Openbaring van Adam en Eva
Genesis 2 vers 17 se die skepper vir die mense “Maar van die boom van die kennis van die goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie; want die dag as jy daarvan eet , sal jy sekerlik sterwe”.
Nou, ons almal weet dit was nie ‘n fisiese boom nie dit was geestelik bedoel.
Die boom is my Vader en die vrug waarvan Eva geëet het is die woorde van my Vader. Daarna het sy die vrug aan Adam geoffer en ook Adam het geëet en versadig geword. Hy het vir hulle ook vertel, net soos vir my wat die waarheid is, en hulle het gesien dat dit geen leun is nie.
Ek vertel aan julle per slot van rekening geen leuns nie. Ek soek ook nie meer veskonings vir alles wat hier verkeerd is nie. Ek sien dit presies soos dit is. Wreed en lelik, wat die waarheid is.
Verder in Genesis 3 vers 5 se die skepper se woorde “maar God(skepper) weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos god sal wees deur goed en kwaad te ken. Vers 6 sê “toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë is ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te kry. En sy neem van die vrugte en sy eet en gee ook aan haar man en hy het geëet.
Daarna het altwee se oë oopgegaan en hulle het die kennis gehad van wat goed is en van wat kwaad is.
Presies soos ek vandag, ek kan sien dat dinge nie hier reg is nie. Daar is baie ander wat dit ook kan sien hulle swyg net. Maar dit het tyd geword dat daar nie meer geswyg word nie maar dat ons ons ‘n eenheid sal vorm en saam sal staan en veg vir ons Vryheid.
Groete
Die Vrou…




Reply With Quote





