
Originally Posted by
Vicky
Wanneer daar gesê word 'n kind is "in sonde gebore" - beteken dit hy is sondaar gebore, of in 'n wêreld vol sonde gebore?
Dawid sê in Psalm 51:
Psa 51:5 (51:7) Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

Originally Posted by
Carel van Heerden
Die nuwe vertaling laat ‘n mens eintlik meer spekuleer oor wat nou regtig bedoel word. Soos dit daar staan beteken dit onomwonde dat ‘n mens al ‘n sondaar is toe jy gebore is. Meer nog, die sonde kon jou al besmet het met konsepsie.
....wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
Petrus gee die volgende woorde:Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.
Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.
Daarom sal ek nie nalaat om julle altyd hieraan te herinner nie, alhoewel julle dit weet en vasstaan in die waarheid wat by julle is.
En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek, omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het.
Reïnkarnasie of sielsverhuising
Die leer van die reïnkarnasie was gedurende die tyd van Jesus algemeen bekend, en ook gedurende die Middeleeue ook by Joodse en Christelike groepe.
Plato het ook reeds gemeen dat God al die siele in een oomblik geskape het. Wat deur reïnkarnasie weer terugkom om verskeie lewens op aarde te deurgaan om te leer.
Daarom moet 'n siel in baie liggame gehuisves word voordat hy die hoogste graad van sedelike ontwikkeling kan bereik. By sy intrede in die liggaam is die siel absoluut rein, sonder sonde. Gedurende die aardse lewe vanweë die swakheid in die liggaam en die versoeking deur die persoon se eie keuses, word die siel gaandeweg aangetas.
Met daaropvolgende reinkarnasies dra die siel sy laste van vorige lewens se karma of laste, deur reïnkarnasie kan die siele gereinig word.
"Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang."
Die gees van die mens verwys na die asem/lewenskrag in hom. Hierdie asem / lewenskrag keer terug tot God wanneer ons sterf (Prediker 12:7). Ons sal elkeen geoordeel word op grond van ons eie werke (2 Korinthiërs 5:10). Selfs in die derde en vierde reïnkarnasie.
"...wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag."
Indien ons aksies en karakter afhanklik is van iemand anders se karakter, maak dit die konsep van God wat oordeel en beloon (Openbaring 22:12), 'n totale klug.
In dié dae sal hulle nie meer sê nie: Die vaders het groen druiwe geëet, en die tande van die kinders het stomp geword. Maar elkeen sal weens sy eie ongeregtigheid sterwe; elke mens wat die groen druiwe eet, sy tande sal stomp word.
Bookmarks