Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Page 1 of 3 1 2 3 LastLast
Results 1 to 10 of 30

Thread: Láát dit maar hierdie land skok

  1. #1
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10


    Hanlie gesels met Annelie Botes


    Omring deur boeke in die uitgewerskantoor, sit sy. Bietjie uitasem. Vol drome, vol draadwerk.

    Kammanassiekind.

    “Soos ek is, nou is ek maar, so is ek.”

    So is sy. G’n bang om rowe af te krap nie. Dis wat Annelie Botes doen, oral waar sy gaan.

    Annelie Botes
    Hanlie Retief
    Met Trippel Sewe was dit haar eie dobbelverslawing. Met Raaiselkind die wêreld van outisme, maar veral die wêreld (en die kerk) wat rug wys vir die swakkeres in die samelewing. Met Thula-thula, die donkerte van bloedskande.

    Die meule, sê dié kort vrou, het haar al gedraai. Sy het soos Simson in die rondte geloop. Onder haar akkerbos in Engeland stukke om, die stoepstoele op Bedford, onder die Pride of India trane in die nag.

    “Ek’s mos nie skaam vir huil nie. En wanneer ek lag, lág ek – verskoon my – soos ’n Saterdagmeid!

    “Wil jy hoor?

    “Hê hê hêê!”

    Maaglag.

    Annelie Botes is loshande ons land se gewildste vroueskrywer. Sy’s pas bekroon met ’n K. Sello Duiker-prys (Sala-toekennings) vir haar roman Thula-*thula, waarvan reeds 34000 verkoop is.

    “Moenie my vra hoekom is my boeke gewild nie. Ek weet nie. Seker maar omdat ek nooit ’n lieg skryf nie.”

    Almal vra haar dit, maar by haar sielsma, die skrywer Dalene Matthee, het Annelie nooit geleer skrýf nie. Maar in daardie hoekhuis op Uniondale hét Matthee haar ’n sleutel tot al haar boeke gegee: rou eerlikheid.

    “Elke keer as ek dink aan ’n voorval waar iemand verontreg is en ek stilgebly het, sak ’n naarte oor my. Van alles in my lewe – en ek het al verskríklike goed gedoen – is ek daaroor die skáámste,” sê sy en haar oë pik-pik onder dun wenkbroue.

    Praat Annelie wél, kry sy gewoonlik op haar herrie.

    Sy’s destyds haar skribapos by die kerk in Bedford kwyt nadat sy by die broeders wou weet of hulle dink die Here sal die kerk-skoonmaker se salarisverhoging van R12,50 sekondeer.

    “Sy kry nie overalls nie, nie eens ’n koppie tee nie, sy moet piskrippe was, vee… en hulle verhoog haar maandsalaris van R125 met R12,50…

    “Twee weke later word ek aangekla dat ek as ongetroude by ’n man bly. Maar dis my eie man, van wie ek toe geskei was… so ek hét my k*k met die kerk gehad.”

    Van watse mense hou sy nié?

    Sy gee ’n snuif. Vou haar hande. Dink.

    “Ek gaan nou verskriklik eerlik wees. En láát dit maar hierdie land skok.

    “Ek hou nie van swart mense nie.”

    So byna laat fotograaf Nasief Manie sy kamera val.

    “Ek verstáán hulle nie!

    “In my grootwordjare op Uniondale was daar geen swart mense nie. As daar een rondloop, was dit ’n bandiet wat dros. En dan moet jy hárdloop, want hy gaan jou vang, nè.

    “Ek wéét hulle’s net sulke mense soos ek. Ek wéét hulle’t dieselfde regte as ek. Maar ek verstáán hulle nie. En dan… hou ek nie van hulle nie. Ek vermy hulle, want ek’s bang vir hulle.”

    Ruk sy weer ’n roof af.

    “My buurman is wreed vermoor. Vir wat? As swart mense honger is, hoekom breek hulle nie soos in die ou jare in, steel die yskas leeg en loop nie?

    “Ek weet waarvandaan dié woede kom. Dit het f*kol meer met apartheid te doen. Hulle’s woedend oor hulle eie on-be-kwaam-heid.”

    Haar hand klap die lettergrepe uit op die tafel. Om ons staan die boeke in die rakke. Stomgeskrik.

    “Ná 16 jaar is die paaie in hulle moer, hospitale, skole, álles. En wie’t dit gedoen? Húlle!

    “Ek is ver-*****n-skriklik kwaad vir die swart regering wat omtrent al wat plaasskooltjie is, toegemaak het. Nou hardloop daai kinders wild rond. Hulle kan nie hul naam skryf of tot by 100 tel nie. Wat gaan hulle eendag word? Kriminele!

    “Maar kyk na alles wat ons aan húlle gedoen het voor 1990... jirre-dis-verskriklik. Die wit regering het net so gesteel. Daai ministers met hul slap karre en hul plase… Hulle’t op ander plekke gesteel, by doeane en aksyns, grondbelastings. Maar dis verdomp nie reg dat jy by arm mense en pensioenarisse en hospitale steel nie.

    “Ek verstáán dit nie.

    “As ek dit net kon verstaan, sou ek van hulle gehou het.”

    Sy sug. Dis ’n sug wat ratel uit haar binneste.

    “Ek was nog nooit in my lewe ’n rassistiese en haatdraende mens nie. Kyk, ek het grootgeword in apartheid. Jy slaap in jóú huis, en ek drink uit mý koppie. Só’t die lewe gewerk. Met patrone. Sondae in die kerk: lofpsalm, geloofsbelydenis… patróne.

    “Maar naweke en vakansies het ek nie ander maats gehad as brúin maats nie. Sáám botterboom van die damwal af gery.

    “Op Grootfontein mag ek nie Outa Willem en Aai Ragel ge-jy- en-jou het nie. Ek moes vra: Outa Willem, kan Outa Willem se knipmes die doring uit my voet haal? Outa Willem mag my pak gegee het. En dan kry ek by my pa nóg ’n pak omdat dit vir Outa Willem nodig was om my te slaan.”

    Iemand, iemand nié wit nie, moet ’n boek skryf oor die medemenslikheid tussen swart en wit, sê sy. “Hoe die witgatboere hul werkers dokter toe ry as hulle bybietjies kry. En as ons canfruit inlê, kry hulle ook… daai verhoudings het in die moderne politieke str*nt verlore gegaan.

    “Niemand vertel dáái stories nie. Daar’s net ’n wanpersepsie dat ons net sleg was en hulle verdruk en geslaan het.”

    Sy stoot haar bril hoër op haar neus, kommer-oë agter dik lense.

    Sy wéét sy sê die onsêbare.

    By die munisipaliteit in Port Elizabeth staan Annelie in ’n tou. Daar’s ’n optelfout op haar waterrekening.

    “Ek sê vir die swart vrou agter die toonbank: ‘Mammatjie, there’s a problem here.’ ‘Oh. We’re off-line, I can’t help.’ Het ek nie maar liewer by die wit of die bruin vrou se toonbank geland nie, dink ek by myself.

    “‘Mammatjie, look…’ Agter my groei die tou. Sy kyk my met kalfsoë aan. So wat gebeur ná ’n halfuur se frustrasie? Ek sê vir haar: ‘Are you a baboon, huh, can’t you sort this simple thing out?’”

    Sy skud haar kop. Dis hoe ons wittes maar is, nè?

    “Het jy al gedínk wat gebeur met daai vrou? Sy’s verneder tot in haar siel.

    “En wat doen die ou agter my? Hy vreet haar net so uit. Ons wittes het hierdie ingeboude aggressie, nè, maak nie saak wat gebeur het nie; ons regering is van ons ontneem. Finish en klaar. Sonder ’n druppel bloed.

    “Die arme vrou het nie ’n kans nie. Sy’s so weerloos, in ’n werk geprop waarvoor sy nie genoeg opgelei is nie. En sy moet cope? Ha!”

    Dit was ’n “verskriklike dom” besluit van die swart regering om regstellende aksie uit te voer sonder om eers vaardighede oor te dra, sê sy.

    “Ek vermoed swart mense is nie meer woedend vir die wit mense nie, maar vir hul eie regering, nou haal hulle dit op wit mense uit.”

    Oor sewe jaar, as haar ou gryse (haar man, Chris) afgetree het, pak hulle op en skuif Engeland toe. Emigreer.

    “Ek offer eerder my Afrikaanse kultuur op as om op 84 deur 13 swartes verkrag te word. Ek kan nie eens meer veilig kafee toe stap vir ’n tamatie nie.

    “Hierdie land is nie meer die een waarvoor ek op aandag gestaan het nie…”

    ’n Suikerpilletjie plons in haar koffie.

    En dit het ef-ol met rassisme te doene, keer sy. Sy’t nie ’n probleem “om ’n vurk en tafel en lavatory” met ’n swart man te deel nie. Maar sy wil nié in vrees lewe nie.

    “Ek wil net… leef.”

    Sy sluk die koffie. “Wat práát ek en jy nou alles!”

    Miskien skryf sy tóg hierdie boek. In Engeland.

    Roof af, vinger in die sweer.

    Elke woord in haar boeke is waar, sê Annelie. Die skryf daarvan is so intens, dit maak haar bietjie-bietjie mal. “Maar ek kom darem weer reg.”

    As sy voel sy gly, brei sy slaapsokkies, of doen vir ure somme. “Matriekwiskunde, nou nog.”

    Haar nuutste boek, Tabernakel, was skaars op die rakke, toe’s die oplaag van 10000 uitverkoop. Sy doen jaarliks so 40 geleenthede, landwyd, waar haar boeke soos soetkoek verkoop.

    Van haar aanhangers is so fanaties, hulle sit en wag by die meenthuiskompleks se ingang, klim oor haar hek, loer in haar kaste. “Dit maak my sommer bepok, soos die tjinners in ons kompleks sê.”

    Sal haar woorde ooit opraak?

    Nooit, skud sy kop, swaai haar oorringe.

    “Elke dag is ’n nuwe sabbatsreis. Nuwe goed wat ek raaksien.”

    Ons is al op pad uit, dan’s Annelie Botes weer terug by die sweer.

    “Daar’s groot fout in ons land. En niemand staan op en sê hoor hier, om hierdie ding reg te kry sal ons ons land eers sielkundig en emosioneel moet heelmaak nie.

    “Vergewe en vergeet? Dis nie hoe mense se koppe werk nie.”

    Dis soos die stokou, halfblinde Mama Thandeka in Thula-thula op haar stoep in die sonnetjie dinge bedink:

    “Ek hoor als wat die draadloos en die televisie sê van reent*boogmense, maar ek wis nie of hulle verstaan ’n mens kan nie die kleure uit die wolke gryp en bymekaar druk en dan sê jy’t ’n reentboog gemaak nie. Want ’n reentboog maak homself…”

    Uit Rapport dd 2010-11-21

  2. #2
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Annelie, Kammanassiekind!

    Jy weet en ek weet dat jy net een uitweg het en dit is die roete van die oorwinnaar in die ware geloof. Jy is reeds bekend met hierdie roete.

    Ons hier op Wendag brand vir jou 'n lantern.

    Liefde groete.

    Die Ou Man


  3. #3
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Annelie Botes – Behoort Jode van Nazi's 'te hou'?


    Dan Roodt

    Terwyl ek in Kaïro op uitnodiging van die Egiptiese regering en namens Pretoria-PEN 'n konferensie oor Afrikaletterkunde bygewoon het, is Annelie Botes die K. Sello Duiker-prys ontneem, weens haar gewraakte uitspraak dat sy “nie van swartmense hou nie... omdat sy hulle nie verstaan nie”. In die eerste plaas meen ek dat die beoordelaars van die K. Sello Duiker-prys - wat blykbaar 'n amptelike prys van die regering is en daarom reeds verdag – hiermee alle literêre of estetiese geloofwaardigheid prysgegee het, woordspel onbedoel.

    Een van die vernaamste beginsels van literêre kritiek of estetiese beoordeling is juis dat die skrywer of kunstenaar se menings of politieke standpunte nie die waardering van sy werk behoort te beïnvloed nie. Nêrens in die stortvloed moraliserings omtrent Botes se uitspraak tydens 'n Rapport-onderhoud, het ek hiervan gelees nie. In dieselfde koerant word vandag berig dat Joan Hambidge insgelyks kritiek lewer op Botes se uitspraak en van mening is dat “die prys ook simbolies (is) en Botes se opmerkings druis presies in teen dít waarvoor hy gestaan het. Om te beweer dat sy bereid was om versoenende uitsprake te maak by die toekenningsgeleentheid is ’n bietjie mosterd na die maal.”

    As digter en letterkundige behoort Hambidge te erken dat Botes se werk outonoom is en apart van haar as persoon of “skeppende subjek” beoordeel behoort te word. Maar in hierdie land geld geen logika of beginsels meer nie, behalwe die histerie van die revolusionêre antirassismestryders. Trouens, waarmee ons hier te make het, gaan minder om letterkunde of selfs politiek as om 'n sektariese, irrasionele betuiging van ideologiese suiwerheid binne die konteks van die ANC en SAKP se revolusie. Net vandeesweek het die parlement R1,1 miljard wat Kuba aan Suid-Afrika geskuld het, afgeskryf, komende kort ná Zuma se staatsbesoek aan dié anachronistiese kommunistiese eiland in die Karibbiese see. Annelie Botes verloor 'n amptelike prys van R30 000 en Kuba, 'n land met een van die swakste menseregterekords ter wêreld, ontvang R1,1 miljard. Moet ons nie “simboliek” hierin lees nie, Joan?

    Ook in die literêre teorie is die Marxistiese tradisie – sommige noem dit die vulgêr-Marxistiese tradisie – die enigste wat die skrywer en sy werk as 'n eenheid beskou wat vir 'n politieke en morele oordeel vatbaar is. In die hoofstroom van denke oor letterkunde en kritiek, hetsy die tradisionele soort Britse “practical criticism” van I.A. Richards, hetsy die sogenaamde strukturalistiese of poststrukturalistiese kritiek wat ook as “postmodernisme” getipeer word, word die werk en die skrywer geskei en afsonderlik van mekaar beoordeel.

    Indien daar nie 'n spul bevooroordeelde idiote en lakeie van die huidige orde as beoordelaars van die K. Sello Duiker-prys aangestel was nie, sou Annelie Botes sonder slag of stoot haar prys ontvang het. Nie lank gelede nie is daar op die Praagwebwerf berig dat Michel Houellebecq, die enfant terrible van die Franse letterkunde wat al om die beurt as “rassis”, “pornograaf” en “nuwe reaksionêr” getipeer is, in November die grootste Franse prys, die Prix Goncourt, ontvang het. Houellebecq het al onder andere gesê dat hy “Islam haat” en dit as “die domste godsdiens op aarde” beskou. In 'n land waar die regering naarstig probeer om sy Moslem-immigrante te “integreer” en waar daar ook gereeld onluste deur onvernoegde Arabiese en swart jeugdiges plaasvind, verteenwoordig dit allermins onskuldige opmerkings.

    Naas Houellebecq se uitsprake oor Islam, moet ons egter erken dat Annelie Botes se woorde dat sy “nie van swartmense hou nie” omdat sy hul gewelddadige gedrag onverstaanbaar vind eintlik goedaardig is. Té goedaardig! Want in dieselfde week wat die herrie rondom die Botes-onderhoud plaasgevind het, moes ek in die Johannesburgse Hooggeregshof na Gilbert Marcus, die ANC se advokaat en broer van die Reserwebankgoewerneur Gill Marcus luister waar hy die liedjie “Skiet die Boer” as 'n kultuurkleinood verdedig. Volgens Marcus verteenwoordig dit 'n aantasting van die ANC en sy ondersteuners se grondwetlike regte en vryheid van spraak indien hulle nie in die openbaar “Skiet die Boer” mag sing nie. Weliswaar is daar nog nie uitspraak gelewer nie en bly die verbod op die liedjie staan. Maar die kontras in houding tussen die selfversekerde ANC wat sy reg om volksmoord teen ons aan te hits in die hof verdedig en die horde Naspers-kommentators wat al weer oor hul voete val om Annelie Botes as “rassis” te kruisig, kan nie groter nie.

    In die hof het Marcus onder andere hovaardig verklaar: “Konteks is alles!” (Context is everything!) Die ANC, asook elke kommunis of linkse naprater in dié land, is geregtig op hul “konteks” wat alles verskoon, ook die oortreding van die internasionale reg deur volksmoord teen Afrikaners aan te hits. Maar uit 'n nogal verwikkelde, eerlike, opregte onderhoud met Hanlie Retief waaruit haar soeke na sin in hierdie uiters gewelddadige land duidelik blyk, fokus Botes se polities korrekte inkwisiteurs slegs op die woorde: “Ek hou nie van swart mense nie... Ek verstáán hulle nie!” Terwyl sy slegs 'n paragraaf verder haar stelling kwalifiseer:

    “Ek wéét hulle’s net sulke mense soos ek. Ek wéét hulle’t dieselfde regte as ek. Maar ek verstáán hulle nie. En dan… hou ek nie van hulle nie. Ek vermy hulle, want ek’s bang vir hulle.”

    Konteks is alles, soos die ANC se senior advokaat sê. Nie net ignoreer Botes se liberale inkwisiteurs die konteks van haar uitspraak binne die onderhoud nie, maar veel erger: hulle ignoreer die konteks van die tierende geweld en volksmoord teen boere en Afrikaners wat daar besig is om in ons land plaas te vind. Dit wil voorkom asof jy in Suid-Afrika, veral as jy swart is, maar tweejarige dogtertjies soos Willemien Potgieter kan likwideer, oumense met kookwater en warm strykysters mag martel, maar wee die persoon wat dit durf waag om te sê hy of sy raak bang vir dieselfde geweldenaars en die groep waartoe hulle behoort.

    Ook tydens die verhoor waarin die ANC verlof tot appèl teen die verbod op "Skiet die Boer" gevra het, het die hoofwoordvoerder van die party, Jackson Mthembu, aan 'n Praaglid geantwoord op die vraag waarom die ANC nou so graag die liedjie wil sing: "Julle het ons in die lokasies by die duisende doodgeskiet. Nou is dit ons beurt om julle dood te maak." Hiermee het Mthembu dit heel duidelik gemaak dat die regering volksmoord op Afrikaners ondersteun.

    Dit bring my by die vraag wat ek aan al Botes se kritici wil stel: behoort Jode van Nazi's “te hou”? In die dertiger- en veertigjare toe daar as Jood teen jou in Hitler se Duitsland gediskrimineer is by wyse van wetgewing en toe daar geweld teen Jode deur sommige Duitse politici aangehits is, was jy verplig om ter wille van politieke korrektheid aan te hou prewel: “Ek hou van Duitsers”?

    As Julius Malema of oorlede Peter Mokaba op die verhoog of televisie sing: “Maak dood die Boer, skiet die Afrikaner”, is ons moreel verplig om hulle lief te hê? Ek weet die Nuwe Testament praat van die “ander wang draai” en “jou vyand liefhê”, maar daar is darem nog die Ou Testament ook en die oeroue (natuurlike) geregtigheid van “'n oog vir 'n oog”.

    Ek moet sê Suid-Afrikaanse swartes maak dit toenemend moeilik om van hulle te hou. Veral die Afro-Saksiese stam van twee of drie miljoen met hul duur Duitse motors wat elke magsposisie of hoogs besoldigde pos in die land op grond van hul ras beset, raak toenemend afstootlik. In dié opsig verwoord Annelie Botes bloot 'n gevoel wat by baie mense met 'n Westerse agtergrond bestaan, hetsy plaaslikes, hetsy buitelanders. As lede van die swart rassegroep in dié land nie peuters teregstel nie – en goddank Pieter Mulder van die VF Plus hou by die woord “teregstel” - dan is hulle op pad na uitspattige, duur partytjies waar hulle soesjie van swart dames se lywe af gaan vreet. En gewoonlik word sulke orgies van verbruik en vertoon boonop deur die belastingbetaler gefinansier.

    As ons kla oor die volksmoord, ongelykheid, diskriminasie en ander onregte wat daar teen ons gepleeg word, neem die Afro-Saksers die houding van Marie Antoinette op die vooraand van die Franse revolusie in: “Laat hulle koek eet.” Of soesjie. Eintlik het Marie Antoinette van “brioche” gepraat, wat 'n minder bekende Franse gebak is, maar die res van die wêreld het die punt verstaan.

    Rapport en ander Nasionale Perspublikasies mag dink dat die meeste Afrikaanse skrywers, asook hul eie lesers, “rassiste” is omdat ons die huidige toestand in die land onaanvaarbaar vind en ons oor die geweld en korrupsie uitspreek. Tot dusver was ons, soos Annelie Botes, goedaardig en beleefd, anders as ons opponente wat hul barbaarse haat en drif soos Raka al dansend van die verhoë af uitbasuin.

    Die tyd vir skerper kritiek en taal het gekom. Afrikaanse skrywers sal hulself egter moet beskerm teen die verguising en onliberale stigmatisering wat Naspers teen ons pleeg en waarvan die Annelie Botes-sage maar net een geval verteenwoordig.

    Terwyl Naspers nie van ons skrywers “hou” nie, juis omdat ons oor gewetens beskik en soms die risiko neem om ons in die openbaar oor onreg uit te spreek, beskik ons oor duisende vriende dwarsdeur die wêreld, ook swartmense elders in Afrika. Tydens my verblyf en die skrywerskongres in Kaïro waar afgevaardigdes van 22 Afrikalande teenwoordig was, is ek dikwels verbaas deur die welwillendheid en belangstelling wat daar in Afrikaans en Afrikaners op die res van ons kontinent heers. En dit sluit veral Arabiese Noord-Afrika in.

    Ek wil 'n pleidooi aan Annelie Botes en alle Afrikaanse skrywers en kunstenaars rig dat ons onsself beter sal organiseer om die aanslag van die polities korrekte media, die skoothondjies van die totalitêre ANC-bewind, die hoof te bied. Die lydende Afrikanervolk wat tans verdruk en vermoor word, asook die meeste ingeligte mense ter wêreld, is aan ons kant. Geen revolusie kan egter slaag sonder die bydrae van kunstenaars en skrywers wat die volk se lyding verwoord en gewone mense tot die stryd oproep nie.

    Deur haar gewraakte uitspraak dat sy nie van swartmense “hou nie”, het Annalie Botes bygedra tot daardie grootse beweging wat ons van hierdie polities korrekte, gewelddadige en korrupte bestel moet bevry. Daarvoor verdien sy reeds 'n prys.

    Uit PRAAG.

  4. #4
    Member
    Silencio will become famous soon enough Silencio will become famous soon enough
    Silencio's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    31
    Posts
    233
    Rep Power
    10

    Na aanleiding van die onderstaande artikel wil ek graag 'n paar gedagtes met jul meedeel en vrae stel en vra dat jul my antwoord:

    Rassisme is ’n siening dat iemand anders of ’n ander groep mense minderwaardig is of anders
    behandel behoort te word bloot op grond daarvan dat hulle tot ’n ander ras- of kultuurgroep behoort.
    Rassisme is aangeleerde gedrag ’n Mens word nie rassisties gebore nie. Rassisme is aangeleerde gedrag wat jy dikwels met die moedersmelk van taal, geskiedenis, politiek en kultuur inkry. Jy
    aanvaar dat negatiewe houdings op rassegronde reg en selfs goed is omdat almal in jou “in-groep” so dink of so handel. Omdat jy aanleer om met hierdie bril na die wêreld om jou te kyk, vind jy ook heel maklik “bewyse” van hoe sleg of verkeerd of minderwaardig “die ander” is. Jy is gou om jou mening te verdedig op grond van veralgemenings wat uit enkele spesifieke gevalle afgelei word. “Kyk daar! Ek het jou mos gesê!” Mettertyd groei daar vaste stereotipes: Indiërs is skelm; Vendas is lui en Zoeloes veglustig; oor die algemeen is swartmense sonder inisiatief; wittes is hoogmoedig en materialisties; Jode kry altyd hulle sin; Nigeriërs is skelms; Christene hou van mag en Moslems is fanaties.
    Om nuut na ‘die ander’ te kyk Wat rassisme so moeilik maak om te oorkom, is dat dit ’n skuif in paradigma of waarneming van “die ander” vereis. Jy moet ’n nuwe bril kry. Dit vra van iemand om
    kontra sy of haar agtergrond en vasgelegde oortuigings te dink en hopelik te handel. Wanneer hierdie paradigma boonop nog godsdienstig ondersteun word, is die taak inderdaad formidabel: “As God ook soos ek dink hoekom moet ek dan verander? Dis mos sy wil.” Daar is teoloë wat meen ons moet liefs nie probeer om die waardigheid van alle mense vanuit die Christelike geloof te verdedig nie. Eerstens sou so ’n “Christelike” verdediging juis nie universeel wees nie, en daarom slegs beperkte “intra-
    Christelike” geldigheid dra. Wat dan van die res van die mensdom? Tweedens is godsdiens dikwels die oorsaak en grond vir rassisme (ons eie geskiedenis vertel daarvan), en moet ons juis die invloed van godsdiens beperk. Die enigste uitweg is om sekulêre argumente op grond van byvoorbeeld die Universele Verklaring van Menseregte te voer. Ek meen tog dat ons rassisme vanuit die Christelike
    geloof moet beveg. Ek kan die teenargumente in die vorige paragraaf net mooi omdraai: Christene moet natuurlik begin om die Christelike basis van rassisme in eie midde te beveg. Dis ’n intens hermeneutiese stryd wat ons nie kán of mág opgee nie. Ons moet die teenrassistiese strominge (daar is ook ander!) in ons tradisie uitlig en versterk, en nie ons geloof prysgee op grond van die historiese misbruik daarvan nie.

    Om met oortuiging rassisme te beveg


    Verder het ons ’n roeping: As ons die evangelie met sy inklusiewe genadeboodskap glo, aanvaar ons die taak om dit universeel te verkondig. Ons mag nie die huidige wêreld bloot aan sekulêre argumente oorgee nie – juis omdat hierdie argumente nie deur almal gekoop word nie. Rassisme moet universeel óók met die kragtige oortuigings van die Christelike geloof beveg word. Ons het dus ’n interne en eksterne taak. Om ‘die ander’ in die geloofsgemeenskap in te sluit Die eerste taak is na binne gerig: Ons moet vashou aan die Bybelse visie dat die geloofsgemeenskap ’n voorbeeld van verwelkoming en gasvryheid is, waar – soos Korintiërs sê en Belhar bely – ons verskille positiewe bates is om mekaar in vryheid te dien. Laat ons nie vergeet dat die profete telkens Israel se “eksklusiewe” en “nasionalistiese” selfverstaan as God se uitverkore volk bestry het nie. Hulle moes die “ander”,

    die vreemde, in hulle midde verwelkom “want julle was self slawe in Egipte”. Die wetgewing oor die
    vrystelling van slawe en die inkorporering van buitestaanders in die huis van Jakob maak die idee van Israel as ras-gebaseerde Godsvolk gewoon vreemd aan God se intensies. Laat ons nie vergeet dat Jesus se bediening ’n merkwaardige teenspraak op die kulturele en godsdienstige oortuigings van sy tyd verteenwoordig nie. Hy sluit Samaritane, onrein vroue, gehate belastingmense en uitgestote mal mense by sy liefde in. Laat ons nie vergeet dat die eerste gemeente in Jerusalem ’n mengelmoes van tale, rasse en stande ingesluit het nie. Nogtans het hulle eendragtig volhard in gebed en breking van brood, mekaar ondersteun en die Here geprys (Hand 2). Laat ons nie vergeet dat in dieselfde
    Handelinge-verhaal God Petrus van rassisme bevry nie: “Wat ek rein verklaar het...”, en dat die Apostelkonvent presies op hierdie punt duidelik lei: Ons gaan nie swaarder laste op nie-Joodse bekeerlinge plaas as op ander nie, want ons is almal uit genade gered. Laat ons nie vergeet nie dat Paulus sy eie ras en kultuur as waardeloos vir verlossing afmaak (Fil 2) en daarop aandring dat die nuwe gemeenskap almal kinders van Abraham is: Daarom is daar nie plek vir rassisme nie – daar is nie meer Griek of Jood nie, want ons in een in Jesus Christus (Gal 3). Die implikasie van hierdie eerste, “interne” taak is duidelik: Solank daar tekens van rassisme binne die Christendom leef, solank rassisme nog op grond van die Bybel en tradisie verdedig word en strydlustige taal teenoor ander gelowe gebruik word, staan hierdie gemeenskap self teenoor die genade en liefde van God. Ons mag nie God se anti-rassistiese visie vir die geloofsgemeenskap self prysgee of verloor nie. Om elke mens as God se mens te beskou Die tweede taak is na buite gerig. Dit het te make met ’n universele intensie wat almal insluit – ook diegene buite ons geloofsgeledere. Dis hier waar die mens “geskape na Gods beeld” (Gen 1) so ’n belangrike rol speel.

