Ou Sanna.
Openbare 14 verwys na die Ewige Evangelie wat deur 'n Engel aangekondig word. Dit behels die terugkeer na die God van hemel en aarde.
6 EN ek het 'n ander engel in die middel van die lug sien vlieg met 'n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke.
7 En hy het met 'n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het.
Ek sien die Ewige Evangelie, vanuit ons volk se perspektief, as 'n skuif van die huidige sinkretiese vorm van Jahwehisme, terug na die Elohim (God van hemel en aarde).
Liefde groete.
Die Ou Man
Bookmarks