Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Page 1 of 3 1 2 3 LastLast
Results 1 to 10 of 29

Thread: BRAAIVLEIS of offerhande?

  1. #1
    Mod
    knipmes has a spectacular aura about knipmes has a spectacular aura about
    knipmes's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Durban
    Age
    51
    Posts
    583
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 7


    Antje De Waal se gedagtes oor leemtes het my op die spoor geplaas van vleis... een van my geliefdste onderwerpe op hierdie planeet!

    Ek is oortuig Waldor sal ongetwyfeld vir ons al die genetiese verduidelikings agter die bult gaan uithaal van die swakste, en dan... die BESTE gene van elke soort vleis wat ons eet. Van 'n skaapboud, tot 'n ou ribbetjie, of 'n ou chopie, dalkies tog net 'n ou kookvleisie, man ja selfs maalvleis kan manna wees! meer as manna! Jy sien, as daar nie vleis op die tafel is nie, dan is die ete slegs 'n "snack", of hoe praat ek dan alles...

    en toe onthou ek van die vleis offerhandes in die OT, en ek word direk soos 'n bliksemstraal wat net wil blits, orals en met reg so... want toe tref dit my mos tussen die oe...

    Al hierdie offerhandes was gedoen met die BESTE van die gene, vlekkeloos en rein, en dit het veroorsaak dat die swak gene moes behoue bly deur die eeue! Verbeel jou, Die Here HERE (duiwel vanself?) dring toe mos daarop aan om net die beste van vleis wat gebraai word se geure te wil ruik, hoe beter die gene hoe lekkerder die reuke...

    So spreek die Here HERE: Laat dit genoeg wees met al julle gruwels, o huis van Israel!
    Eze 44:7 Omdat julle uitlanders ingebring het, onbesnedenes van hart en onbesnedenes van vlees, om in my heiligdom te wees, om dit, my huis, te ontheilig; toe julle my brood, vet en bloed gebring, en hulle my verbond verbreek het by al julle gruwels.

    Eze 44:30
    En die beste van al die eerstelinge van alles en elke offergawe van alles, van al julle offergawes, moet vir die priesters wees; ook moet julle die eerstelinge van julle growwe meel aan die priester gee, om ‘n seën op jou huis te laat rus.




    Geen wonder ons sukkel so om die gene poel van veral skaap en bees vleis so suiwer te kry en te hou nie, want die oorspronklike suiwer gene was opgebrand as offers!

    Hoe meer ek daaraan dink, hoe meer styg my koors, want dink net hoe lekker sou so 'n ou ribbetjie gesmaak het van een van daai oorspronklike gene... aarde tog!
    Nou is ek darem honger hoor...

    en dan praat Antje van leemtes... ai tog!


    groetnis
    knipmesD

  2. #2
    Member
    Silencio will become famous soon enough Silencio will become famous soon enough
    Silencio's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    31
    Posts
    233
    Rep Power
    10

    Ag nee Knipmes, is dit nou telepatie die? Ek het juis vandag gaan navorsing begin doen oor aspekte van die onderwerp om te pos vanaand en jy is my een voor! Om ietwat af te dwaal (en onthou ek is hier om te leer en te groei - so my opinies kan verkeerd wees en korrigering is welkom asseblief!)maar een van die eerste goed wat my gepla het van die bybel was brandoffers, ek kan nie die rede daarin sien nie. Volgens my is God 'n God van liefde maar waarom sou hy ooit vra vir Brandoffers? om wat mee te maak, is die nie ons toewyding en geestelike groei wat belangrik is nie?. maar om terug te kom na vleis braai vandag wel dis hoe jy 'n lekker stuk steak gaarmaak vir 'n ete waarvoor jy dankbaar is, nie 'n offer volgens my nie. Nou is ek skoon lus vir 'n lekker T-bone.

    Groete
    Silencio
    How can one expect to have his prayer heard for mercy by what is above him when he shows no mercy for what is beneath him?

  3. #3
    Member
    Pionier will become famous soon enough
    Pionier's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    147
    Rep Power
    21

    Ek seg altyd dat indien iemand onseker is oor 'n sekere stanpunt in mense geneig om die Ingelse woorde nader te trek, en dus hulself effens te distansieer van die stelling. Ek gebruik hierdie as 'n voorbeeld: In onlangse geleentheid wou 'n dame vreeslik graag die seen oor twee mense uitspreek, maar was nie seker of dit 'n gepaste tyd of plek is nie. Sy se toe, "Blessings vir julle". Die deursnee toeskouer sou dan reken dat, eerder as om krities te wees, of sy korrek opgetree het aldan nie, kon redeneer dat dit meer 'n "Imperiale" uitlating is, as eerder komende van die dame self.

    Met dit as agtergrond het ek in hierdie geval 'n sekere standpunt om in te neem:

    'n Maal sonder vleis is bloot 'n versnappering
    Kruisskyf wat ongeveer 10 dae verouder is en oor die kole gebraai word, is heerlik sag
    Beeshaas die versamelnaam van verskeie goeie snitte beesvleis
    Skaapkottolette, wat is 'n week sonder een van hulle op die vuur?


    Knipmes ek wou nie afdwaal van jou besprekingspunt nie, maar angesien ek opgeruim voel vanmore kon ek nie die versoeking weerstaan nie.
    Wat wel hier ter sprake is, is die oorsprong van die bees en skaaprasse in Suider Afrika, kom dit oorsprongklik uit die midde ooste waar die beste gene verbrand is, of uit eie bodem waar die natuur self die beste gene bewaar het, of uit Europa waar die mens en die natuur saamgewerk het om die genepoel te bewaar?

    Die RPO (rooivlies produsente organisasie) het 'n slagspreuk wat lui: "Beef up on the best, South African beef", dalk moet hulle dit net na Afrikaans vertaal om dit toepaslik te maak

    Groetnis van uit die slaghuis

  4. #4
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    karmenaadjie - Porsie vleis, gewoonlik met wors en spek daarby, wat iemand wat bees of vark geslag het aan sy bure of vriende stuur.

    Wanneer bees en vark op die plaas geslag is, het vriende en familie van die dorp gewoonlik kom help om die vleis te berwerk. Hulle is iedere een beloon met 'n karmenaadjie.

  5. #5
    Member
    Pionier will become famous soon enough
    Pionier's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    147
    Rep Power
    21

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    karmenaadjie - Porsie vleis, gewoonlik met wors en spek daarby, wat iemand wat bees of vark geslag het aan sy bure of vriende stuur.

    Wanneer bees en vark op die plaas geslag is, het vriende en familie van die dorp gewoonlik kom help om die vleis te berwerk. Hulle is iedere een beloon met 'n karmenaadjie.
    Ek tel myself onder die jeug maar dit kan ek goed onthou, vleiswerk was 'n week se werk.

    Na die koms van die Boerebederwer (elektriese vleissaag en meule) het die karmenaadjie in die niet verdwyn.

  6. #6
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Ek het nou nog die ou vleismeul waarmee ons vleis gemaal en wors gestop het.

    Ek het onlangs nog sy messie geslyp en 'n bietjie koedoewors met skaapvet en vars gebreekte en gebraaide koljander gemaak. Sommer so vir die lekkerte daarvan.

    Skaapvet was die voorkeur omdat varkvet na 'n tyd goor raak. 'n Persieskaap of Van Rooy is ideaal.

  7. #7
    Member
    Pionier will become famous soon enough
    Pionier's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    147
    Rep Power
    21

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Ek het nou nog die ou vleismeul waarmee ons vleis gemaal en wors gestop het.

    Ek het onlangs nog sy messie geslyp en 'n bietjie koedoewors met skaapvet en vars gebreekte en gebraaide koljander gemaak. Sommer so vir die lekkerte daarvan.

    Skaapvet was die voorkeur omdat varkvet na 'n tyd goor raak. 'n Persieskaap of Van Rooy is ideaal.
    Ons begin nou net so nostalgies raak soos Knipmes, wors wat so gemaak word smaak sommer "suiwerder" as die mengsel kruie wat van die rak af gekoop word.

    Daardie Persie se vet het seker groter vlamme gemaak op die altare ook. Maar dit bly die beste vir worsmaak, dit hou selfs langer in die vrieskas as varkvet.

    Vreemd genoeg word boere met prys gepenaliseer by die slagpale vir vetstertkarkasse.

  8. #8
    Member
    Moeder is on a distinguished road
    Moeder's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    May 2007
    Location
    Deutsch Sudwestafrika
    Posts
    12
    Rep Power
    21



    In die Sandveld van Suidwes het die manne, kom jagtyd, Damara skape by die Herero's gekoop vir worsvet.
    http://www.wendag.com/forum/attachment.php?attachmentid=471

  9. #9
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Dit het alles begin met 'n vraag oor die Witboek aan Knipmes oor 'n moontlike leemte in sy lewe. Daarna het die bespreking sy eie koers gevat tot tot by slagtyd op die plaas.

    Stefanus het 'n nuwe subforum: Boerekos- Die koskultuur van die Boer oopgemaak.

    Ek het 'n bespreking begin by Slagtyd op die Plaas.

    Kom vertel gerus wat jy kan onthou. Met al die 2012 "doomsday voorspellings" is ons dalk aanstons terug by die slag van ons eie vee. Wie weet?

  10. #10
    Member
    schalk is on a distinguished road
    schalk's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Nov 2009
    Location
    thabazimbi
    Age
    57
    Posts
    27
    Rep Power
    11

    Dan wonder n ou of van die ou gode op dieet was met die wat hulle net wou ruik en nie eet nie of het hulle maar n stukkie kom afhaal? Het iemand al n studie daaroor gedoen?
    Lees ook gerus dr At Kruger se rubriek in die Afrikaner koerant oor die skade wat die voerkraal bedryf die gene van ons lekker ou vleisie aandoen.
    Ek dink dit is skaaptjoppies vir my vanaand.
    Groete aan al my mede vleiseters.

+ Reply to Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites