Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Results 1 to 4 of 4

Thread: NG Kerk verloor 10 588 in ’n jaar

  1. #1
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    NG Kerk verloor 10 588 in ’n jaar

    2010-11-06

    Johannes de Villiers


    Die NG Kerk het verlede jaar genoeg lidmate verloor om 21 gemeentes van 500 lidmate elk vol te maak.

    Teen Februarie vanjaar was daar in dié kerkverband 10 588 lidmate minder as ’n jaar vantevore.

    Dit blyk uit die jongste syfers wat deur die NG Kerk se algemene sinode se taakspan oor geldsake inge*samel is.

    Dié syfers is bereken op grond van ’n opname wat in die tien sinodale gebiede gemaak is en waarin gemeentes gevra is om die aantal belydende en dooplidmate in hul onderskeie kuddes te vermeld. Gemeentes het die syfer onder meer bereken na aanleiding van hoeveel mense nog aktief eredienste bywoon.

    Ds. Clem Marais, lid van die taakspan, het gesê hy is nie seker dat die syfer 100% akkuraat is nie (dit is nie geoudit nie), maar dat dit wel die tendens van dalende lidmaatgetalle bevestig.

    Die NG Kerk se gebruiklike Kerkspieël-proses, waartydens ’n meer wetenskaplike opname van lidmaat-tendense gemaak word, is tans aan die gang. Wanneer dit na verwagting teen volgende jaar bekend gemaak word, sal daar meer betroubare syfers oor die NG Kerk se lidmaattendense beskikbaar wees.

    Marais meen een van die vernaamste redes vir die afname in lidmaatgetalle is emigrasie onder dié kerkverband se tradisionele lidmate, hoewel die verskynsel van mense wat na ander kerkverbande oorloop, ook daartoe kon bygedra het.

    In ’n artikel wat in die jongste Kerkbode verskyn, wys die ekonome drr. Fanie Joubert en Jannie Rossouw, asook die predikant ds. Fanie Joubert daarop dat die NG Kerk se algehele lidmaattal tussen 1986 en 2010 met 23,8% afgeneem het (van meer as 1 400 000 tot minder as 1 100 000).

    Ook in dié artikel word emigrasie as een van die vernaamste bydraende faktore genoem. Die skrywers meen ’n gepaste reaksie op dié verskynsel is vir die NG Kerk om al hoe meer in die geestelike behoeftes van Afrikaanssprekendes in die buiteland te voorsien.

    In ’n nuusbrief wat Marais, ook skriba van die NG sinode Namibië, die afgelope week aan gemeentes in dié streek gestuur het, noem hy voorts dat die taakspan oor geld*sake se jongste syfers oor gemeentes se finansiële welstand kommerwekkend is.

    “Ook wat gemeentes se geldsake betref, begin die bytmerke van die onlangse resessie wys.”

    Die totale lopende inkomste van die NG Kerk se 1 133 gemeentes het in die vorige boekjaar met net 2,3% gestyg, vier uit elke tien gemeentes het die jaar met ’n tekort op hul boeke afgesluit en al hoe meer gemeentes raak afhanklik van basaarinkomste soos wat ander bronne van inkomste opdroog.

    “Moet jy moedeloos word weens die oorwegend negatiewe tendense?” skryf Marais.

    “In die gees van die Luisterseisoen dink ek almal moet dit hoor as ‘stemme’ wat ‘van buite’ na ons kom. En in hierdie ‘stemme’ moet ons probeer om ook Die Stem van die Here God te onderskei … Die Here is immers met ons op pad. Deur ’n proses van geloofsonderskeiding moet ons by Hom hoor hoe ons geloofsrespons moet lyk op hierdie droewige prentjie,” skryf Marais.

    Uit Rapport

  2. The Following User Says Thank You to Die Ou Man For This Useful Post:


  3. #2
    Member
    Boerland is on a distinguished road
    Boerland's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Sep 2010
    Location
    Noord Transvaal
    Age
    45
    Posts
    40
    Rep Power
    7

    Dit het lankal tyd geword om van hierdie hipnose wat kerk genoem word ontslae te raak.

    Vrae net een vraag.Was daar n kerk verteenwoordig in die Bloedrivier laer.

    Kom onder hulle uit is al wat ek kan se.
    Die drie Fleur de Lills

  4. #3
    Member
    Silencio will become famous soon enough Silencio will become famous soon enough
    Silencio's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    31
    Posts
    233
    Rep Power
    10

    ek is nie 'n kerkganger nie, ek is gelowige maar van die boodskappe wat ek al in kerkdienste ervaar het wat partymaal ontstellend, soos moenie die ou vertalings lees nie, gaan kry nuwe vertalings lees dit, nou waarom sal so iets voorgestel word in die eerste plek, die toorn van God gaan op jy neerkletter as jy sondig, ens ens, dit voel vir my partykeer asof die kerke meer 'n finansiële instansie is as enige iets anders - jy moet betaal sodat daar vir jou uit die bybel voorgelees kan word. almal groet mekaar en is so vriendelik en voorbeeldig maar in die week ken hulle mekaar nie of dink nie eers aan die boodskap wat weergegee is nie, miskien sien ek dit verkeerd in en vra omverskoning as enige iemand dit offensive insien. maar wat vir my so verstommend is, is dat as Angus 'n optrede het dan gaan die mense almal bobo, hulle is so opgewonde om daar te wees maar hul sleep hulself uit die bed uit om kerk toe te gaan, ironies.

    groetnis Silencio
    How can one expect to have his prayer heard for mercy by what is above him when he shows no mercy for what is beneath him?

  5. #4
    Member
    Carel van Heerden will become famous soon enough
    Carel van Heerden's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Amsterdam
    Posts
    196
    Rep Power
    16

    Op 2010/09/27 om 09:48:47 is die volgende kommentaar rakende bogenoemde artikel geplaas. Ongelukkig het ek nie die naam of skuilnaam van die persoon gekopieër nie.

    Kommentaar:

    U noem dat mense die kerk verlaat – hoofsaaklik weens skynheiliheid. Ek wil verskil.

    Die moderne mens is meer ingelig en is nie meer in staat om oortuigend te glo aan allerlei hoorse storietjies wat in antikieke boeke staan nie. Geloof is immers om te glo sonder bewyse. Soos die wetenskap die onbekende ontbloot, raak die nodigheid al hoe kleiner om die (huidige) onverklaarde outomaties aan die bo-natuurlike toe te skryf.

    Neem maar die Christelike geloof: Dit gaan oor ‘n kosmiese Jood (wat sy eie pa was) wat jou verewig kan laat lewe as jy simbolies sy vleis eet en sy bloed drink – en hom telepaties as jou meester aanvaar. Dan sal hy jou van ‘n tipe boosheid verlos wat in die mensdom voorkom omdat ‘n rib-vrou deur ‘n pratende slang oortuig is om die vrug van ‘n magic boom te eet.

    Min intellegente ingeligte mense is in hierdie tye in staat om oortuigend in sulke ongesubstansieerde snert te kan glo.

    Dit is die vernaamste rede hoekom die mensdom uiteindelik die juk van godsdiens afskud.

+ Reply to Thread

Similar Threads

  1. Die kerk is nie 'n debatvereniging nie
    By Die Ou Man in forum Nuus
    Replies: 5
    Last Post: 11th April 2012, 13:46
  2. NG Kerk ondersoek die Duiwel
    By Die Ou Man in forum Artikels uit die media
    Replies: 3
    Last Post: 7th April 2012, 16:44
  3. Kerk Stories!
    By knipmes in forum Humor
    Replies: 2
    Last Post: 22nd October 2010, 21:15
  4. Ek glo nie meer in die god van die kerk nie!
    By Die Ou Man in forum Witboek
    Replies: 0
    Last Post: 22nd May 2009, 12:28
  5. Hello in 'n spik splinter nuwe jaar!!!
    By marline in forum Aanmelding
    Replies: 1
    Last Post: 1st January 2009, 20:37

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites