Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Page 1 of 2 1 2 LastLast
Results 1 to 10 of 14

Thread: Bloedrituele: Satanies of Goddelik?

  1. #1
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    In die Godsdiens van die Ou Testament vind die Israeliete hul saligheid in die beginsel dat die HERE (Jahweh) gepaai kan word deur diere op rituele wyse te slag en die dooie dier se vlees aan die brand te steek.

    Die rasionaal sou dan wees dat die HERE (Jahweh) hou van die reuk van bloedwalms en verbrande vleis van dooie diere en as gevolg van hierdie vreemde voorkeur, omgekoop kan word om mense te vergewe.

    Hierdie bloedrituele word in die fynste besonderhede deur die priesters in Levítikus beskryf, onder die opskrif:
    • Die brandoffer.
    • Die spysoffer en die eerstelinge.
    • Die dankoffer.
    • Die Sondoffer.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #2
    Stefanus has a spectacular aura about Stefanus has a spectacular aura about Stefanus has a spectacular aura about
    Stefanus's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Oos-Londen
    Age
    49
    Posts
    1,287
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 1

    Die Ou Testament bied ten minste twee teenstrydige verhale, waar die HERE (Jahweh) van die Ou Testament verantwoordelik gehou word vir die uitgee van die teenstrydige opdragte.

    Volgens Jesaja, die seun van Amos, raak dit duidelik dat die HERE (Jahweh) geensins belang het in die geloofs rituele wat volgens oorlewering aan hom toegedig word nie.

    Die volgende plaas egter weereens 'n kinkel in die verhaal:
    The famous Isaiah Dead Sea scroll written in Babylonian Aramaic and shows the interpolation of the tetragrammaton written in the ancient paleo-Hebrew script into a blank space in the original document. This shows us that where the sacred name should have existed or was in the ancient text, blanks were created to insert the false name. Inserting the tetragrammaton into these blanks has been at a 2,800 year old mystery. Who did it and upon what authority?
    Volgens die ooglopende vervalsings wat in die Jesaja geskrifte voorkom kan mens vra wie was die God van hierdie profeet aangesien dit duidelik is dat die skrywer nie na dieselfde god verwys het wat die rituele beveel het nie. Die eerste aanduiding is dat hierdie God nie die bloedrituele goedkeur nie en dan is daar ook die ooglopende vervalsing?

    Die Qumrangemeenskap het geglo dat hulle die enigste oorblyfsel van Israel was, wat getrou gebly het aan die verbond van hul God met die volk.
    In die Qumranmanuskripte word gereeld verwys na hierdie groep se afkeur in die priesterorde van Jerusalem (waar die tempel was), en veral hulle absolute wantroue in die hoëpriester, wat hulle die leraar van Bileam noem. Een van die geskrifte (die Gemeenskapsrol – 1QS) maak melding van die gemeenskap se streng keuringsproses van nuwelinge om seker te maak dat die nuweling nie enige goedkeuring aan die Jerusalem-Jode gee nie.
    Liefdegroete,
    Stefanus

  3. #3
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Die priesterdom skets in die Torah 'n beeld van die HERE (Jahweh) wat iewers bo die aarde sit, gereed om boosaardig op sy volk, Israel toe te slaan tensy hulle sogenaamde rein diere doodmaak en die vleis daarvan verbrand.

    Die onderstaande is maar een voorbeeld van talle waar die priesters skryf dat die HERE (Jahweh) deur die reuk van verbrande vlees behaag word.

    Genesis 8.

    20 En Noag het vir die HERE 'n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.

    21 En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.
    As God gees is en nie vlees nie, waarom dan die HERE (Jahweh) se eienaardige behoefte daaraan om vleeslike behoeftes te bevredig?

    Wat vir 'n HERE (Jahweh) draai teen sy eie skepping deur diere te skape om hulle daarna as onrein te verklaar.

    Wat vir 'n HERE (Jahweh) word bevredig deur die dood van diere en die rituele verbranding van hul vlees?

    Wat vir 'n HERE (Jahweh) is verslaaf aan bloedwalms en die reuk van vleis wat verbrand word?

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #4
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Die Torah koppel die saligheid van die Israeliete deurgaans aan bloedrituele wat ter wille van die HERE (Jahweh) se liefde vir bloedwalms, uitgevoer moes word.

    Maar volgens Jeremia 7 ontken Jahweh dat hy brandoffers vereis het, of daaroor met die Israeliete gepraat het.

    21 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Voeg julle brandoffers by julle slagoffers en eet vleis.

    22
    Want Ek het met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit Egipteland uitgelei het, nie gespreek nie en hulle geen bevel gegee in verband met brandoffer of slagoffer nie.

    23 Maar hierdie saak het Ek hulle beveel, naamlik: Luister na my stem, dan sal Ek vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan.

    24 Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie.
    Volgens die HERE (Jahweh) het hy nie brandoffers vereis nie, maar gehoorsaamheid.

    As die HERE (Jahweh) nie die bloedrituele van Levítikus gegee het nie, beteken dit bloot dat 'n ander wese dit in die naam van die HERE (Jahweh) gegee het.

    As die HERE (Jahweh) ontken dat hy die wese is wat deur brandoffer en bloedwalms bevredig word, kan die bloedrituele nie goddelik van aard wees nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  5. #5
    Stefanus has a spectacular aura about Stefanus has a spectacular aura about Stefanus has a spectacular aura about
    Stefanus's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Oos-Londen
    Age
    49
    Posts
    1,287
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 1

    Die profete het dit eens dat Jahweh nie bloedoffers verlang nie maar geregtigheid, die priesters daarteenoor verlang 'n verskeidenheid rituele en bloedoffers.

    Volgens Jesaja stel Jahweh nie belang in bloedoffers en feestye nie:
    Isa 1:11 Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.
    Isa 1:12 As julle kom om voor my aangesig te verskyn, wie het dit van julle hand geëis—om my voorhowe te vertrap?
    Isa 1:13 Bring nie meer skynheilige offergawes nie; gruwelike reukwerk is dit vir My. Nuwemane en sabbatte, die uitroep van samekomste—Ek verdra geen ongeregtigheid en feestyd nie!
    Isa 1:14 Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ‘n oorlas. Ek is moeg om dit te dra.
    Jahweh vra wie het die bloedoffers van hul hand geëis.

    Isa 1:16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,
    Isa 1:17 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.
    Jahweh verlang geregtigheid en nie bloedoffers nie.

    Liefdegroete,
    Stefanus

  6. #6
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Om bloot op grond van die Bybel te bepaal of die HERE (Jahweh) afhanklik is van bloedrituele al dan nie, is 'n onbegonne taak.

    Volgens Levítikus en ander gedeeltes in die Ou Testament is die HERE (Jahweh) 'n God wat bevredig word deur bloedwalms.

    Volgens Jeremia en Jesaja verwerp die HERE (Jahweh) juis die bloedwalms en bloedrituele waarvan hy kwansuis afhanklik is.

    Wat is dus die waarheid?

    Die Witboek


    “Die slag van diere as bloedoffers is nóóit deur My of enige van my gemagtigde amptenare gelas nie.

    Die toewyding van Adamiete, Yêvahiete en van diere is gelas, sodat nuttige lewens deurgebring kon word in die diens van God … sodoende aan Hom gewy deur te werk vir My en my amptenare.

    Helaas!

    Die betekenis van die toewyding van lewe is verdraai tot dié van offers van die dood deur die seremoniële priesterdomme, wat nie geluister het na die stem van hul goddelike Een wat tot hulle gespreek het by monde van die profete nie, maar wat ‘n gewillige oor gehad het vir die skimpe van Satanaku, …”

    Uit Die Witboek. Bl. 229.

    Misverstande oor Moses en bloedoffers weens peutery en onkunde


    Wat betref die verfoeilike opdragte oor die noodsaak vir bloedoffers wat na bewering deur God aan Moses gegee is, sal julle sien hoe Satanaku, die vader van die leuens, die waarheid kón praat wanneer dit sy veragtelike doel gedien het.

    En hoe die rebelle Moses, die groot heilige van God, se rol as tussenganger wanvoorgestel en daarmee gepeuter het.

    Hulle wat vanweë hul leuens teenoor sekere geestelike tussengangers, wat nie goddelike profete was nie, veroorsaak het dat doodsoffers die tempel van God besoedel het.

    Uit Die Witboek. Bl. 230.
    Liefde groete.

    Die Ou Man

  7. #7
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    As gevolg van die bedrog deur die priesters in Babilon gepleeg, is dit haas onmoontlik om in die Bybel bloot op sigwaarde onderskeid te tref tussen Satan en die HERE (Jahweh) asook om onderskeid te tref tussen God (Elohim) en die HERE (Jahweh).

    Die Witboek is die skakel wat die onderskeid tussen die waarheid en die leuen blootlê.

    Sonder die Witboek is ons dus uitgelewer aan die leuens in die Torah, soos in hierdie argument uitgewys.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  8. #8
    Member
    Moeder is on a distinguished road
    Moeder's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    May 2007
    Location
    Deutsch Sudwestafrika
    Posts
    12
    Rep Power
    21

    Jesus was gekant teen offerande. Hy het gesê dat die priesters se vader die duiwel is en dat hulle voorouers die profete vermoor het.

    Vrou tot Volk.

    Moeder

  9. #9
    Mod
    knipmes has a spectacular aura about knipmes has a spectacular aura about
    knipmes's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Durban
    Age
    51
    Posts
    583
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 7

    Graag wil ek hier 'n vraag opper, met absolute respek...

    Hoekom is ons as BoereVolk so lief vir "braaivleis"???


    en wil ek by uitstek noem dat ek vir een vleis as enigste aardse voeding sien, die res om dit is bykos...

    sou dit dalk enigsins met die "offers" van oud begin het? (en ek seg nie dat 'n hedendaagse braaivleis is enigsins 'n offer nie...)

    groetnis
    knipmes

  10. #10
    Member
    Fulcrum X will become famous soon enough
    Fulcrum X's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Bloemfontein
    Age
    26
    Posts
    55
    Rep Power
    16

    Knipmes,

    Ek persoonlik dink nie braaivleis het tedoen met die outydse offerhande ens. nie. Ek dink dit is eenvoudig afkomstig van die eerste manier van kos gaarmaak. Diere was nog altyd ons kos, dit is deur die priesters as offer gebruik lank nadat dit as voedsel gedien het vir ons as mense, en die eerste gaar vleis was braaivleis. Ek hoop egter nie dat dit verlangs verband hou met die bloedrituele nie, ek hou dan tog so van my stukkie braaivleis, he he.
    ƒx

    We are not human beings on a spiritual journey, We are spiritual beings on a human journey.

+ Reply to Thread

Tags for this Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites