Wendag - Debating Christianity and Religion Forum
-
10th October 2008 08:30
#11
Ha ha ha! die afrikaner broederbond is ook vrymesselaars,van 1652-2008 was al die land se presidente 33 graad masons,die bokryers regeer die wereld op alle vlakke,en die enigste Wese wie hulle sal kan stuit is die Messias,en nie die gnostiese messias nie,maar die Messias wat na die aarde gekom het,en gesterf het vir jou en my sonde,wat op die derde dag opgestaan het uit die dode,wat opgevaar het na die hemel,van waar Hy weer sal kom,om almal te oordeel,die bokryers ingesluit. Net Hy kan die Satan verslaan. dankie tog vir dit. groete sabbatariër
Posted via Mobile Device
-
-
10th October 2008 10:19
#12
Sabbatariër, jy klink geweldig selfvoldaan? As jy beweer dat al die leiers vanaf 1652 "33 graad masons" is moet ons dit verder terugvat na die spesiale sinode sitting van Kajafas sowat 2000 jaar gelede waar die klomp beraadslaag het om die Messias te vermoor soos wat Jesus self geprofeteer het in Mat 21. Dit is duidelik dat jy dan deel moet uitmaak van die groep wat hul redding in die moord van die erfgenaam verkry?
Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur en gesê: Hulle sal my seun ontsien. Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem. En hulle het hom geneem en buitekant die wingerd uitgewerp en doodgemaak.
Liefdegroete,
Stefanus
-
-
10th October 2008 17:45
#13

Originally Posted by
Sabbatariër
Ha ha ha! die afrikaner broederbond is ook vrymesselaars,van 1652-2008 was al die land se presidente 33 graad masons,
Sabbatariër jy praat uit onkunde. Die Afrikaner Broederbond sou nooit iemand werf wat aan die Vrymesselary of sy organe naamlik die Tafelronde, Lions International, Rotariërs, ens. behoort het nie.
Kom ons ontleed jou stelling dat alle presidente van SA 33 graad Vrymesselaars was.
Genl. J B M Hertzog (33 graad vrymesselaar), opponeer Genl. J C Smuts (33 graad vrymesselaar) en verslaan hom by die stembus.
Genl. J C Smuts (33 graad vrymesselaar) lei SA in 'n oorlog teen Duitsland en lig Genl. J B M Hertzog (33 graad vrymesselaar) uit die kussings omdat laasgenoemde weier om teen Duitsland oorlog te maak.
Dr. D F Malan (33 graad vrymesselaar) opponeer Genl. J C Smuts (33 graad vrymesselaar) en lig hom uit die Eerste Minister stoel.
F W De Klerk (33 graad vrymesselaar) voer 'n bloedlose staatsgreep op P W Botha (33 graad vrymesselaar) uit en oorhandig die land aan die ANC.
Kan jy sien hoe onlogies jou standpunte is? Daar is geen basis daarvoor nie. Dit is nou loutere sameswerings teorieë.
Doen my een guns. Plaas asb een stelling, net een, wat jy kan bewys.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
10th October 2008 20:56
#14

Originally Posted by
Sabbatariër
Ek dink dat die voortrekker monument ñ vrymesselaars tempel is. Of hoe sê ek dan nou? groetnis sabbatariër
Posted via Mobile Device
Sabbatariër, terwyl jy nou as kenner na vore kom.
Vertel ons asb. van die verband tussen die Voortrekker Monument, Mapungubwe, Groot Zimbabwe en antieke Egipte.
En indien jy sou bevind dat daar wel so 'n verband bestaan, verduidelik asb waarop sodanige assosiasie gebaseer is.
Moet my nou nie teleur stel nie.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
10th October 2008 21:52
#15

Originally Posted by
Die Ou Man
... die verband tussen die Voortrekker Monument, Mapungubwe, Groot Zimbabwe en antieke Egipte...
Nou kom ons nader aan die waarheid. Hierdie gaan 'n interessantre reis worre...
groetnis
knipmes
-
-
8th February 2009 21:29
#16
Ou Man
Interesante webtuiste. As 'n mens na jou avatar en 'signiture' kyk is dit te verstane dat jy nie wil erken dat dat die Voortrekker Monument 'n vrye meselaar gebou is nie.
-
-
8th February 2009 21:44
#17

Originally Posted by
Leesnet
Ou Man
Interesante webtuiste. As 'n mens na jou avatar en 'signiture' kyk is dit te verstane dat jy nie wil erken dat dat die Voortrekker Monument 'n vrye meselaar gebou is nie.
Leesnet, as ek 'n soektog op die net doen kry ek heelwat "messelaar" losies en hul adresse waar hulle byeenkom maar die Voortrekker Monument kom nie voor nie, dalk kan jy ons meer hieroor inlig.
Die Voortrekker Monument het natuurlik 'n kleurryke geskiedenis, vanaf ontwerp tot hede, kan jy dalk uitbrei oor die ontwerp en oprigting van die geskiedkundige gebou?
Liefdegroete,
Stefanus
-
Posting Permissions
- You may not post new threads
- You may not post replies
- You may not post attachments
- You may not edit your posts
Forum Rules
Bookmarks