Hello Antje.
Vir my is kennis nogal belangrik, daardeur weet ek waaroor 'n onderwerp gaan, kan ek saamgesels en ingeligte besluite neem, anders moet ek slaafs glo en oningelig deur die lewe ploetter. Kan mens werklik se dat daar so-iets is as "te veel kennis"? Ek glo niet!
Kom ons neem een voorbeeld, baie goedgelowige mense glo dat Jesus se Vader, Jahweh/die HERE van die ou testament is en omdat hulle so glo, glo hulle ook dat hulle onder 'n verpligting is om die riglyne van die god na te kom.
Daarom gebeur dit dat die Wit Wolf mense vermoor, Gunter monjumente beskadig ens ens..(in "God se Naam")
Indien die mense bekend was met die nodige feite sou hulle dit nie uit geloofs oortuiging gedoen het nie, dalk wel, uit 'n politieke oogpunt wel?
Net 'n paar feite:Voor die ballingskap van die Jode in 1060 vC, was YHWH 'n woord wat vier verskillende gode gesimboliseer het. Hulle name was;
- Jesus het nooit na die stamgod Jahweh as Sy Vader verwys nie.
- Jahweh was 'n karakter wat vorm aangeneem het om die riviere van babilon en het nooit werklik bestaan nie, behalwe dat eienskappe van ander gode aan hom toegedig was.
Die priesters (Esegiël) veroordeel Salomo omdat hy beelde van El, Asherah, Baäl en Anat in die tempel geplaas het en noem hom 'n ketter omdat hy homself neerbuig voor Asherah, min wetende dat hulle self die ketters is.
- Y = El
- H = Asherah
- W = Baäl
- H = Anat.
Dit Antje, is waarom ek eerder kennis wil he as 'n blinde navolging in geloof, sadat ek nie hoef te se "ek het nie geweet nie".
Daarom wonder ek altyd as die goedgelowige se dat die 'n persoonlike verhouding met God het maar nie besef dat die god waarin die persoon vertrou, nie werklik bestaan het nie behalwe in die gedagtes van 'n klomp primatiewe woestynbewoners lank gelede.
Liefdegroete,
Stefanus







Reply With Quote

]







Bookmarks