Jaloesie die mees verterendse emosie!

Ek weet ek het al baie gepraat oor jaloesie, maar ek wil nou weer daaroor praat omdat
dit n emsosie is wat my daagliks beet het. Ek weet ook dat daar baie mense is wat daarmee worstel dit is nie nodig om jaloesie op dieselfde manier te h soos ek nou oor my man nie, n mensekind kan jaloersheid op baie ander verskeie maniere h. Want wanneer die skepper jaloers word vernietig hy daardie mens deur sy eie jaloerse emosies in die mens te laat heers. Wanneer n mens iemand of iets anders liewer kry as vir die skepper self kan julle maar gaan kyk daardie mens word deur sy jaloesie verwoes.

Hierdie skepper wat hom so hoog ag bo alle ander wesens, so vol van homself is dat hy konsuis te heilig is vir ons wat so vol sonde is, dat ons eers in menslike bloed (Jesus se bloed) gedoop moet word voor hy met ons tevrede sal wees. Hoogmoedig is hy!!

Vir alle mense wat n stryd voer met jaloesie, ek voel bitter jammer vir julle. Ooo, weet ek net nie die stryd wat julle deurmaak nie. Ek voer daardie selfde stryd saam met julle elke dag van my lewe. Ja en ek weet van al die lelike dinge wat julle te skaam is om met enig iemand te deel. Ek beleef dit self. Die lelikste moontlike dinge wat ons doen juis deur groot seerkry en swaarkry!!! Ek weet ook van al die gemoedstoestande bv: onverwagse woede aanvalle, norsheid soos mens probeer om dit nog vir oulaas te beheer, totdat dit jou eindelik na n groot stryd oorheers; groot smart; seerkry diep diep binne in die hart; ek ken ook die gevoel om diep uit my hart te ween; en beleef ook daagliks daardie depressie waarin sulke mense hulle bevind. Die verslaentheid hoekom die dinge juis nou met jou met gebeur. Ek ken ook daardie pyn in die hart wat voel asof jou hart fisies met n mes of iets verwond word.

Voordat hierdie jaloesie oor my gekom het, het ek nooit besef dat n mens se hart fisies kan pyn nie. Ek het gedink dat pyn nooit dieper as die vlees kan gaan nie. Ek was nie bewus van die geestelike deel wat in die hart pyn kan veroorsaak nie. Ja, maar nou is ek, en deeglik ook. Ek weet hoe seer dit maak wanneer mense nadat ek n jaloerse daad gepleeg het my slegs en beledig, en ook n mens se hart kan kasty met die mond. En aaww die woorde kan bitter seermaak!! Maar sulke mense het geen benul wanneer hulle my of n ander jaloerse mens so sleg s watter verwoesting en pyniging dit in so hart bring nie. Jy voel dan asof jy net wil wegraak ver weg van al die seerkry en swaarkry, jy voel letterlik of jy net kan weggaan en eenkant net kan gaan sit en treur totdat jy nie meer kan nie en nog verder ook. Ek erken my jaloesie, maar weet ook dat ek weet hoe moeilik dit is om dit te erken wanneer dit oor jou heers. Want dan dra jy die blaam van die jaloesie en nog ook s hulle dat jy iets daaromtrent kan doen maar jy wil nie, maar ek weet diep binne my hart dat dit nie so is nie, en dat ek bitter graag net weer normaal wil optree in baie situasies maar weens die jaloerse probleem nie meer kan nie.

En dan ook nog die stryd wanneer jy nou op die punt kom om dit te erken, sal hierdie mense jou s dat jy dit nou moet beheer. En dat jy nou moet hard werk daaraan om nie jaloers te wees nie. Ek weet dat dit n bitter stryd is om dan die jaloerse god se gees te beheer, want is hy wat dan nou die skepper is van die vlees dan nou nie alwetend wat hy met die vlees kan doen nie.

En soos jy hard probeer om van die jaloesie vry te kom, hoe alhoemeer word jy daarin verstrengel, verlang jy na jou vryheid uit die vlees waar jy so seer kry. En hoe meer besef jy, jy voer nog voor jy begin het n verlore stryd teen die jaloerse gees!! Dit is dan wat jy besef dat jy nooit werklik vry is nie, jy is n gevangene in die vleeslike liggaam, om deur die een wat jou daarin gesit het geestelik gepynig te word wanneer jy nie maak soos hy wil nie!

Dit is nou nie met my op die oomblik die geval nie, maar meeste sulke verhoudings word vertroebel en breek totaal op, op die einde. En ook verwoes dit die persoon emosioneel toetaal. Want beide partye verstaan nie wat werklik gebeur nie. Ook net n persoon met jaloesie sal weet waarvan ek praat ander wat nie die probleem intens ervaar nie sal dit ook nie verstaan nie. Wanneer jy dan te doen het met so n mens, s eerder niks vir hulle nie swyg eerder. Want elke woord al klink dit vir jouself onskuldig of behulpsaam veroorsaak pyniging in die hart van die jaloerse persoon.

Weet net dat ek hierdie skrywe plaas sodat as daar dalk so n persoon deur die jaloerse god geteister word, ek Die Vrou verstaan wat jy deurmaak!!!!!

Al een met wie ek hierdie jaloerse emosies bespreek die lelike dinge wat ek doen en s daardeur is my Pappa, omdat ek ook skaam voel oor party van die dinge wat ek doen en nie die moed het om dit met ander te bespreek nie! Hy verstaan, Hy vertroos my, Hy bring vir my van tyd tot tyd verligting! Laat my ook van sommige van die dinge wat gebeur vergeet want anders kan dit jou tot malheid dryf!

Ekt Jou lief my Pa!!!