Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Results 1 to 3 of 3

Thread: Boere Gelykenis van die Koorsboom

  1. #1
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Op die vraag of die waarheid lê in sigwaarde en die logika, wil ek die volgende verhaal deel.


    Gedurende die Voortrekkers se intog in die laeveld is hulle gekonfronteer met 'n onsigbare vyand wat die dood aan vele gesinne gebring het. Die Koors, soos dit bekend gestaan het, het vele sterftes veroorsaak. Dit was die Trekkers se eerste konfrontasie met malaria.

    Die Trekkers het gou agtergekom dat die Koors toeslaan net nadat hulle onder 'n spesifieke groep bome laer getrek het. Hierdie boom is 'n doringboom-spesie met 'n geel stam. Wanneer die trekkers aan die boom se stam gevat het, het 'n geel poeier aan hul hande afgevryf. Hierdie geel poeier het hul vermoede bevestig. Die siekes se gelaat het juis na geel verander. Hulle het besef dat hierdie spesifieke boom die oorsaak van die siekte toestand was, en die boom is terstond, die Koorsboom gedoop.

    Met hierdie waarheid in pag, het die Trekkers 'n veilige afstand van die Koorsbome gebly. Die siekte het afgeneem en die Trekkers se logika is bevestig. Die probleem was opgelos. Die Koorsboom was die oorsaak van die Koors.

    Acasia xanthophloea, algemeen bekend as die Koorsboom, is 'n doringboom waarvan die geel skubbe op die bas in miniatuur vorm voorkom. Hierdie skubbe gee aan die boom se stam sy kenmerkende geel kleur. Die boom kom gewoonlik in groot groepe voor in laagliggende en moerasagtige gebiede. Acasia xanthophloea deel dus die habitat van die malaria muskiet.

    Nodeloos om te sê. Die logika was toe nie die waarheid nie. Alhoewel die "waarheid" logies en korrek bewys is.

    Ons kan nie alles op sigwaarde beoordeel nie. Beskou dit as 'n Boeregelykenis.

    Liefde groete

    Die Ou Man

  2. The Following User Says Thank You to Die Ou Man For This Useful Post:


  3. #2
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Vandag (1 September 2010) is "boomplantdag" en die boom van die jaar is die Koorsboom.

    Die verhaal van die Koorsboom laat my dink aan die "goddelike waarhede" van die Ou Testament.

    Ek wonder hoe 'n groot deel van ons geloof in die Bybel gegrond is in geloof en hoeveel in bygeloof.

  4. #3
    Mod
    knipmes has a spectacular aura about knipmes has a spectacular aura about
    knipmes's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Durban
    Age
    51
    Posts
    583
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 7

    DOM,

    Na wat ek al als gehoor en gelees het deur die lewe, sou ek se so 70% bygeloof....

    groetnis
    knipmes

+ Reply to Thread

Similar Threads

  1. RE: Nood Dienste aan boere
    By Werner in forum Gedagtes wat Praat
    Replies: 0
    Last Post: 27th December 2009, 15:53
  2. Voortrekker Monument: Boere Tempel
    By Die Ou Man in forum Volksimbole
    Replies: 8
    Last Post: 24th August 2009, 14:12
  3. Teen die Boere of vir?
    By Luther in forum Kletshoekie
    Replies: 1
    Last Post: 17th August 2008, 19:49
  4. wie sal die arm Boere help
    By Basil Swart in forum Volksake:
    Replies: 0
    Last Post: 17th August 2008, 08:17

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites