Kommentaar op die artikel in Rapport:
Beajatra Dominee Pieter behalwe al die bogenoemde dinge, lyk dit vir my of jy dalk op 'n dieet moet gaan!
vickyvgemertAg man, die doom se kop raas. Ek brul en word naar en laat winde en voel of ek die mure kan uitklim wanneer ek n erge migraine het. Nou vind ek uit na amper 40 jaar dat ek eintlik besete is??? Wyk Satan!!
Pareidolia Net nog 'n duidelike bewys van die veragterliking van die Afrikaner. As jy GLO in 'n boek (stel jou voor die Harry Potter-reeks, aangesien dit hierbo genoem word) wat stories van pratende donkies, towenaars, demone, hekse, stokke wat in slange verander, kos wat uit die lug uit val, mense wat op water loop (kul jou hier, kul jou daar....), zombies wat uit die dood opstaan, en 'n verskeidenheid toweragtige, absurde en primitiewe stories vertel, het jy beslis psigiatriese hulp nodig. Naas die Harry Potter-reeks staan die bybel as 'n topverkoper van absurditeite. Vermaaklik, ja. Om ernstig opgeneem te word??? Kom tog by! En nou kry ons lieplappers soos Fourie wat duidelik die kluts kwyt is. En almal vreet dit vir soetkoek op. Hoe pateties! En ek is vol afwagting op die verontregting in die reaksies wat nou weer gaan volg op my skrywe. Komende van die bygelowige christen-apologete, natuurlik. Red 'n volk!
Allas Ek wou se Harry Potter voer ons 'n poep.
Ou Pietertjie jy is so snaaks. Lyk my jy spandeer die gemeente se tiendes by die Spur. Word groot en gaan kry vir jou 'n regte werk. Deur mense bang te maak met julle bangmaakstories oor god en satan grens aan bedrog.
Ek kan sien dat iewers in die nabye toekoms gaan iemand die kerk dagvaar vir miljoene vir al die twak en breinspoeling wat hulle vir jare gevoer is en al die geld wat die kerk uit hulle getap het. En sonder bewyse dat al die goed waarmee julle mense hul lewens deur bangmaak, bestaan, gaan die saak dalk maklik gewen word.
Blip Wat 'n klomp snert! Ouens wat so aangaan is eerder dronk, gerook of net mal as "besetenes". Dis bygeloof.
muis asb!!! VERLOOR GEWIG EN MOENIE DIE NG KERK SE NAAM SO GAT MAAK NIE asb!!!
Ralph Dit is interessant dat die hedendaagse bevrydings-operateurs hulle beroep op Jesus se bediening. Maar nêrens het Jesus lang gesprekke of sessies gehad met al die manifestasies wat die afgelope 40 jaar in dié soort bediening na vore kom nie. Het die demone taaier geraak deesdae? Jesus het net 'n "woord" gespreek. Veral as ek ds Pieter se gruwelike hantering van die Bybel aanskou, kan ek nie glo dat hy Geessensitief genoeg is om te onderskei tussen sielkundige manipulasie en ware bevryding nie. Die waarheid maak vry - nie premoderne rites en truuks nie.
Retha
Los die verslae en lees maar net weer die Bybel. Die NG Kerk moet tog asseblief net nie in die hande van die duiwel bly nie. Natuurlik sal mense wat nog nie deur Christus se evangelie bevry is nie, deur bose geeste geteister word en dank die Heer vir mense wat nie bang is om hulle hande met bevryding "vuil te maak nie". Alles is deesdae so oppervlakkig, sodra daar diepper gedelf word, word jare aan verslae spandeer, terwyl sielle verlore gaan. Selfs mense wat reeds deur Christus se evangelie bevry is, word soms deur demone geteister. Daar is beslis 'n oorlog tussen goed en kwaad, lig en duister. Hoekom anders sal die Here in SY Woord ons maan om die wapenrusting aan te trek. Nou wil die NG Kerk ons laat slap le. Ag nee man, dit word net erger en erger en erger. Op hierdie stadium is die NG Kerk die duiwel (en ja hy en sy trawante bestaan wel)se grootste oorwinning. Kom ons begin maar weer onder bome vergader en vertel die mense van Jesus se liefde en die duiwel se boosheid. Trek aan julle wapenrusting en hou aan om Jesus se liefde, vrede en vergifnis vir ander mense te wys en bid die sinode kom tot bekering.
natie.victor Waaroor moet daar gepraat word NG Sinode? Jesus Christus het op die oomblik opgetree vir dié wat Hom nodig gehad het, en ook daardie krag en mag aan ander gegee. As Hy vir Sinodes (en Fariseers) moes wag om besluite te need sou niks gebeur het nie! Hierdie Ds. doen niks onderduims nie, terwyl julle sinode vergaderings hou, red hy siele vir Jesus, dalk selfs nog julle eie kinders............
Fossiel Ek het goeie kontak gehad met die bevrydings beweging, en in die proses heelwat vrae gevra, oor standpunte wat gemaak word. Selfs het ek gehoor van kinders wat sg gebind is omdat hulle ouers tydens swangerskap hulle geslag bepaal het.
Daar is in die Bybel GEEN rekord van 'n gelowige wat gebind of besete is nie. Slegs ongelowiges. Die beste bevryding vir my was om by 'n kerk aan te sluit wat hierdie waarheid leer, en leer van 1 Joh 5:18 - die Seun van God bewaar ons en die duiwel kry geen vatkans op ons nie. Pleks om my moeg te maak oor agter watter tafelpoot 'n demoon op my spring, verheug ek my dat Jesus die enigste is waarop ek staat maak. Calviniste (wat juis klem le op genade)moet eerder studie doen oor genade, as om ons moeg te maak oor dinge wat nie in die Bybel is nie.
Olyfolie is slegs 'n simbool en het geen krag op sy eie nie.
kobus bloemf indien ds fourie die roeping ervaar om hierdie ernstige saak aan te spreek en daadwerklik iets daaraan te doen, vertrou ek dat hy die nosige hulpmiddels en mense sal ontvang/ontmoet. satan is oorwin, heeltemal reg, MAAR die finale oordeel kom nog. die verloorder "spook" nog lustig, in ons huise, onder ons kinders, selfs waar ons hom allermins verwag. AS DS FOURIE HIER LEES, KONTAK ASSEBLIEF AUKSANO IN BLOEMFONTEIN. dankie vir die moed van u oortuiging en getrouheid aan u roeping
ewald Huh?
ewaldVan braak en brul gepraat. Pietertjie jy lyk op 'n haar na 'n brulpadda en dis tyd om te braak my vriend. Mag liewe jesus jou verlos van jou verslawing aan kos. AMEN.
Hannes Dis baie duidelik dat al Ds Pieter se demone in sy kop, en dalk meer spesifiek, sy ken sit. Die tipe twak wat hy verkondig plaas ons terug in die middeleeue.
Tc Dit is twak!
Julle gee die duiwel heeltemal te veel eer.
Oppas om nie appostels van die 'bose' te raak nie.
Tc Twak!
Leuens. Speletjies. Toneelspel.
Hulle gee die 'bose' heeltemal te veel eer. Daardeur raak hulle aposetels van die sg. 'duiwel'.
Blip Hul's mal of dronk of gerook. Nie deur bose geeste besete nie. Dis net bygelowige snert.
Sir Lancelot Daar bestaan nie iets soos demone nie. Nes daar ook nie iets soos Kersvader, die Paashaas en die tandemuis bestaan nie. Ek daag enige een uit wat hier lees om my verkeerd te bewys. Wie hier het al 'n demoon "face to face" gesien? Ek praat nie van 'n leeu wat in die nag brul, en jy glo dan dis 'n demoon nie. Of dat jy 'n swart kat gesien het, en nou glo jy vas jy het 'n demoon gesien nie.
Hope123 Ek sal jou met die grootste plesier en liefde wys hulle bestaan. Ek is net bang jy gaan dit nie maak nie ou swaer. Ek sal ook 'n DVD saam bring sodat ek dit later op You Tube kan plaas sodat die wat nie aan demone glo kan sien hoe word jy 'n gelowige. Waar woon jy dan reel ons 'n "sessie"?
milada.maritz Dit is so jammer die artikel lê klem op "besetenes wat braak en brul".... Nie alle bose geeste werk so nie. Daar is ander wat op 'n baie meer subtiele manier te werk gaan!!
Dit is tyd dat die mense wakker skrik en besef dat hierdie geeste 'n werklikheid is!
Efesiërs 6:12
"Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug."
En hoekom anders sou Jesus ons leer bid (met die Onse Vader) om vir beskerming teen die bose te vra..... en Sy wil te laat geskied op aarde, net soos in die hemel.
God is tog nie 'n mens nie.... God leef IN ons. Hy is 'n Gees. Hoe kan ons dan die bestaan van bose geeste ontken?
Ek dink ds Pieter en almal wat gepla word deur bose geeste het eerder gebed as ondersteuning nodig.... nie kritiek nie!!
Hope123 Amen!
Emwee Dit is die ernstige probleem met godsdiens en die breinspoelling en indoktrinasie daarvan. Kinders is onvangklik en baie sensitief en geloofssake en godsdien behoort verbied te word. Daarom is ek van mening dat kinders self die besluit oor godsdiens kan maak as hulle volwasse genoeg is.
Aaptwak EN daar sien ek toe ook vanoggend my eerste demoon, pragtig aagetrek in sy mooi blou hempie en vaal wurgende dassie. Asb dominee, hou jou eerder besig met dit wat jou werk is. Jou teoriee is gewoon gebaseer op 'n klomp stront wat jy jouself wysegemaak het. Ironies genoeg veg die NG Kerk so hard om relevant te word dat hulle waarskynlik nog sangomas ook gaan aanstel in die nabye toekoms.
Dominee kan dalk beter doen vir sy gesondheid as hy eerder sy kos salf met olyfolie, eerder as om kindertjies te bemors.
johan.crafford Dis altyd interessant hoe mense uitlatings maak en van goed praat wat hulle niks van af weet nie. Soos 'n hele paar hieronder gedoen het. Hoekom?Pieter, dankie vir die ongelooflike goeie werk wat jy doen. Diemense wat jou ken en by jou betrokke is weet wie en wat jy is.
Bookmarks