'n Letterlike analise van die sogenaamde vyf Boeke van Moses (
Pentateug) dui daarop dat dit deur 'n aantal persone geskryf is. Die Pentateug is die resultaat van 'n samevoeging van verskillende tradisies en verhale.
Die mees aanvaarbare teorie wat hierdie sameflansing verklaar, staan bekend as die
Dokumentêre Hipotese, of Graf-Welhausen Hipotese, na aanleiding van die outeurs daarvan.
Die Dokumentêre Hipotese beskou die Pentateug as saamgestel deur 'n reeks
redakteurs uit vier verskillende hoofstroom literêre tradisies. Hierdie tradisies staan bekend as
J,
E,
D en
P. Die onderstaande diagram toon aan hoe hierdie tradisies met mekaar in verband staan.
J (die
Jahwehis of Jerusalem bron) gebruik die Tetragramaton as die naam van God. Hierdie bron se belangstelling toon aan dat hy gefunksioneer het in die suidelike Koningkryk van Juda, na die verdeling van Israel.
J is die skrywer van die grootste deel van
Génesis.
E (die
Elohis of Efraimitiese bron) gebruik die naam, Elohim vir God tot Exodus 3-6, waar die Tetragramaton (YHWH) aan Moses en Israel openbaar word. Dit blyk dat die Elohis in die noordelike Koninkryk van Israel gewoon het. Die Elohis het die
Aqedah verhaal en ander gedeeltes van Génesis, Exodus en Numerie geskryf.
Die onderskeie verhale van die Jahwehis en die Elohis is teen ongeveer 722 vC na die val van die Noordelike Ryk saamgevoeg.
D (Die
Deuteronomis) was die skrywer van die grootste gedeelte van Deuteronómium (en waarskynlik ook Joshua, Rigters, Samuel en Konings). Daar word vermoed dat Deuteronómium die boek is wat deur Koning Josia in 622 vC ontdek is (sien 2 Konings 22:8).
P ( die
Priesterlike bron) het die eerste skeppingsverhaal van Génesis 1 geskryf, sowel as Levítikus en ander segmente met geslagsregisters en inligting aangaande die priesterskap en aanbidding. Volgens
Welhausen was
P die laaste skrywer en is die Torah finaal saamgevoeg teen ongeveer 539 vc. Daar word egter aanvaar, deur onder andere James Milgron, dat die
P dokument materiaal bevat wat dateer voor die ballingskap era.
Daar is steeds meningsverskil aangaande welke van dokumente
P en
D die laaste byvoeging verteenwoordig. Daar is egter algemene konsensus dat die Dokumentêre Hipotese die beste daarin slaag om die duplikasie, teenstrydighede en verskille in terminologie en teologie in die eerste vyf boeke van die Bybel te verklaar.
Bookmarks