Afdeling 2
Die Duiwel se Vyandskap teen die Mens
19. O Adam, vertoef u en u vrou in die tuin, en eet warvan u wil, maar nader nie hierdie boom nie, anders sal u tot die onregverdiges behoort.
20. Maar die duiwel het hulle slegte ingewinge ingeblaas, naamlik dat hy aan hulle sou openbaar wat hulle verborge swakhede is, en hy het gesê: U Here het u hierdie boom verbied uit vrees dat u engele sal word of dat u onsterflik sal word.
21 En hy het aan hulle altwee gesweer: Ek is vir julle waarlik ‘n opregte raadgewer.
22 So het hy dan hulle ondergang deur bedrog veroorsaak. En toe hulle van die vrugte van die boom geëet het, het hulle skaamte vir hulle duidelik geword, en toe begin albei hulself bedek met die blare van die tuin. En hulle Here het na hulle geroep en gesê: Het ek julle daardie boom nie verbied nie, en het ek julle nie gesê dat die duiwel sekerlik julle openlike vyand is nie?
23 Hulle het geantwoord: Ons Here, ons het onsself onreg aangedoen en as U ons nie vergewe en ons genade betoon nie, sal ons sekerlik verloorders wees.
Uit die Koran
Bookmarks