09/05/2009 20:52 - (SA)
Kissinger, Botha bepleit nuwe węreldorde om aarde te red
Marlene Malan
Dr. Henry Kissinger en mnr. Pik Botha
ken mekaar sedert die middel 1970's.
Dié argieffoto is in 1979 geneem toe
Botha minister van buitelandse sake
en Kissinger sy ampsgenoot in
Amerika was.
Kaapstad
Hulle het in dieselfde jare onstuimige tye beleef om vrede tussen nasies te bewerkstellig.
En nou is dié twee wyses dit eens: ’n Nuwe węreldorde en węreldbeskouing is nodig om die aarde te red, want die mensdom staan by ’n kruispad vir oorlewing.
Dis die trant van die briefwisseling tusen mnr. Pik Botha (77), voormalige minister van buitelandse sake, en sy Amerikaanse ampsgenoot van die 1970’s, dr. Henry Kissinger (84).
Botha het aan Kissinger geskryf nadat ’n artikel van die Amerikaner onlangs in The Economist verskyn het.
In sy brief versoek hy Kissinger om “die kwantumsprong te gee”. Hy stel voor dat ’n liggaam op die been gebring word met die mag om regeringsoptrede węreldwyd te reguleer. Die hooffokus moet wees om klimaatsverandering en die uitwissing van natuurlike hulpbronne te keer.
Dié liggaam, stel Botha voor, kan die Earth Rescue Council (Erco) genoem word.
“Ons praat baie oor dié dinge, maar doen eintlik niks. Die mensdom is op die rand van uitwissing,” het Botha aan Rapport gesę.
Kissinger, wat as nasionale veiligheidsraadgewer en minister van buitelandse sake onder press. Richard Nixon en Gerald Ford gedien het, is deesdae ’n aktivis vir ’n nuwe węreldbeskouing.
Botha en Kissinger het mekaar in die laat 1970’s leer ken toe Botha ambassadeur in Amerika was.
Kissinger sę Amerika moet nuut oor ander lande dink, nuut oor kapitalisme dink en die reuse-gaping tussen hom en ander, minder magtige lande verklein.
Botha stem saam: “Nasies sal hul egoďstiese gulsigheid ter wille van oorlewing moet prysgee. Ons planeet se beperkte natuurlike hulpbronne is deel van die rede vir die klimaatsverandering.”
Hulle is dit eens dat die mensdom, wat voorheen net oor konflik tussen nasies gedink het, nou gewikkel is in ’n stryd van veel groter omvang.
Dié nuwe “oorlog” is teen klimaatsverandering en aardverhitting, omgewingsverwaarlosing en die vernietigende krag van kernwapens.
Veral Afrika steier nie net onder konflik tussen nasies wat die vrede en stabiliteit van die vasteland versteur nie, maar ook onder omgewingsvernietiging en die onregverdige uitbuiting van sy natuurlike hulpbronne, skryf Botha aan Kissinger.
“Dit terwyl Amerika en Europa, met minder as 15% van die węreldbevolking, die grootste deel van die węreld se natuurlike hulpbronne verbruik. Ryk lande sal hul lewenstandaard weer in oënskou moet neem. Ek glo die dae van vryemarkkragte is verby en dat ’n regverdige regulering van kapitaalbeleggings, produksie en verbruik in werking gestel sal moet word.
“Miskien is dit die verdwyning van die spesie homo sapiens wat die węreld nodig het vir oorlewing. Ons staan by potensieel die grootste historiese en dalk noodlottige kruispad in die mens se bestaan.”
Hierop antwoord Kissinger: “Ons twee het saam onstuimige tye beleef, maar die uitdagings wat die węreld vandag in die gesig staar, is baie groter as die krisisse waarmee ek en jy te doen gehad het. ’n Nuwe soort leierskap is nodig.
“Ek voel gevlei deur jou voorstel dat ek die kapasiteit het om so ’n kwantumsprong te gee. Maar dis ’n taak vir die generasie wat die taal van tegnologie, wetenskap en węreldekonomie praat.
“In vandag se terme is ek ’n dinosourus. Ek vind vele lesse in die geskiedenis. Ek glo aan die reëls van beskaafdheid, maar ek vermoed my woorde bereik min van dié wat die reuse-uitdagings van die mensdom moet pak.”
Groetnis
Carel






Reply With Quote



Bookmarks