Jahweh is alom bekend as die jaloerse god. Dit is op grond van sy eie getuienis in sy Tenakh. Hy stel dit soos volg in sy Kultiese Dekaloog (Exodus 34:10-28).
Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers-'n jaloerse God is Hy.
Jahweh se Etiese Dekaloog word ook elkere Sondag tot vervelens toe aan onskuldige mense afgestamel. Dit is die gedeelte waar hy ongebore kinders in geslagte wat nog moet kom, dreig met sy wraakgierigheid. (Exodus 20:1-17)
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat
Jahweh se jaloesie-probleem het te make met sy mindere status in die goddelike hiërargie van die Kanaänitiese panteon. Hy is jaloers op sy vader El, sy moeder Asherah en sy broers, Baäl, Dagon, Chemosh, Qaus, Mot en ander. (Jahweh is een van sewentig seuns van El)
Ingevolge die beginsels van die Nuwe Testament is jaloesie een van die vleeslike eienskappe wat nie geskik is vir die koninkryk van God nie.
19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. (Galasiërs 5)
Waarom is Jahweh jaloers op ander gode? Is hy dan nie die enigste god nie? Jahweh se jaloesie-probleem bevestig die feit dat hy in die bestaan van ander gode glo. Hy kan immers nie jaloers wees op gode wat nie bestaan nie.
Jaloesie dui egter op 'n staat van onsekerheid en minderwaardigheid. Hierdie kompleks lei juis daartoe dat andere met agterdog bejeën word.
Jahweh se jaloesie hou sekere gevolge in vir sy Israeliete. Hul onskuldige en ongebore nageslag is 'n eeu later nog strafbaar vir die foute van hul voorvaders.
Bookmarks