Hoe verstaan u die lering van die DRIE EENHEID? Waar kom dit vandaan? Het Paulus en die ander apostels tydend hul sendingreise dit as sulks verkondig?
Is dit nie dan die lering van die Anti Chris? Deur hierdie stelling te maak hou groot vervolging in, ek weet, maar sou graag wil antwoorde vind wat bevredig teenoor wat ek verstaan uit die volgende:
Die boodskap wat Paulus, Aristobulus, Petrus en ander in die tydsperiode pas nà die kruisiging, na Europa en Brittanje gebring het, het aanklank gevind by die Druïde. Beide groeperinge, Christene en Druïde is individueel of gesamentlik vervolg deur die Romeinse Ryk. Diè vroeë Christene is vervolg deur die Keisers van Rome. Vervolg en gedood aangesien die boodskap wat aan hulle, die Kelte en Germane verkondig was, die inhoudelikheid bevat het van ‘n hoop op ‘n herstelde koninkryk vir Germane, Kelte en Skittiërs!…die vyand van die Romeine op daardie tydstip! Die Romeine het geen erg daaraan gehad om oorwonne volke te vervolg oor hul godsdienstige oortuigings nie MAAR die Christene binne die Romeinse Ryk, is gesien as rebelle wat die Germaanse stamme ondersteun het en is daarom vervolg! Maak dit nie meer sin nie? Vervolging deur so 'n magtige Ryk op 'n handjie vol Christene wat die vredesboodkap glo...het nog nooit vir my sin gemaak nie!
Drie honderd jaar nà die kruisiging, het die Romeinse leër grotendeels bestaan uit soldate van Galliese en of Germaanse afkoms. Almal Christene volgens die verkondiging van die lering deur Paulus. Almal Arianistiese Christene, wat hulself vereenselwig het met die lering, soos deur Paulus en die apostels aan hulle verkondig was. Hulle word Arianiste genoem omrede hulle navolgers was van Arius in 325 nC.
Arius het die verkondiging van die evangelie voorgestaan gebaseer op die eerste gebod, naamlik die aanbidding van ‘'n monïstiese godsdiensvorm. Soos die Jode van vandag!!
Arius het Jesus se mensheid erken as sou hy die TWEEDE ADAM gewees het wat as verlosser intree vir die val van die EERSTE ADAM. Arius, ‘'n ou man, was ‘n leraar in Alexandrië, die opponeerder van die nuwe benadering in die kerk van daardie tyd! Hierdie nuwe benadering is ingevoer deur ATENASIUS, ‘n leraar uit Egipte wat JESUS gelyk stel aan GOD, die Skepper.
Met die Nicea sinode van 325 nC. verkry Atenasius die steun van Konstantyn en word die Christenkerk deur Konstantyn erken met die lering van ‘n TWEE EENHEID godheid!
Eers in 381 nC. het die sinode die lering van die DRIE EENHEID ingebring. Die lering soos deur die aanvanklike kerk verkondig, is deur die Roomse kerk as kettery gebrandmerk in 379 nC.
Hierdie lering het egter staande gebly onder die Germane en hulle is deur die Roomse Kerk van die tyd vervolg! Die Germane en Kelte is vervolg omdat hulle die DRIE EENHEIDS gedagte nie onderskryf het nie. Die Protestantisme het effe lig gebring toe verklaar is dat die Pous inderwaarheid die Anti Chris is! Maar is die Protestantse kerke nie maar op dieselfde roete as die Roomse nie?
Paulus se lering was gegrond op die Skrif en wel op die eerste gebod naamlik dat slegs die God wat hemel en aarde gemaak het, aanbid mag word. Drie honderd jaar nà Paulus het Arius steeds hierdie grondbeginsels onderhou. So ook die Culdees of Oulde Churche in die weste van Brittanje.
Atenasius vind ondersteuning by Konstantyn en bring eers in 325nC. die gelykstelling van die seun Jesus met God die Skepper. Eers in 381 nC. is die Heilige Gees toegevoeg tot hierdie TWEE EENHEID en word die kerklering ‘n drie-in-een godsbegrip. Dieselfde as in die Mitras geloof. Ook die moeder-kind begrip van die Katolieke kerk is ‘n uitvloeisel van die Isis en Baal gelowe.
Onmiddelik na die wettiging van die Christen Kerk, deur Konstantyn, in Rome, het die vervolging weereens hervat en hierdie keer was dit die Katolieke Kerk wat die Arianistiese Christene van die primitiewe, of oorspronklike kerk en Culdees Church, vervolg het.
Toe Augustinus dus die basiese geloofsaspekte van die Culdees kerk wou verander het hy homself en die Katolieke kerk geweldige antagonisme op die hals gehaal, veral van die Skotse kerkvaders. Soveel so dat die Skotte nie eens aan dieselfde tafel wou eet of onder dieselfde dak as die Katolieke afgevaardiges wou verkeer nie.
Daar is bereken dat die keisers van Rome ongeveer twee en ‘n half miljoen Christene, in die eerste drie eeue na Christus gedood het. Die Katolieke Kerk het in die tyd wat gevolg het tot die sewentiende eeu nC., meer as dertien miljoen Christene gedood!
Dit wil verder voorkom asof die Katolieke kerk en haar dogters daarin geslaag het om die geloof van die Apostels en die van die eerste gemeentes totaal uitgewis het.
Bookmarks