Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Results 1 to 2 of 2

Thread: Die seën van onsekerheid

  1. #1
    Mod
    Vicky will become famous soon enough
    Vicky's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Jun 2007
    Location
    Bloemfontein
    Posts
    111
    Rep Power
    10

    Die sëen van onsekerheid
    2011-01-07 21:18

    ‘Mag geloof jou onseker maak in die nuwe jaar” klink na die sëenwens van ’n siniese mens.

    Ons het immers ’n sterk behoefte aan sekerheid. Sekerheid oor God, oor onsself, oor hoe reg ons is en oor die toekoms.

    Godsdiensgroepe wil dié behoefte vervul. Daarom verkoop hulle graag sekerhede wat jou eie en groepsbelange legitimeer.

    Al hierdie vermeende sekerhede kan mens arrogant maak. Jy kan ongenaakbaar raak teenoor dié wat nie met jou sekerhede eens is nie. Jy het nie simpatie teenoor diegene wat swaarkry nie, want jy het ’n starre verklaring van hul probleme. Jou kritiese denke verdwyn. Jou sosiale verantwoordelikheidsin stomp af. Sekerheid word ’n vloek.

    Wat ons land vanjaar nodig het, is mense met soepelheid én stabiliteit. Ons kan dit as “gesonde sekerheid”, of eerder “gesonde onsekerheid”, beskryf. Soos ander Bybelse profete poog Jeremia om die mense se gevaarlike godsdienstige sekerhede te ontmasker en te vervang deur geloof in God wat die onsekere toekoms bestuur.

    Vanuit ’n gesonde onsekerheid kan mens van God afhanklik bly. Alles wat ons weet, is voorlopig.

    Daarom is ons versigtig vir ideologiese denkpatrone – veral dié wat mense stereotipeer. Ons luister weer en weer na ander om wysheid te bekom. Onsekerheid bring bereidheid tot selfkorreksie. Groei in ons karakter word moontlik.

    Van die grootse voordele is dat jy oop raak vir die nuwe moontlikhede wat God se Gees jou gee.

    Jy maak vrede met teenstrydighede en blywende ongemak. Jou verbeeldingskrag begin werk. Jou selfgesentreerdheid neem af. Jy sien in: “Daar is tog ’n bydrae wat ek kan lewer om die onderwyskrisis, misdaad, armoede of wat ook al te verlig.”

    Ons beste wens vir mekaar? “Mag die geloof in God onsekerheid oor jou gevestigde denke en patrone bring en jou daarom in 2011 laat groei.”

    Uit die Woord: “Moenie julle vertroue stel in leuens nie. Julle sê: ‘Ons is veilig. Dit is die Here se tempel ...’ Maak liewers julle lewe ... reg.” – Jer 7:4.

    Bron
    I am a child of Earth and starry Heaven;
    But my race is of Heaven alone"

  2. #2
    Member
    Silencio will become famous soon enough Silencio will become famous soon enough
    Silencio's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Oct 2010
    Location
    Bloemfontein
    Age
    31
    Posts
    233
    Rep Power
    10

    Goeie punt wat jy uitlig Vicky en ek neem dit ter harte, soos altyd is jy 'n bron van inspirasie, jy is 'n voorbeeld vir vele want jou hart straal van goedheid.

    thanks!
    Silencio
    How can one expect to have his prayer heard for mercy by what is above him when he shows no mercy for what is beneath him?

+ Reply to Thread

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites