Goeienaand aan almal betrokke by Wendag forum,
Ek het baie inligting op hierdie webwerf se forum, en veral met debatte - gekry, wat soos u kan aflei, betrekking het op - op my soeke na die " Waarheid " wat God, die bybel, geloof ens. ens. aanbetref. Daar is net so baie skrywes, en my tyd op die rekenaar is beperk, dat ek nie by al die honderde poste en drade kan uitkom met my leringe nie.
Daarom sal ek dit hoog op prys stel as u geduldig met my baie vrae (as leek) sal wees en my sal help om by die regte poste en drade uit te kom om te kan lees, sodat ek die antwoorde kan vind op al hierdie hoekoms, wat van, maar hoe dan nou en waaroms wat ek het. Die internet het 'n legio van forums en inligting daaroor en glo my, ek het letterlik honderde al besoek en deurgelees. My keuse het op Wendag geval omdat ek hier 'n orde gevind het wat defnitief nie by ander forums is nie en ek stel nie belang in 'n moddergooiery, skoorsoekerigheid of bespotting nie, soos ek al van gelees het op ander "kletshoekies" nie. Ek sal eerlik en opreg wees in my vrae op hierdie forum en sal u eerlikheid waardeer met u terugvoering.
Ek nooi u almal dus hartlik uit om my te help met hierdie soeke na " wat is die waarheid " en groot asseblief u kennis, leringe en sieninge met my te deel. Enige kritiek wat u dan ook mag/sal he, sal ek as opbouende kritiek van u kant af aanneem. Op hierdie stadium weet ek nie wat ek glo, of moet glo nie.
U sal uit my vrae kan aflei waarom ek hierdie stelling maak en vra u as gelowiges, ongeag wat/hoe, in wie - u glo - om asseblief geduld te betoon teenoor my as leerling wat 'n opregte hunkering het na 'n Vader wat ek van nader wil leer ken, soos u Hom elkeen ken.
By voorbaat dank.
Groete en aangename aand.:ahand_sos:




Reply With Quote











Bookmarks