Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Page 3 of 3 FirstFirst 1 2 3
Results 21 to 25 of 25

Thread: GeslagsRegister van Jesus

  1. #21
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,397
    Rep Power
    10

    Die Christus word in die Mattheus 1 geslagsregister deur Dawid se seun Salomo gebore na 26 geslagte.

    Die Christus word in die Lukas 3 geslagsregister deur Dawid se seun Natan gebore na 42 geslagte.

    Die die feit dat Lukas 3, 16 meer geslagte as Mattheus 1 oor dieselfde tydperk (Dawid tot Christus) aanbied, is 'n verdere aspek wat die wenkbroue laat lig.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  2. #22

    Dag se Die Ou Man

    Lanklaas gesels maar ek lees daagliks enige nuwe artikels op jul web tuiste.

    Graag wil ek die volgende vra

    Hoekom noem jy Jesus - die Christus - en nie net Christus nie.

    My vraag en jou antwoord sal aansluit as ek mag by verdere gespreke.

    Groete

  3. #23
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,397
    Rep Power
    10

    Goede avond UITLANDER.

    Daar was 'n hele kaboel christusse in die Hebreeuse geskiedenis.

    Die woord "christus" is die vertaling van die Hebreeuse woord "messias" wat in Boertaal verwoord word as "gesalfde".

    Al die Hebreeuse priesters en konings was gesalf en daarom geregtig op die aanspraak van christus/messias.

    Vir my persoonlik was daar baie christusse, maar net een die Christus.

    Vandaar my onderskeid.

    Ek verwelkom jou inset.

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  4. #24

    Dagse Die Ou Man

    Dankie vir die terug voering. So verstaan ek dit ook.

    My vraag was op inleiding van die volgende:

    Jesus het gekom as die Messias of te wel dan die Christus vir ons. Op watter staduim/gesag het dit Sy Naam geword soveel so dat Sy naam Jesus as net ter sake genoem word?

    Verneem graag van jou.

  5. #25
    Member
    Ou Sanna is on a distinguished road
    Ou Sanna's Avatar
    Join Date
    Jan 2009
    Location
    Potchefstroom
    Posts
    77
    Rep Power
    13

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Sonette.

    Die geslagsregisters (wanneer dit langs mekaar geplaas word) skep verdere vrae.

    Kom ons volstaan eers by die twee geslagsregisters van die Nuwe Testament.

    Die verskil tussen die Mattheus 1 bloedlyn en die Lukas 3 bloedlyn tree in na Dawid.

    Ingevolge Mattheus 1 loop die bloedlyn van die Christus deur Dawid se seun, Salomo en ingevolge Lukas 3 is die Christus 'n afstammeling van Dawid se seun, Natan.

    Die teenstrydigheid begin dus direk na Dawid. Een van die 2 geslagsregisters is nie die geslagsregister van die Christus nie.

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    Hi Almal
    Ek lees nou toevallig hierdie "ou" pos en dog ek sal 'n bydrae maak al is dit mostert na die maal.

    Ek dink daar is 'n groter probleem as net dat een van die die 2 geslagsregisters nie die ware geslagsregister van Jesus is nie; dalk is daar fout met albei?
    Hoekom dan so?
    Volg die geslagsregisters tot by:

    Serubbábel

    Volgens die 2 weergawes in Matt en Lukas is dit onderskeidelik:
    1. Abiud
    2. Resa

    Maar nie een van die twee weergawes kan dan korrek wees nie, omdat Serubbabel se seuns die volgende was:

    1. Mesullam
    2. Hananja
    3. Selomit (Suster)
    4. Hasuba
    5. Ohel
    6. Beregja
    7. Hasadja
    8. Jusab-Hesed

    So as die saadlyn dan deur een van hierdie seuns verder voortgebring is, dan is die evangelie skrywer totaal verkeerd?
    Waar kry hulle dan die seuns as: Abiud en Resa?
    Laat mens wonder??

    Groete
    Ou Sanna

+ Reply to Thread

Tags for this Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites