Die Koninkryk van die hemele.
Jesus staan vir die soveelste keer by die see en leer die menigde wat daar saamdrom om na Hom te luister, Hy leer hulle baie dinge deur middel van gelykenisse. Na die afloop van die leringe op die gegewe dag vra die dissipels Jesus waarom Hy gebruik maak van gelykenisse?
Jesus antwoord die twaalf:
Volgens Markus: "En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie."Mar 4:11-12Volgens Matteus: "Toe antwoord Hy en sê vir hulle: Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie. Want hy wat het, aan hom sal gegee word, en hy sal oorvloed hê; maar hy wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie."Mat 13:11-13
Uit die antwoord wat Jesus hier vir die dissipels gee is dit duidelik dat daar twee vlakke van leringe is, een vir die dissipels om die verborgenheid van die koninkryk van die hemele te verstaan, en een vir die massas. Hierdie verborgenheid of geheime kennis is slegs bedoel vir "die wat ore het".
Al die Evangelies praat van "die koninkryk van die hemele", daar is ook ander buite Bybelse geskrifte wat daarvan praat, selfs in die Evangelie van Thomas word ons daarop gewys, daar is wel verskille in bewoording, soos: "die koninkryk van God", " die koninkryk van die hemele", maar almal wys op dieselfde ding.
Wat presies is hierdie Koninkryk van die hemele?
In die Nuwe Testament word ons daarop gewys dat die Koninkryk van die hemele 'n geheimenis is en nie aan die publiek bekend is nie, min verdere leidrade word verskaf oor hoe en wanneer dit gaan kom. Wat ons wel weet is dat dit onmiddelik beskikbaar is vir die "ingewydes" sodra hulle die weg ontdek het.
Johannes die Doper se stelling dat die koninkryk op hande is:
"In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom."Mat 3:1-2Jesus se woorde wys daarop dat die tyd reeds gekom het:
"En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie."Mar 1:14-15
Al wat ons weet is dat die pad na die Koninkryk van die hemele slegs bedoel is vir die "ingewydes", ons weet ook dat die koninkryk alomteenwoordig is, dit is nie iets waarna ons hoef uit te sien in 'n onsekere toekoms nie, maar eerder dat dit onmiddelik beskikbaar is, nie eers oor 'n maand of jaar of iewers in die toekoms nie. Eerder is die alreeds beskikbaar vir die wat die weg ken.
Verder is waagmoed 'n vereiste want dit vereis 'n ware fokus, vaste senuwees en totale toewyding, om die Koningkryk van die hemele te betree.
"En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie."Luk 9:62
Verder het Jesus bitter min verdraagsaamheid teenoor die wat spiritualitet preek, maar die wat dit soek nie toelaat om die hekke van die hemele vir hulle te open nie.
"Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie."Mat 23:13
Jesus vermaan ons dat ons die Koninkryk van die hemele moet soek en nie die skrifgeleerdes en Fariseërs navolg nie:
"Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word."Mat 6:33"Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie."Mat 5:20
Lukas gaan egter verder: Jesus was deur die Fariseërs gevra wanneer die koninkryk gaan kom, hulle verwag dat die op aarde gaan plaasvind waar hulle in die duisendjarige vrederyk gaan heers, Jesus se antwoord is egter nie wat hulle verwag nie:
"En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle."Luk 17:20-21
Ons kan die Koninkryk van die hemele nie met die menslike oog waarneem nie, nog minder deur redenasie, Tog het Jesus ons die versekering gegee dat dit bereikbaar is, ons kan daarheen reis, dat dit binne ons is.
Hoe reis ons na "binne"?
Jesus verduidelik in die Evangelie van Lukas: " The light of the body is the eye: therefore when thine eye is single, thy whole body also is full of light; but when thine eye is evil, thy body also is full of darkness."Luk 11:34Wat bedoel Jesus hiermee? In wese sê Hy dat as ons visie dié van die Een is sal die hemelse lig ons omvou. Dan sal ons deur God opgeneem word.
Paulus praat hier van "die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid "
" Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar ‘n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie. Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie—want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie— maar soos geskrywe is: Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor en in die hart van ‘n mens nie opgekom het nie, wat God berei het vir die wat Hom liefhet. Maar God het dit aan ons deur sy Gees geopenbaar, want die Gees ondersoek alle dinge, ook die dieptes van God."1Co 2:6-10"But we speak the wisdom of God in a mystery, even the hidden wisdom, which God ordained before the world unto our glory:"1Co 2:7Paulus praat hier van "die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid ", die verborge wysheid, die oorspronklike Grieks "sophian en musterio" beteken " wysheid in misterie" - 'n wysheid wat geheim is, Paulus sê die is slegs aan die teleiois, "die perfektes", gegee wat deur die telete, die seremonie van inisiasie deur die telestes, die priesters wie die seremonie van die inisiasie in die mistieke behartig.
Hier gebruik Paulus die terminilogie van die klassieke misteriese tradisie. Hy was nie baie gewild onder die Joodse gemeenskap in Jerusalem nie maar nogtans het hy kennis van die verborge leringe wat in die geheim deur die gelowiges beoefen was, die kennis van die verborge boodskap was egter deur die "kerk" onderdruk.
"A.D. 195 Clement, Bishop of Alexandria wrote to Theodore, It concerned a secret Gospel of Mark: Clement explained that a licentious heretical group called the Carpocratians had come upon the secret gospel of Mark through deceitful means.
Clement was asking Theodore to lie in the service of the truth - to deny that the gospel was by Mark, even under oath.
Clement stated that Mark held certain stories back whitch was only incuded in a special "secret" gospel that he gave to the Church in Alexandria, where, in Clement's day, it was still carefully preserved, "being read only to those who are being initiated into the great mysteries."Die Evangelie van Thomas stel dit so:
His disciples said, "Show us the place where you are, for we must seek it." He said to them, "Anyone here with two ears had better listen! There is light within a person of light, and it shines on the whole world. If it does not shine, it is dark."
Jesus said to them, "When you make the two into one, and when you make the inner like the outer and the outer like the inner, and the upper like the lower, and when you make male and female into a single one, so that the male will not be male nor the female be female, when you make eyes in place of an eye, a hand in place of a hand, a foot in place of a foot, an image in place of an image, then you will enter [the kingdom]."
Jesus said, "If they say to you, 'Where have you come from?' say to them, 'We have come from the light, from the place where the light came into being by itself, established [itself], and appeared in their image.' If they say to you, 'Is it you?' say, 'We are its children, and we are the chosen of the living Father.' If they ask you, 'What is the evidence of your Father in you?' say to them, 'It is motion and rest.'"
His disciples said to him, "When will the rest for the dead take place, and when will the new world come?" He said to them, "What you are looking forward to has come, but you don't know it."
"O You, the great god, whose name is unknown."
Something, which we have seen in a dream,
Is the earthly side of life.Harper's Song, c. 1160 BC







Reply With Quote






Bookmarks