
Originally Posted by
Jann Schlebusch
Wat die ou man nie begryp nie, is dat JHWH, ons Vader, almagtig is en dat Hy alles in sy raadsplan bepaal. Satan kan hom nie roer sonder dat hy die mag van God af ontvang nie. Dus kon hulle Jesus nie doodmaak as dit nie in ewigheid reeds in die raadsplan opgeneem is nie (vgl Luk 22:22). God (JHWH) openbaar Hom as die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Hy bly egter een, ondeelbare God.Hoewel Hy ander gode aan ander volke gegee het , is Hy sonder twyfel die almagtige God voor wie elke knie sal buig. As Hy sê Israel is sy deel, bedoel hy nie Hy het dit van iemand ontvang nie, Hy bedoel dit is die deel wat Hy vir homself uitverkies het. Ek is bevrees dat, as u meen dat daar 'n ander wese bo JHWH is, aanbid ons nie dieselfde God nie.
Jann Schlebusch.
Ons stem oor die volgende saam:
- Jahweh is die God van Israel en nie die God van alle volke op aarde nie. (Terloops ek en die volk waaraan ek behoort is nie Israeliete nie.)
- Nie-Israeliete het "ander gode" gekry.
Kom ons toets jou stelling aan die hand van die Bybel.
Ek is bevrees dat, as u meen dat daar 'n ander wese bo JHWH is, aanbid ons nie dieselfde God nie.
Jy erken die bestaan van ander gode en dit is ook in die Bybel so aangeteken. Jou beswaar het te make met die posisie van Jahweh in die rangorde van die ander gode waarna jy verwys.
Volgens tradisie opgeneem in die lied van Moses, het Jahweh die Israeliete van El (Allerhoogste) as 'n
afgemete deel ontvang.
Die Lied van Moses is redelik duidelik aangaande die HERE/Jahweh se posisie in die Goddelike Vergadering. (Divine Council).
Deuteronómium 32
7 Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê.
8 Toe die Allerhoogste aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.
9 Want die HERE se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel.
Boek van Herinnering.
7 : Dink aan die dae van die ou tyd, let op die jare, van geslag tot geslag; vra jou vader, dat hy jou dit bekend maak; die ou mense, dat hulle jou dit sê.
8 : Toe die Hoogste El die Erfdeel van die nasies geskei het van die seuns van adamiete en die grense van die volke vasgestel het volgens die getal van die seuns van JisraEl.
9 : Want JaHWeH se deel is Sy volk, Jakob is Sy afgemete Erfdeel.
Die Allerhoogste (Hoogste El) doen 'n indeling van die nasies.
Die HERE/Jahweh ontvang slegs 'n deel. Daardie deel is Israel.
In hierdie gedeelte word die Allerhoogste en die HERE as afsonderlike entiteite aangedui.
Die Allerhoogste is die deler en die HERE een van die ontvangers.
Dit is al sedert die jaar 2 vC bekend dat vers 8 verwys na die seuns van God en nie na die seuns van Israel nie.
Die "seuns van Israel" weergawe kom voor in die Hebreeuse Masoret teks terwyl die Griekse Septuagint (LXX) weergawe verwys na die "seuns van God".
Hierdie dispuut is opgeklaar met die ontdekking van die Dooie See Rolle. Dit lui soos volg:
"according to the sons of El"
Die oorspronklike teks sal dan so klink in Afrikaans:
8 Toe die Allerhoogste (El) aan die nasies 'n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die Seuns van El.
9 Want die YHWH se deel is sy volk, Jakob is sy afgemete erfdeel.
Bron
Jahweh is dus ondergeskik aan El en volgens die Israeliete is hy beskou as een van die seuns van El.
History and Tradition in Early Israel offers a reconstruction of Israelite tradition based upon a new master paradigm. It is built upon the observation that El and Yahweh were different Gods, belonging to two religions and venerated by two peoples living in different regions of Palestine (Israel and Judah)
The northern tribes were originally called Jacob after their Aramean patriarch. They worshipped the high god El and took him as their namesake deity with their adoption of the new corporate name, Israel ("El rules"). Their neighbors to the south were Hebrews who worshipped the Bedouin war god Yahweh Sabaoth who inhabited the desert regions of Edom, Midian and Sinai.
The distinctiveness of the two groups was purposely obscured by various mechanisms intended to unite them under a new collective identity.
Dr L M Barré
Bookmarks