan die guns wat Ek julle bewys het, en hoe Ek julle bo die volkere verhef het. (uit die Koran)
    Afdeling 16 - Die Geloof van Abraham

    130. En wie verwerp die geloof van Abraham behalwe hy wat 'n dwaas van homself maak. Voorwaar Ons het hom vir hierdie wêreld uitverkies, en in die Hiernamaals sal hy gewis onder die regverdiges verskyn.

    131. Toe sy Here vir hom gesê het: Onderwerp jou, het hy geantwoord: Aan die Here van die wêreld onderwerp ek myself.

    132. En Abraham het ook sy seuns dit opgelê, en Jakob het dieselfde gedoen: My seuns voorwaar, Allah het hierdie geloof vir julle uitverkies, sterf daarom nie voordat julle onderworpenes is nie. (uit die Koran)
    Dit is hier baie duidelik dat Allah en Jahweh dieselfde God, naamlik die HERE wat die verbond met Abraham en sy nageslag gesluit het.

    Nou weet ons meer aangaande die god van Abraham. In Islam (Moslems) staan hy bekend as Allah, wat in Arabies beteken, "god".

    Jahweh is dus die Allah van Abraham en sy nageslag.

    Jahweh = Allah

    Bron

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  6. #6
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Hier volg 'n lys van die profete van Islam met die ooreenstemmende name soos wat dit in die Bybel voorkom.


    Profete van Islam
    Bybelse naam
    Adam Adam
    Idris Henog
    Nuh Noag
    Hud Eber (Judaisme)
    Ibrahim Abraham
    Ismail Ismael
    Is'haq Isak
    Yaqub Jakob
    Yusuf Josef
    Lut Lot
    Ayub Job
    Shoaib Jetro
    Harun Aäron
    Musa Moses
    Samuel Samuel
    DaudDawid
    Sulayman Salomo
    Elias Elia
    Armya Jeremia
    Dhul-KiflEségiël
    Danyal Daniël
    Zakariya Sagaria
    Yahya Johannes die Doper
    Isa Al-Masihe Jesus die Messias
    Muhammad 


    Die bostaande vergelyking noodsaak geen verdere verduideliking nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  7. #7
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Jahweh was die beskermheer van die Keniete (Kain se nageslag). Jahweh was ook die seun van El (die aanvanklike god van Isra-El) en Asherah.

    Moses het van Jahweh te hore gekom by sy Kenitiese skoonvader nadat hy uit Egipte gevlug het.

    Jahweh was 'n moordlustige, vergeldende god met 'n brandende jaloesie jeens sy broers.

+ Reply to Thread

Similar Threads

  1. A: Jahweh of Satan?
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 37
    Last Post: 19th March 2011, 21:24
  2. B: Elohim of Jahweh
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 49
    Last Post: 3rd December 2010, 18:47
  3. Tien Gebooie van Jahweh
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 10
    Last Post: 18th March 2009, 15:47
  4. Jahweh, die Allah van Abraham
    By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 31
    Last Post: 14th January 2008, 07:55

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites