Wendag - Debating Christianity and Religion Forum
-
16th February 2007 13:39
#1
Hallo almal ......
Toe ek die eerste keer van die Witboek gehoor het het ek gewonder waar dit nou by Die Bybel in pas? Na ek Die Witboek gelees het het ek besef dat dit glad nie soos 'n Bybel gesien moet word nie maar dat die een nie gelees kan word sonder die ander nie........ So in totaal vul die Witboek die Bybel aan en laat ons dit beter verstaan....
Ek sal graag wil hoor hoe julle daaroor voel en dink.
Groete
-
-
Hallo Jaco,
Goed om met jou hier te kan gesels... Ja dis duidelik dat Die Witboek deure of dalkies werelde oopmaak, of hoe? dinge wat ek al vir jare in die Bybel raakgesien het, kom nou duidelik na vore, wonderlike nuus en maak my soos 'n kind voel... opreg nederig en vol verwondering!
Welkom hier, ons is klaar tuis...
groetnis
knipmes
-
-
Dankie Knipmes lekker om van jou te hoor....
Weet jy 'n groot deurbraak in my geestelike lewe het gevolg na ek die Witboek ontdek het. Van die eerste bladsy af het ek geweet dit is wat ek gesoek het die aanvulling van my denke as ek dit so kan uit druk. Die antwoorde op my vrae wat die kerk nooit kon antwoord nie.
Hier gaan ons lekker gesels.
Groete
-
-
Jaco,
Die ander aand op E-tv wys hulle dat met die groot teleskoop in Mexico, het hulle op n planeet afgekom wat 20 ligjare van ons af is, wat volgens die kenners wel lewegewend met water ensomeer kan wees. Dalk is daar wel beskawing daarop... Die nadeel is dat tans met ons vinnigste ruimtetuig sal dit ons so 6500 jaar neem om dit te bereik. Met n teleskoop sien ons dit, maar fisies nie moontlik om te reis nie.
Dit laat my toe wonder, want as Witboeker, is dit duidelik dat dit wel na vore sal kom soos nou gebeur. Ongelooflik, of hoe? Onwillikeurig is die vraag egter of ons wel eendag nie-fisies daarheen kan reis? Dalkies nie ontmoontlik nie ne?? ek sien uit na so n reis...
groetnis
knipmes
-
-
Guest
Die vrae wat ek het is sos alle ander.
ek het ook gelees dat die father king se die bybel is uit konteks, of oorvertaal verkeerd of mee getamper, die bybel se die witboek is mee getamper of soos somige se n leun, hoe find jy die waarheid dan, as mens dse die bybel is deur n mens geskryf wat deur die gees van God gelei is en die witboek is ook dan is daar n probleem die een stem nie saam met die ander een nie? maar tog is altwee duer die gees "inspired", kyk ek wil nie snaaks wees nie ek vra op reg vra wat my tyster.
Ek het n n hele klomp draie in my lewe geloop met geloof en ander goed en die een ding wat uitstaan is dit nie enege ander geloof het n "God" wat hulle lief het en vergewe nie al die ander "gode" straf en vervloek, as dit wat christenskap so uniek maak.... N god wat ons lief het en niks meer van ons vra as ons liefde nie, ander gelowe is wel so bietjie erg kan ek se die een god soek dat jy jou self moet seer maak die ander se jy moet elke uur bid die ander een se jy moet dit en dit doen voor jy verlos waord maar in christen skap is daar net een gebod wat bo die ander uit staan en net met dit is jy "gesave".
Daar is een ding wat ek wel weet is dit satan (Satanaku) ken die bybel net so goed soos ek en jy dalk nog beter, nou die punt van satanaku is hy nou weer in die hemel ek bedoel die laaste hoofstuk of so se hy het repent ien is terug in die hemel onder die vader se vlerk, is dit so ? of het ek dit verkeerd verstaan.
Wat ek ook verstaan is dat die sonde nie sin is soos ek dit verstaan nie maar die gehoor aan eie wil?
dit voel vir my asof die witboek geskryf is volgens nie die bybel maar die bybel net plek plek gebruik om sy "waarheid" te staaf maar die res wat sy waarheid sal tot leun verklaar verwerp, Die bybel self is al oor en oor bewys! weetenskaplikes het al oor en oor bewys dat die bybel gegrond is op die waarheid.
Ek lig net my meening ek mag verkeerd wees en is hier om te leer,
Dankie

Originally Posted by
banksie
ek het ook gelees dat die father king se die bybel is uit konteks, of oorvertaal verkeerd of mee getamper, die bybel se die witboek is mee getamper of soos somige se n leun, hoe find jy die waarheid dan, as mens dse die bybel is deur n mens geskryf wat deur die gees van God gelei is en die witboek is ook dan is daar n probleem die een stem nie saam met die ander een nie? maar tog is altwee duer die gees "inspired", kyk ek wil nie snaaks wees nie ek vra op reg vra wat my tyster.
Hello Banksie
Lekker om jou hier by ons te hê... Ek is jammer dat ek nie so gereeld kan reageer op alle vrae nie, maar ek is bietjie besig aan my kant...
Ons kan nie weg redeneer dat die Bybel al male sonder tal vertaal is nie... Dat daar baie bedrog met vertalings, samestelling ensomeer plaasgevind het, kan ook nie wegredeneer word nie... Al hierdie is feite, hulle is alweer besig om die Afrikaanse Bybel te vertaal so gaan ons nou so dwaas wees om te sê dat hierdie "vertalings/verdraaiings" net nou plaasvind? Wie het die Bybel saamgestel en wie het bepaal watter boeke moet ingesluit word en watter nie... Glo my ek plaas baie van my vertroue, asook geloof op die Bybel, maar ek mag ook nie dwaas optree nie.
As jy nie die ooreenkoms tussen die Bybel en die Witboek sien nie, dan weet ek regtig nie wat om aan jou te sê nie... Om maar net een voorbeeld te noem is die kruisiging... Is dit nie hieroor waaroor einlik die sentrale tema in die Christelike geloof draai nie? Ons probeer tog nie iemand bekeer deur hom van Simson en Delila te vertel nie! Gaan dink mooi wat is die sentrale tema van Christenskap en dan begin jy daar, want tog behoort dit daar te wees waar jou redding lê al dan nie!
Soos ek al soveel male gevra het, hoekom is Jesus se eie werke nie in die Bybel ingesluit nie... Hoekom is werke van Maria Magdalena nie ingesluit nie? Hoekom verander ons Bybel nie nou met die opgrawing van die Dooie See Rolle en ander inligting wat na vore kom nie?
Ek kan so aangaan, maar die eintlike punt wat ek wil maak is dat die boek waarvan ek weet wat die minste moontlike bedrog mee kon plaasgevind het, asook in detail die Skeppingsverhaal aan my verduidelik, asook die sondeval en hoe die hemele daar uitsien, hoe kan dit 'n boek wees wat ek net kan verwerp? Praat die boek oor die hel of hoe my padkaart na die hel loop? Nee, hierdie boek vertel my waar ek vandaan kom, hoekom ek hier is, hoekom gebeur wat met my gebeur en waarheen ek oppad is (of behoort te wees) en ook hoe ek weer eendag my weg gaan terugvind na my Moeder en my Vader!
Gaan kyk na die intensie van enige ding of boek op Aarde en jy sal die eintlike doel vir daardie spesifieke werk kry... Nou, soos ek my Witboek verstaan, is dit hoe ek moet handel en optree om terug te kom by my hemelse Ouers... Hoe gaan hierdie boek my in die verderf laat beland?
Ek hoop bogenoemde maak sin.
Groetnis
Dié Boer

Originally Posted by
banksie
Ek het n n hele klomp draie in my lewe geloop met geloof en ander goed en die een ding wat uitstaan is dit nie enege ander geloof het n "God" wat hulle lief het en vergewe nie al die ander "gode" straf en vervloek, as dit wat christenskap so uniek maak.... N god wat ons lief het en niks meer van ons vra as ons liefde nie, ander gelowe is wel so bietjie erg kan ek se die een god soek dat jy jou self moet seer maak die ander se jy moet elke uur bid die ander een se jy moet dit en dit doen voor jy verlos waord maar in christen skap is daar net een gebod wat bo die ander uit staan en net met dit is jy "gesave".
Hello Banksie
Hierdie is juis my punt... Jy kan vergifnis ontvang, my Vader en Moeder het my ongelooflik lief... As jy die teendeel uit die Witboek gekry het, dan moet ek sê jy moet dit maar weer lees...
Ek lees in die Bybel hoe ek gestraf gaan word, dat my God 'n jaloerse God is, en dat enige dominee of mens wat fundamenteel van my verskil my summier hel toe stuur... Vra maar aan die mense wat die Witboek ken en daaroor praat hoeveel keer hulle al hel toe gestuur is! En die mense matig hulle aan, want hulle geloof en/of Bybel gee hulle die reg om dit te doen...
Daar sal nie 'n geloof bestaan het op aarde sonder Satan nie, want waarmee maak ek jou bang? Wat gebruik ek om op jou gevoelens te speel?
Die Witboek is die Evangelie van eenvoud... Die Witboek is die Evangelie van liefde... Die Witboek vertel my hoe om te leef... Die Witboek vertel my hoe om my Bybel te verstaan... Die Witboek gebruik nie enige vrees middels of enige donker of duister karakters om jou "oor te wen" na hulle kant nie... Dit weerspieël net die ongelooflikste hoeveelheid liefde wat my Ouers aan my betoon, en dat dit my keuse is of ek my eendag weer saam met Hulle in Hulle huis gaan wees!
Hoe kan hierdie my in die verderf kry?
Groetnis
Dié Boer

Originally Posted by
banksie
Daar is een ding wat ek wel weet is dit satan (Satanaku) ken die bybel net so goed soos ek en jy dalk nog beter, nou die punt van satanaku is hy nou weer in die hemel ek bedoel die laaste hoofstuk of so se hy het repent ien is terug in die hemel onder die vader se vlerk, is dit so ? of het ek dit verkeerd verstaan.
Wat ek ook verstaan is dat die sonde nie sin is soos ek dit verstaan nie maar die gehoor aan eie wil?
Hello Banksie
Dit is korrek dat die Satan tot bekering gekom het... Die Bybel praat ook tog van die 1,000 jarige vrederyk... God het tog Satan gemaak, dit beteken mos dat God die Vader van Satan is, asook dat Satan 'n kind van God is... Hoekom sal 'n Ouer 'n kind vir ewig die verderf instuur?
Mat 18:12 Wat dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle verdwaal, sal hy nie die nege en negentig laat staan en op die berge die verdwaalde een gaan soek nie?
Almal verwag vergifnis, preek vergifnis en dit is juis die sentrale tema van Christen wees, maar o wee, dit is net beperk tot 'n uitverkose paar individue! As jy nie in hierdie kerk is, of presies so glo of so gedoop word nie, dan sal jy jouself in die hel bevind...
Hoekom mag net sekere siele/geeste gered word, maar 'n kind van God mag nie gered word nie? Hoe is dit moontlik? Gaan jy eerder 'n kind in jou huis neem, maar jou kind verwerp wat jou jare gelede verwerp het?
Nie een van ons op aarde kan sê ons staan met die sleutels van of die hemel of die hel in ons hande nie, maar tog is dit wat die kerke verkondig! Ongelooflik!
Om jou tweede vraag te antwoord, is dit in kort ja... Jou vrye wil oordeel jou... Jou dade oordeel jou... Dit is mos voor die handliggend! Wie sondig dan in jou plek? Jy doen verkeerde dade as gevolg van die gebruik/misbruik van jou vrye wil, wie anders wil jy die skuld gee?
Groetnis
Dié Boer

Originally Posted by
banksie
dit voel vir my asof die witboek geskryf is volgens nie die bybel maar die bybel net plek plek gebruik om sy "waarheid" te staaf maar die res wat sy waarheid sal tot leun verklaar verwerp, Die bybel self is al oor en oor bewys! weetenskaplikes het al oor en oor bewys dat die bybel gegrond is op die waarheid.
Hello Banksie
As jy nie bereid is om na bogenoemde stelling met 'n oop gemoed te kyk nie, help dit nie eers ons redeneer verder nie!
Wat is nou waar?
"Mat 28:1 En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.
Mat 28:10 En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien."
Volgens Mattheus het Jesus eerste verskyn na Sy opstanding aan Maria Magdalena en ander Maria.
"Mar 16:9 En nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdaléna, uit wie Hy sewe duiwels uitgedryf het."
Volgens Markus het Jesus eerste verskyn na Sy opstanding aan Maria Magdalena. Let wel, net Maria Magdalena!
"Luk 24:15 En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam."
Volgens Lukas het Jesus eerste verskyn na Sy opstanding aan die Emmausgangers.
Kom nou Banksie, ek het nie 'n Wetenskaplike nodig om my te vertel dat hier 'n slang in die gras is nie! Die Bybel is vol van hierdie teenstellings!
Wat weet 'n Wetenskaplike in elk geval van geloofsake af, of gaan ons nou Wetenskaplikes as Dominees kry? Ek regtig nie hulle maak die Dominees Wetenskaplikes nie, want dan het ons groot moeilikheid!
Groetnis
Dié Boer

Originally Posted by
banksie
weer een dankie die stuk oor Manu is vir my snaaks dat die witboek en die Hare Krishna boek die selfde naam gebruik vir noah!
Hello Banksie
Jy kan tog nie sê omdat daar 'n naam ooreenkom, dan is dit dieselfde werk nie en stem ooreen nie! As die naam Johannes in 'n Satanswerk voorkom, beteken dit nou dat jy na die Bybel kyk met dieselfde oë en bril?
Verder met vertalings, wie sê vir jou dat dit nie die oorspronklike naam was nie? Net soos wat Johannes en John hemelsbreed verskil! Wonder wat dit oor 2 000 jaat gaan wees... Miskien word nie meer een van hierdie tale op aarde gepraat nie, dan moet dit verseker hernoem word!
Groetnis
Dié Boer
Bookmarks