Pionier, jou uiteensetting is die realistiese siening. Dit beteken dat jy die volgende stelling as leuen beskou:
EN die HERE het met Moses en Aäron gespreek en aan hulle gesê:
(Levítikus11:1)
Indien jy dit nie as 'n leuen beskou nie en aanvaar dat die opdragte wel van Jahweh kom, is hy in stryd met die Vader se natuurwette, soos jy tereg uitwys.
Dan moet ons algar onderskei tussen die ware Jahweh wat oor die Israeliete aangestel is en die Jahweh wat die priesters hom voor uitmaak, want daar is 'n drastiese verskil. Nog 'n voorbeeld is die bloedrituele van Levítikus wat klink soos 'n bloudruk vir satanisme. Die Jahweh van Jeremia ontken dat hy daardie opdragte gegee het.
Want Ek het met julle vaders, op die dag dat Ek hulle uit Egipteland uitgelei het, nie gespreek nie en hulle geen bevel gegee in verband met brandoffer of slagoffer nie. (Jeremia 7:22)
Let ook op die volgende stelling van Jahweh:
En die HERE het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle ’n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart. (Jeremia 14:14)
Die vraag is nou.
Hoe lees ons die Ou Testament en hoe onderskei ons van ware opdragte van Jahweh en vals opdragte wat in sy naam gegee is?
Wat gooi ons uit en wat behou ons? Of moet ons die Ou Testament in geheel uitgooi?
Bookmarks