
Originally Posted by
Ou Sanna
Hi Anje
Hier is iets wat ek vantevore geplaas het, miskien vind jy iets daarin.
6:22 Ek sal julle vertel wat Wysheid is en waar Sy vandaan kom. Ek sal niks vir julle wegsteek nie. Ek sal Haar pad saam met julle volg van die skepping af en julle net mooi alles van haar vertel. Julle sal die volle waarheid hoor.
7:1 Ek het daarom daaroor gebid en GOD het my begrip gegee. Ek het tot GOD geroep en die Gees van Wysheid het na my toe gekom.
7:12 Oor al hierdie dinge is ek bly omdat Wysheid dit saam met Haar bring. Ek het nie besef dat Sy eintlik die Moeder van al hierdie dinge is nie.
7:13 Ywerig het ek van Haar geleer. Ek vertel vir almal openlik van Haar en steek niks van Haar rykdom weg nie.
7:14 Vir mense is Sy 'n onberekenbare skat. Die persoon wat hierdie skat kry, word ook vriende met GOD, want die vrug van Haar onderrig open die pad na GOD.
Van Johannes sê geleerdes dat Johannes hierdie beskrywings geken het en gebruik het om van Jesus te vertel. In Johannes is Jesus nie net die Een wat ons na GOD toe lei en vir ons soos 'n lig is nie, maar Hy is GOD. (Joh 1:1,8 & 20:28)
7:15 Mag GOD aan my die vermoë gee om te praat soos Hy wil hê en om gedagtes te dink wat pas by wat ek geleer is. Want HY is die gids van Wysheid en die EEN wat die wyse die pad wys.
7:22,23 Ja, Wysheid, wat al hierdie dinge hulle bestaan gegee het, het my geleer. Sy is intelligent, HEILIG, uniek, ........en deurdring alle geeste wat intelligent, rein en terughoudend is.
7:24 Niks kan onder Wysheid uitbeweeg nie. Omdat Sy so rein en suiwer is, dring Sy deur alle dinge.
7:25 Sy is die toonbeeld van die krag van GOD en straal die glorie van die ALMAGTIGE uit. Onreinheid kan dus nie 'n houvas op Haar kry nie.
7:26 Sy is die afstraling van ewige lig, 'n perfekte spieelbeeld van die werk van GOD, 'n beeld van SY goedheid.
7:27 Al is SY NET EEN kan Sy alles doen en nuut maak, howel Sy self nie verander nie. Van geslag tot geslag gaan Sy in Heilige mense in en maak van hulle vriende van GOD en die profete.
7:28 Want GOD het niks anders lief as die mens in wie die Wysheid woon nie.
8:1 Sy strek Haarself magtig uit van die een punt van die aarde na die ander. Sy beheer alle dinge goed.
Hier dink ek dadelik aan die volgende in Gen 1:2
2And the earth was without form, and void; and darkness was upon the face of the deep. And the Spirit of God moved upon the face of the waters.
8:3 Sy doen Haar edele geboorte nog meer eer aan deur by GOD te leef, en GOD van alles het Haar lief.
8:4 Sy ken GOD deeglik en is betrokke by sy werke.
8:13 Sy sal sorg dat ek ontsterflikheid kry.
8:17 .....Saam met Wysheid is daar onsterflikheid.
8:21 Tog het ek besef dat ek nie Wysheid in die hande sou kry as GOD dit nie vir my sou gee nie - dit alleen is al 'n teken van insig om te weet van Wie hierdie gawe kom. Ek het my na GOD gewend en HOM gesmeek en met my hele hart gesê:
Hier raak dit nou baie mooi......
9:1 O, GOD van my vaders, Heer wat goed is ver bo wat ons verdien. U het alles gemaak deur net 'n woord te spreek.
Ek lees niks van vorm uit grond ens. nie??????
9:4 Gee my asseblief die Wysheid wat by U troon sit.
9:9 "Wysheid is by U en weet wat U doen. SY WAS TEENWOORDIG TOE U DIE WERELD GEMAAK HET Wysheid verstaan wat U graag wil sien en wat reg is soos U beveel het.
9:10 Stuur Haar asseblief na my toe uit U Heilige Hemele uit en van die Troon van U glorie af, sodat Sy by my kan wees....
Hier kom die volledige "antwoord" nou:
9:17 Wie sou ooit kon weet wat U dink as U nie die Wysheid gegee het en U Heilige Gees van U af, na ons toe gestuur het nie?
Anje, wonder jy nog?
Groete
Ou Sanna
Bookmarks