Ek begin hierdie onderwerp omdat ek hoop ek kan 'n dierbare vriendin sover kry om by ons aan te sluit en aan ons gesprekke deel te neem. Ons vriendskap het my baie meer bewus gemaak van hierdie aspek van ons samelewing waaraan ek nie altyd so baie aandag gegee het nie.
'n Christen se verantwoordelikheid teenoor die natuur - wat presies behels dit? Ek het so bietjie op die internet gaan oplees, en dit het my nogal nie verbaas hoe tradisionele christene lynreg bots met die sienings van natuur-aktiviste nie. 'n Natuur-aktivis word deur sg. christene gesien as iemand wat die aarde (of diere of plante) aanbid. Bid jou dit aan! Dit terwyl ons die ongelooflike verantwoordelikheid van ons Vader ontvang het om juis na Sy skepping om te sien. Natuur-aktiviste word uitgekryt as fratse omdat hulle geroepe voel om daardie verantwoordelikheid te aanvaar en om te sien na die aarde wat juis aan ons lewe verskaf.
'n Besonder treffende aanhaling:
It’s a point of some irony that those who most loudly maintain that the Earth is a personal expression of God’s creativity and artistry are often the most silent when it comes to protecting that art from mistreatment and vandalism by humanity.
Ek sal graag die opinies van ander lede wil hoor?






Reply With Quote










Bookmarks