Natuurlik is dit so nieuwoudtrl.
Daarom verklaar die Christus in sy gebed tot ons Vader dat die ewige lewe daarin geleë is om God te ken en Jesus die Christus wie hy gestuur het. En daarom lees ons ook verder dat die Christus die middelaar tussen ons en die Vader is.
Sonder die Christus se Nuwe Testament is dit onmoontlik om die koninkryk van die hemele te herken en te beleef. Jesus die Christus is dus die skakel tussen ons en die Vader. Daarom is dit belangrik dat ons onself onderwerp aan die leringe van die Christus en daarvolgens lewe.
Liefde groete.
Die Ou Man
Sonette.
Die antwoord op jou vraag is geleë in die Pentateug (Torah). Ons het reeds aangedui hoe die Pentateug op bedrieglike wyse vervleg, verdraai en aangepas is om die priesters van die tyd te behaag.
Ons het ook reeds onderskei tussen die verhaal van die Jahwehis, die Elohis, die Deuteronómis en die Priesterlike weergawe wat in Babilon vervleg is om 'n nuwe politieke bedeling gedienstig te wees.
Geslagsregisters was ook onderworpe aan hierdie bedrog. By voorbeeld, watter Israelitiese priester sal erken dat hy van Kain afstam wanneer hy die die skrywer van die geslagsregister is?
Liefde groete.
Die Ou Man
Die geslagsregister van Kain is in die Pentateug vervat soos dit deur die Jahwehis beskrywe is in Genesis 4:17-22.
Ons vind die Priesterlike weergawe van die geslagsregister in Genesis 5:3-31 en Genesis 11:10-26.
Die onderstaande tabel vergelyk ooreenstemmende name uit die geslagsregister van die Jahwehis met die geslagsregister uit die Priesterlike weergawe.
Jahwehis Weergawe Priesterlike WeergaweAdam Set Adam (Mens) Enos (Mens) Kain Kenan (Kain) Henog Henog Irad Jered Mehújael Mahalálel Metúsael Metúsalag Lameg Lameg Noag? Noag
Let daarop dat Enos en Adam in Hebreeus dieselfde betekenis het, naamlik: "Mens."
Die logiese gevolgtrekking is dat die Priesterlike bron van die Pentateug die name verander het om 'n sewe-generasie geslagsregister uit te brei na 'n tien-generasie geslagsregister, deur Adam te onderskei van Enos, deur Abel te vervang met Set en Noag die seun van Lameg te maak.
Liefde groete.
Die Ou Man
Uiteindelik is Jahwehisme (Jahweh aanbidding) die godsdiens van die Keniete (Kain se nageslag).
Génesis 4
15 Maar die HERE sę vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.
Jahweh is dus die God van die merk/teken van Kain. Jahweh is ook die beskermheer van Kain en sy nageslag, die Keniete.
Liefde groete.
Die Ou Man
Die Keniete (Kain se nageslag) en hul godsdiens (Jahwehisme) verdwyn van die Bybelse toneel totdat 'n koninklike Egiptiese voortvlugtende moordenaar genaamd Ptah-Moses, opgelei deur die priesters van Ptah, die dogters van 'n Midianitiese priester te hulp snel by 'n veesuiping in die woestyn.
Die Midianitiese priester se dankbaarheid teenoor die Egiptenaar, sou die gang van die godsdiens dramaties verander.
Moses, sou uiteindelik voorgestel word aan Jahweh Seboath (HERE van die leerskare), die oorlogsgod van die suidelike Bedouine. Die God van die Midianiete.
Liefde groete.
Die Ou Man
Uit die bloedlyn van Kain, soos weergegee uit die geslagsregister van Kain (Genesis 4:17-22), word gebore:
- Jetro (Priester van Jahweh en skoonvader van Moses)
- Hobab (Tweede skoonvader van Moses)
- Zipporah (Vrou van Moses)
- Jael wat Sisera met 'n tentpen vermoor het ( Rigters 4:22; 5:24)
Jahwehisme in die Bybelse verhaal, het dus prominensie verkry nadat Moses as voortvlugtige Egiptiese prins deur 'n familie ingeneem is, wat uit die bloedlyn van Kain gebore is.
Liefde groete.
Die Ou Man
Genesis 4 Genesis 5Genesis 11 Mattheus 1 Lukas 3 God Adam Adam Set Set Adam (Mens) Enos (Mens) Enos (Mens) Kain Kenan (Kain) Kenan (Kain) Henog Mahalálel Mehaláleël Irad Jered Jered Mehújael Henog Henog Metúsael Metúsalag Metúsala Lameg Lameg Lameg Noag Noag Noag Sem Sem Arpagsad Arpágsad Kainan Selag Sela Heber Heber Peleg Peleg Rehu Rehu Serug Serug Nahor Nahor Tera Tera Abraham Abraham Abraham Isak Isak Isak Jakob Jakob Juda Juda Peres Peres Hesron Hesron Ram Ram Ammínadab Ammínadab Nagson Nagson Salman Salman Boas Boas Obed Obed Ísai Ísai Dawid Dawid Salomo Natan Rehábeam Máttata Abía Mainan Asa Meléas Jósafat Éljakim Joram Ussia Jonan Jotam Josef Agas Juda Hiskia Símeon Manasse Levi Amon Mattat Josía Jorim Jegónia Eliëser Seáltië Joses Serubbábel Er Abíud Elmódam Éljakim Kosam Asor Addi Sadok Melgi Agim Neríja Elíud Seáltiël Eleásar Serubbábel Mattan Resa Jakob Jóhanan Josef Juda Jesus Josef Sémeď Mattatías Maät Nággai Esli Nahum Amos Mattatías Josef Janna Melgi Levi Mattat Eli Josef Jesus
Sonette.
Die geslagsregisters (wanneer dit langs mekaar geplaas word) skep verdere vrae.
Kom ons volstaan eers by die twee geslagsregisters van die Nuwe Testament.
Die verskil tussen die Mattheus 1 bloedlyn en die Lukas 3 bloedlyn tree in na Dawid.
Ingevolge Mattheus 1 loop die bloedlyn van die Christus deur Dawid se seun, Salomo en ingevolge Lukas 3 is die Christus 'n afstammeling van Dawid se seun, Natan.
Die teenstrydigheid begin dus direk na Dawid. Een van die 2 geslagsregisters is nie die geslagsregister van die Christus nie.
Liefde groete.
Die Ou Man
Bookmarks