Wendag - Debating Christianity and Religion Forum
-
Ons ken algar die kruisigings verhaal waar Jesus aan die misdadiger gese het:
Voorwaar Ek se vir jou vandag sal jy saam met my in die Paradys wees
Bg. aanhaling het al heelwat twyfel gesaai oor die vorm van hierdie Paradys. Anders as die kerk se Heidelbergse leer wat my wil wysmaak dat Jesus "ter helle neergedaal het" moet daar erens 'n Paradys van God wees waar sulke uitverkore siele vertoef.
In IIKOR 12 skryf Paulus die volgende:
2Ek weet van 'n man in Christus, veertien jaar gelede -- of dit in die liggaam was, weet ek nie, of buite die liggaam, weet ek nie, God weet dit -- dat so iemand weggeruk is tot in die derde hemel.
3En ek weet van so 'n man -- of dit in die liggaam of buite die liggaam was, weet ek nie, God weet dit --
dat hy weggeruk is in die Paradys en onuitspreeklike woorde gehoor het wat 'n mens nie mag uitspreek nie.
Hier is twee Hemelliggame ter sprake 'n Derde Hemel en die Paradys
Christus het eers veertig dae na die opstanding opgevaar na die Vader, dit is dus duidelik dat die Paradys en die woning van God twee verskillende entiteite is.
-
-
Die kantaantekeninge in die Staatenvertaling gee die volgende beskrywing van die Derde Hemel:
in de woonplaetse der Engelen ende heyliger zielen, die hy vers 4. het Paradijs naemt, by gelijckenisse genomen van het aerdtsche Paradijs. Siet Luc. 23.43. Apoc. 2.7. De oorsake waerom dit de derde hemel genaemt wordt, is, om dat de lucht de eerste hemel gerekent wordt, de sichtbare hemelen daer de sterren in zijn, de tweede, ende de hemel boven alle die hemelen de derde.
Hier is lug en sterre twee simbole wat geassosieer word met die eerste en tweede(sigbare/tasbare) hemelruimtes. Die derde is die woonplek van Engele en Heilige siele.
Soos reeds vermeld is ons nog nie by die Woning van God nie.
-
Similar Threads
-
By Stefanus in forum Artikels uit die media
Replies: 6
Last Post: 22nd July 2008, 19:09
-
By Die Ou Man in forum Boervolk Teologie:
Replies: 17
Last Post: 3rd May 2008, 18:29
Posting Permissions
- You may not post new threads
- You may not post replies
- You may not post attachments
- You may not edit your posts
Forum Rules
Bookmarks