Wendag - Debating Christianity and Religion Forum
-
24th December 2008 22:56
#1
Liewe Wendag lede en besoekers.
Dankie vir een jaar van samesyn en uitruil van gedagtes.
Stefanus, aan jou is ons baie dank verskuldig vir die wyse waarop jy die tegniese aspekte van die forum byhou, sowel as vir jou insiggewende bydraes op geestelike vlak.
Ons herdenk die Christus op 25 Desember. Daarom is dit belangrik dat ons opnuut kennis neem van die feit dat Jesus nie die sagmoedige Neelsie is, wat dominee aan ons voorhou nie.
Jesus het die voorbeeld gestel met sy kragdadige optrede deur die meublement van die Tempel om te keer en die aanwesiges te verjaag, terwyl die alomteenwoordige tempelpolisie te bang was om 'n vinger op hom te lê.
Die Christus het die voorbeeld gestel. Dit is hoog tyd dat die tempel meublement weer herrangskik word.
Liefde groete.
Die Ou Man
-
-
26th December 2008 20:37
#2

Originally Posted by
Die Ou Man
Liewe Wendag lede en besoekers.
Die Christus het die voorbeeld gestel. Dit is hoog tyd dat die tempel meublement weer herrangskik word.
Liefde groete.
Die Ou Man
Interesant. Wat bedoel jy OM?
Regards, Paul
-
-
27th December 2008 01:20
#3
PaulA
Ons kan begin by die "Catholic Creed" ook bekend as die "Apostolic Creed" en in die Afrikaanse Kerke as die "Apostoliese Geloofsbelydenis".
Weet ons wat ons getuig, wanneer ons die vooraf geleerde woorde ewe gedienstig prewel?
Liefde groete.
Die Ou Man
-
Posting Permissions
- You may not post new threads
- You may not post replies
- You may not post attachments
- You may not edit your posts
Forum Rules
Bookmarks