    In watter opsig is mense “die beeld van God”?


    Verskeie antwoorde is al hierop gegee, maar die konsensus is nou: Daar is geen spesifieke eienskap in die mens self wat die beeld van God versinnebeeld nie. Mense is nie “beelddraers” omdat ons rasioneel of (anders as diere) kultuurskeppers is, of omdat ons op een of ander manier fisies “soos God” lyk nie. Die gevaar van so ’n standpunt is duidelik – ons sal hierdie eienskap in sommige sien en in ander nie.

    Nee, beelddraer beteken dat mense kragtens die feit dat God hulle geskep het aan God verbind is en behoort. Alle mense staan – so glo ons – in ’n onontwykbare verhouding tot God, die Skepper van ons almal. Ons ken dus nie status of waardigheid aan mense toe op opvoedkundige, mediese of kulturele gronde nie, maar op grond van ’n dieper visie: Elke mens is God se mens. Daarom respekteer ek elke mens en elke groep en behandel hulle met gelyke waardigheid – maak nie saak hoeveel ek van hulle verskil of hoe min ek “natuurlikerwys” van hulle hou nie. Die Christendom ontleen hierdie visie aan ons
    Joodse wortels en stem hierin ooreen met ons naaste godsdienstige bure, die Judaïste. Natuurlik het ons dit nog verder vertolk: Christus is by uitnemendheid die beeld van God (Kol 1). Die Heilige Gees herskep ons immers om al hoe meer soos Christus te word. In hierdie beeld van God, Christus en die Gees, het rassisme geen plek nie. (bron - Piet Naude, predikant)
    Nou goed, ek stem nie saam nie en korrigeer my asseblief as ek verkeerd is, ek is immers hier om te leer en geestelik te groei, maar daar is 'n berg op hierdie pad, en die berg word rassisme genoem. so ek as gelowige mag nie rassisties wees nie want jy moet almal onvoorwaardelik liefhê ensovoorts, rassisme is eensydig, volgens anderskleuriges, wat vir my dui op hoe beperk hul mate van verstand is, blykbaar is net die wit nasie rassisties, omdat ons ongelukkig is oor ons volk wat wreed gemoor word, omdat als waarvoor ons so hard gewerk het oorgeneem is en in chaos gedompel is, omdat ons vooruitgang beperk word deur regstellende aksie, omdat ons nie die son mag sien skyn nie, dit maak van my nou 'n rassis, maar wat het geword van "ek is geregtig op my eie opinie, vryheid van spraak, nie haatspraak soos hul bekende "kill the boer" liedjie nie, net vryheid van spraak. word ek nou gedwing om alles wat verkeerd teen ons gedoen word goedsmoeds te aanvaar en die ander wang te draai? as ek dit nie doen nie is ek 'n slegte christen of 'n swak gelowige? maak dit van my 'n vreemdeling in God se oë as ek hartseer en kwaad word oor die moorde en onregverdigheid teenoor ons? Ek voel ons het net sowel reg om te kan aankla vir rassisme as wat hul het, in teen deel meer so, maar ons mag nie want, ja ek wil nie eers uitbrei daaroor nie, is dit so verkeerd van my om te voel ander nasies se kultuur is barbaars, primitief, geesloos selfs? laat ek dit net baie duidelik maak ek skeer nie almal oor dieselfde kam nie, almal is geregtig op hul manier van dink en leef, maar doen dit sonder moord, sonder verkragting, diefstal en onderdrukking, en as jy dit nie sonder dit kan doen nie,waarom moet ek jou liefhê en respekteer? daar is 'n baie bekende gesegde uit die fliek Braveheart wat nogals my motto in die lewe is wat sê, "I would rather die on my feet than live on my knees", is dit eerbaar om lief te hê dit wat verkeerd is?, nie volgens my nie, ek kan verkeerd wees in my siening en ek respekteer elkeen wat anders voel as ek, ek verstaan net nie op watter vlak dit my geloof sit as ek voel soos ek nou verduidelik het nie, mag ek durf vra; het God nie ook 'n afsku aan dit wat verkeerd is nie?

    Groetnis
    Silencio
    How can one expect to have his prayer heard for mercy by what is above him when he shows no mercy for what is beneath him?

  5. The Following User Says Thank You to Silencio For This Useful Post:


  6. #5
    Mod
    knipmes has a spectacular aura about knipmes has a spectacular aura about
    knipmes's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Durban
    Age
    51
    Posts
    583
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 7

    Quote Originally Posted by Silencio View Post
    ...het God nie ook 'n afsku aan dit wat verkeerd is nie?...
    Kindjie, watter Vader sal Sy kindjie verafsku as daar verkeerd opgetree word... almal op hierdie vlak word blootgestel aan foute maak, beide goed en sleg (deur die mense oog gesien) waardeur ons almal die kans kry om te groei op geestelike vlak, sodat geen maar geen Vonk verlore mag gaan nie.




    Luk 23:34
    En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.



    Ek sien myself nie as 'n rassis nie, het 'n weersin in wat aangaan al vir millenia... maar verkies om liewer hierdie vlak as ETNIESE REALIS te ervaar.

    Binne die Bloedrivier Wa-Laer op WENDAG 2010 het die besef tot my gekom dat ons Voorouers nie gedood het ter wille van doodmaak nie, slegs ter wille van oorlewing, want dis die manier van die Boer. Alles op hierdie 3de dimensie vlak vertoon WIT as die verkose uitverkore vlak, en dis waarteen daar gebots en geskop word, want die wat wit misbruik het deur die eeue is en was verantwoordelik vir die "Klaas is Baas" profesie nou ten volle uitgegroei tot die 46664 van vandag. As jy dus deel van die WIT vlak is, op watter vlak ookal, dan behoort die foute jou nie regtig te affekteer nie, wees opreg dankbaar vir die gawe om die verskil te kan sien en weet. Oom Niklaas het ook geprofeteer dat "ons" op die bult gaan staan terwyl die res in die vallei mekaar rassistieslik verwoes. Almal sien daardie profesie as die witmens, veral die Afrikaans sprekende witman in SA... hoe kan 'n Godsman so 'n profesie maak as rassis? In teendeel, hy het as Gods Kind saam met almal van BO gestaan en sien hoe die nie geestelike menslikes (wit en swart en bruin) mekaar verdelg in kleur want dis aards gebonde foute wat verkeerd is... dis ons plig om as die tyd reg is, daardie Vonke op te tel en te help, al is dit een vir een....









    groetnis
    knipmes
    Last edited by knipmes; 26th December 2010 at 11:50.

  7. The Following User Says Thank You to knipmes For This Useful Post:


  8. #6
    Member
    Silencio will become famous soon enough Silencio will become famous soon enough
    Silencio's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    31
    Posts
    233
    Rep Power
    10

    Okay kom ek stel dit anders, ek stel nie belang om oorlog te maak met ander nasies nie, ek wil net in vrede lewe sonder om te vrees vir ons lewens. elkeen ken sy plek, respekteer mekaar en leef in vrede, maar dit is 'n droom wat baie ver van realiteit af is.

    Vriendelike groete
    Silencio
    How can one expect to have his prayer heard for mercy by what is above him when he shows no mercy for what is beneath him?

  9. #7
    Member
    Boerland is on a distinguished road
    Boerland's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Sep 2010
    Location
    Noord Transvaal
    Age
    45
    Posts
    40
    Rep Power
    7

    Geen Boer was ooit n rassis nie.
    Die drie Fleur de Lills

  10. #8
    Member
    Silencio will become famous soon enough Silencio will become famous soon enough
    Silencio's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    31
    Posts
    233
    Rep Power
    10

    Boerland ek maak net seker is jou laaste kommentaar gemik op my? in elk geval ek moet met alle respek sê dat ek sterk twyfel of geen boer ooit rassisties was nie, dit hang af wat jy onder die term "boer" en onder die term "rassis" bedoel. Ek stel dit weereens duidelik dat geen nasie almal onder dieselfde kam geskeer kan word nie, elke nasie het sy goeie en slegte mense, kulture wat ons nie verstaan nie en dus barbaars en primitief vind, dit is hoe ek voel daaroor.

    Groetnis
    Silencio
    How can one expect to have his prayer heard for mercy by what is above him when he shows no mercy for what is beneath him?

  11. #9
    Mod
    knipmes has a spectacular aura about knipmes has a spectacular aura about
    knipmes's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Durban
    Age
    51
    Posts
    583
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 7

    Boerland, die enigste Boer wat dit kan staaf met opregtheid, is 'n Boer wat nog nooit slawerny toegepas het nie...

    (geen anderskleurige het die voorreg -vir geen geld in die wereld nie! - om my of my gesin se onderklere te was nie...)



    groetnis
    knipmes

  12. #10
    Mod
    Vicky will become famous soon enough
    Vicky's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Jun 2007
    Location
    Bloemfontein
    Posts
    111
    Rep Power
    10

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    (geen anderskleurige het die voorreg -vir geen geld in die wereld nie! - om my of my gesin se onderklere te was nie...)



    groetnis
    knipmes
    My liefste vriend, daai stelling het op sigself 'n goeie knypie rassisme daarin versteek.
    I am a child of Earth and starry Heaven;
    But my race is of Heaven alone"

+ Reply to Thread

Similar Threads

  1. Spangenberg se Jesus sal sommige lesers skok
    By Die Ou Man in forum Nuus
    Replies: 2
    Last Post: 18th June 2011, 09:12
  2. Mot bly maar 'n mot!
    By knipmes in forum Humor
    Replies: 0
    Last Post: 22nd October 2010, 19:51

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites