Pionier,
Prontuit is die antwoord weereens dit wat onderandere ons begaafde Die Ou Man so duidelik uitspel:
dat alle georganiseerde, mensgemaakte oplossings gedoem is
Die geskiedenis is vol van die feit dat daar alewig 'n judas of tien onder ons skuil... elke keer wat die volk of geledere uit die volk dit op hulself neem om die laer te trek, dan faal dit met ons mense wat of alles verloor of opeindig in die tronk as vyand van die staat, weens judasse wat of reg of verkeerdelik opgetree het... en die rede daarvoor was nog altyd... materialisme, wat ideologiee as meestal verkrampte vashouding aan die verlede insluit.
Wanneer ons dit vanself doen, uit ons eie uit, dan sal dit nie werk nie!
Maar wanneer dinge spontaan uit nood, met ander woorde wanneer almal van die volk, nie net sekeres op die plaase byvoorbeeld nie, maar almal van ons volk in direkte nou hier lewensgevaar sal wees, en daardie situasie ons dan noop om saam tot redding te bid, dan gebeur wat by Bloedrivier gebeur het... die verskil van toe en nou is dat nou nog is ons nie in gevaar nie, in elk geval nie as volk in geheel nie... baie kan verskil met my weens weereens ideologiee, maar ek seg dit omdat ek verskil want ek gaan weleswaar maandag oggend maar weer in my kar klim en lekker musiek luister oppad werk toe, en weer terug in die aand waar ek by die spar uitklim en sweets koop saam met 'n brood... soos duisende van my volksgenote, waar is die gevaar? Natuurlik kan mens argumenteer dat enigiets met mens kan gebeur, aardbewings, tsunami's, modderstortings, storms, vloede, en oorloe... high-jackings en aanrandings, beplande moorde, noem maar op, dis deel van die beskawing, maar dit beteken nie ons as volk BESEF ALMALdat nou's daar k@k nie! Dis eers wanneer ons almal gelyk weens watter rede ookal tot daardie punt kom as geheel wat die beginpunt ons genadiglik bereik het...op een ogenblik
Die Gelofte by Bloedrivier begin met... "Hier staan ons nou in een ogenblik...Daar gaan nog baie water en gemors in die see loop voor ons daardie punt kan bereik, en ryp druk gaan dit nie aanhelp nie, jammer om te se.Oom Niklaas : smeltkroese??
groetnis
knipmes






Reply With Quote





Bookmarks