Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Results 1 to 1 of 1

Thread: Die Samaritane en hulle Tora

  1. #1
    Stefanus has a spectacular aura about Stefanus has a spectacular aura about Stefanus has a spectacular aura about
    Stefanus's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Oos-Londen
    Age
    49
    Posts
    1,287
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 1


    Die Samaritane en hulle Tora

    Deur Alphonso Groenewald


    Dikwels vind ons verwysings in die Nuwe Testament na die Samaritane. Wie was hierdie groep? Wat moet ons onder die begrip Samaritaan verstaan? Hiermee word diegene bedoel wat behoort het aan daardie betrokke godsdienstige gemeenskap wat hulle religieuse sentrum op die berg Gerisim by Sigem (die huidige Nablus) gehad het; in teenstelling met diegene wat hulle sentrum op die berg Sion in Jerusalem gehad het. Net soos in die Judaïsme was die Samaritane ook verbonde aan die Jahweh-geloof van oud-Israel. Hulle selfbenaming Samarim (Hebreeus = bewaarder) is ‘n aanduiding van die feit dat hulle daarop aanspraak gemaak het dat hulle die ware geloof van oud-Israel op die regte manier bewaar het.

    Daar bestaan genoeg bewyse daarvoor dat die Jode en die Samaritane aan die einde van die 5e eeu v.C. hulleself nog as behorende tot een en dieselfde godsdiens beskou het. Beide hierdie groepe het die Tora, wat vermoedelik eers aan die einde van die 4e eeu v.C. afgesluit is, aanvaar. Die Samaritane het egter ‘n eie kultustradisie op die berg Gerisim in stand gehou en het nie aan die Jerusalemse kultus deelgeneem nie.

    Dit is egter nie presies duidelik wanneer die weë van die Jode en die Samaritane geskei het. Wat ons egter wel weet is die feit dat daar in die 2e eeu soveel spanning tussen hierdie twee groepe ontstaan het dat die Hasmoniese koning Johannes Hirkanus die Samaritaanse Tempel op die berg Gerisim laat verwoes het. Tydens die totstandkoming van die Nuwe-Testamentiese geskrifte is die Samaritane nie meer as Jode beskou nie: dit sien ons duidelik uit onder andere Matt 10:5 en Joh 4:9.

    Ten spyte hiervan het daar egter nog altyd groot ooreenkomste tussen beide hierdie godsdienstige groeperinge bestaan: hulle het dieselfde hooffeeste onderhou en beide was gebaseer op die Tora. Die verskille wat ons tussen die Joodse en die Samaritaanse Pentateug opmerk, is ‘n duidelike gevolg van die konflik wat tussen hierdie twee groepe so toegeneem het dat dit ‘n breuk tussen hulle veroorsaak het: terwyl dit duidelik word dat die Joodse Tora gepoog het om alle verwysings na die berg Gerisim uit alle oorlewerings te verwyder, word hierdie verwysings egter nog sterker in die Samaritaanse Pentateug beklemtoon: die verwysing in Deut 27:4vv om op berg Gerisim ‘n altaar op te rig, word hier as “elfde gebod” aan beide die dekaloë in Eks 20 en Deut 5 bygevoeg.

  2. The Following User Says Thank You to Stefanus For This Useful Post:


+ Reply to Thread

Similar Threads

  1. Die Verbondsvolk Israel: Wie is Hulle?
    By Stefanus in forum Blanke-Israelisme en Wit teologie
    Replies: 3
    Last Post: 25th August 2010, 00:21
  2. Israelvisie volhard met hulle dwalings
    By Stefanus in forum Blanke-Israelisme en Wit teologie
    Replies: 0
    Last Post: 24th August 2010, 23:52
  3. Wie was hulle nageslag?
    By Arend in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 10
    Last Post: 15th March 2008, 13:01

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites