Vir meer inligting oor die onderwerp van geestelike oorlogvoering stel ek voor dat u
die boek bekom meer daaroor lees. Die beginsels wat hier genoem word sal vir jou 'n
basiese begrip vir die saak van geestelike oorlogvoering gee en jou hopelik stimuleer om 'n
dieper studie van die onderwerp te maak en die belangrikheid daarvan te verstaan.
Daar is 30 beginsels van geestelike oorlogvoering en ek gaan probeer om elke dag een beginsel te plaas vir bespreeking en om die gevoel van die mede forum lede se denke daaroor te kry.
Beginsel 1: Die belangrikste waarheid wat die gelowige moet ken en kan hanteer, is die gesagsposisie of troonposisie. Onkunde hieroor maak die gelowige geestelik magteloos. Die Christen moet weet wie hy in Christus is en dat hy in Christus gesag het oor alle bose magte
(Ef.1:19-22 en Ef.2:6).




Reply With Quote
Bookmarks