Wendag - Debating Christianity and Religion Forum
-
14th October 2009 07:50
#1
Die kerk is nie ’n debatvereniging nie
deur Ds. Gawie Wolmarans
Die Afrikaanse kerke en gelowiges is al te lank onderwerp aan beledigings en kleinering in die openbaar.
By die Engelse geloofsgemeenskap kry ’n mens dit nie.
Vir gelowiges is die Bybel God se openbaring en die enigste kernbron van sy geloof. Die kernboodskap van die evangelie is: Die werklikheid van ons Hemelse Vader, die werklikheid van die Ewige Lewe, die werklikheid van reg en verkeerd, die werklikheid van God se liefde en genade, regverdigheid én oordeel, die werklikheid van Jesus as die fisiese Seun van God, gebore uit die maagd Maria, wat gekruisig is en weer lewend geword het.
Dit is deel van die kerk se belydenis bykans 2000 jaar lank.
Wie nie hiermee kan of wil saamgaan nie, het géén geboortereg om in die (Afrikaanse) kerke aan te bly en verdeeldheid te veroorsaak nie.
Eerder as om te skuil agter intellektuele of akademiese integriteit of om die kerk bang te maak met die post-moderne mens...kry vir jou ’n seepkissie op ’n ander plek.
Wanneer jy jou ongeloof in die openbaar uitbasuin, het jy lankal nie meer ’n geloofsworsteling nie: Jy het rééds gekies om ongelowig te wees.
Die kerk is nie ’n debatvereniging nie, maar ’n geloofstuiste vir mense wat naby God wil leef. Gun dan hierdie geloofsruimte vir gelowiges.
Uit Beeld dd 2009-10-07
-
-
14th October 2009 08:04
#2
Eerder as om te skuil agter intellektuele of akademiese integriteit of om die kerk bang te maak met die post-moderne mens...kry vir jou ’n seepkissie op ’n ander plek.
Gawie Wolmarans se mond is groot vir 'n skepsel wat Sondae namens 'n kerk optree wat bely het dat hulle hul onskuldige lidmate vir 40 jaar mislei het, deur 'n sondige ideologie aan hulle te verkondig.
Daardie selferkende misleiding is juis vanaf die kerklike seepkissie gepredik.
Dit is hoog tyd dat die kerk en al sy doktrines vreesloos onder die vergrootglas geplaas word.
Te lank was dit eenrigting verkeer vanaf die preekstoel na die gemeente.
Die preekstoel sal moet antwoord, ou Gawie.
-
-
27th October 2009 05:21
#3

Originally Posted by
Die Ou Man
Vir gelowiges is die Bybel God se openbaring en die enigste kernbron van sy geloof.
Wie nie hiermee kan of wil saamgaan nie, het géén geboortereg om in die (Afrikaanse) kerke aan te bly en verdeeldheid te veroorsaak nie.
Dis nou tipiese gesplete tong spraak. Gawie stel sy eie aangeleerde geloofsoordele as voorwaarde vir alle gelowiges en ongelukkig sal slaafse navolgers van die tipe boekverstokte godsdiens alles wat hy kwytraak glo.
My eie geloofsoortuigings of dan eerder wereldbeskouing kan geheel onafhanklik van die Bybel of enige ander boeke staande bly maar word nogtans onderskraag deur meeste van die skrywers in die versameling boeke wat die kernbron van Gawie se geloof is. Neem sy boeke van hom af weg en sy geloof beteken ziltsh. Ek dink dit is tragies maar nou ja, Gawie en kie sal seker ook dink my standpunt is tragies. Die boek en die kerk het nou sommer God self geword in die mense se lewens.
Gelukkig behoort nie ek of God aan enige kerk nie.
-
-
31st October 2009 19:41
#4

Originally Posted by
Manwë
Gelukkig behoort nie ek of God aan enige kerk nie.
...praat Jy!!
groetnis
knipmes
-
-

Originally Posted by
Die Ou Man
Gawie Wolmarans se mond is groot vir 'n skepsel wat Sondae namens 'n kerk optree wat bely het dat hulle hul onskuldige lidmate vir 40 jaar mislei het, deur 'n sondige ideologie aan hulle te verkondig.
Daardie selferkende misleiding is juis vanaf die kerklike seepkissie gepredik.
Dit is hoog tyd dat die kerk en al sy doktrines vreesloos onder die vergrootglas geplaas word.
Te lank was dit eenrigting verkeer vanaf die preekstoel na die gemeente.
Die preekstoel sal moet antwoord, ou Gawie.
Hulle is so gewoond om van die kansel alles te sê wat hulle wil en niemand mag daar antwoord of iets terug praat nie dat hulle eiewaan gekrenk word as iemand durf om hom aan te vat want die rakkertjies is mos nie daaraan gewoond om in die bek geruk te word nie. Ek dink hulle sukkel om hulself so te verlaag om in 'n debat betrokke te raak. In ons vorige lewe (as kerkmense) is my vrou by geleentheid versoek om die kerkraads vergadering te verlaat want hoogere dominee het gereken sy temteer hom toe sy hom teregwys op 'n verkeerde aanhaling uit die Bybel. Sy het later verskoning gevra - tot nou nog niks van sy kant nie. Ons leef nou in vertroue in ons "huiskerk", hy is medies ongekik met depressie. Wie was reg. As die kerke debat kon voer met die gewone lidmate (nie die aan die halsband geleide kerkraad) sou hulle sekerlik al teen die tyd geweet het hoekom hulle so sukkel om die geldkoffers en kerke vol te hou. Die wat nog daar is!
-
-
Ja-nee ou Kobus as dit maar n debatsvereniging was sou ek waarskynlik belangestel het om weer aan te sluit!
-
Similar Threads
-
By Die Ou Man in forum Artikels uit die media
Replies: 3
Last Post: 7th April 2012, 16:44
-
By Stefanus in forum Artikels uit die media
Replies: 2
Last Post: 8th December 2009, 08:08
-
By Die Ou Man in forum Witboek
Replies: 0
Last Post: 22nd May 2009, 12:28
Posting Permissions
- You may not post new threads
- You may not post replies
- You may not post attachments
- You may not edit your posts
Forum Rules
Bookmarks