Vinnie - Maart 07, 2010 om 02:53
Maar net nog 'n sekte wat glo hulle is reg, kyk maar op internet na Harold Camping se agtergrond en beginsels, of het Johan nie internet daar waar hy bly nie?
Abdulhalli Shittu - Maart 07, 2010 om 06:40
...ek gaan daai dag my boot vat en ek gaan heeldag visvang en braai, net die dag geniet! Dis dalk die rede hoekom Mal-Emma nie belasting betaal nie, sy weet iets wat ons nie weet nie? (Die Goeie Vader se niemand weet wanneer nie - lees julle Bybels)...he,he net in ZumZimLand, Mandelatopia!
carel - Maart 07, 2010 om 07:23
het na hom geluister in vsa en hy het dit al gevoorspel vir erens in 1996 ook,nou weer n ander datum,die woord se egter dat niemand die tyd en dag weet behalwe ons VADER in die hemel.
Kapenaar - Maart 07, 2010 om 07:24
As tot die engele in die hemel nie weet wanneer die wederkoms is nie, hoe sal julle weet. Ek kan jul nou 'n brief gee om te se julle is verkeerd, en julle laster.
Susan - Maart 07, 2010 om 08:07
God se Woord se duidelik dat niemand nie eers JESUS en die engele weet wanneer die einde is nie. Hoe kan ons as mense sommer besluit die wegraping gaan op 21 Mei 2011 wees. Tekens sal daar wees maar ons kan nie sulke voorspellings maak nie!
JAAK - Maart 07, 2010 om 09:25
So nou is dit 21 Mei 2011, n ruk terug was dit 21 Desember 2012? Ek stem volkome saam met Susan, net God weet waneer hy sal terugkom aarde toe, dit is nie vir die mens om te bepaal nie. Hoeveel snert gaan die mensdom nog uit hulle duime suig. Billy Hopley en aanhangers, ek hoop julle saak is reg met julle Jesus waneer dit ookal sal gebeur.
frikkie botes - Maart 07, 2010 om 09:46
Al 7 biljoen wil graag deel wees van die 2 miljoen,maar volgens die bybel word net 144 000 weggeraap, en dit is mans wat nooit seks gehad het nie. pasop vir a nuwe David Koresh en Jim jones
Johann - Maart 07, 2010 om 09:47
As enige iemand dit glo wil ek he hy moet asb sy strand huis en ander luukse besittings aan my bemaak vanaf die datum. Ek sal dan regtig baie lekker leef. Kom ons kyk watter dapper ou gee my al sy besittings
Will- Maart 07, 2010 om 10:00
Nee hel, waar kom al die naive vertraagde mense van daan? 21 Mei 2011 gaan kom en gaan en hierdie klomp gaan soos mis voor die son verdwyn. Julle moet 'n donnerse lewe begin kry!
Mike W @ A N Other - Maart 08, 2010 om 05:51
Stem saam, wat gaan in mense se koppe aan. Sommige se dat die oordeelsdag 21 Mei 2011 is. Die ander se die wereld in 6 dae gemaak is. En dat n praatende slang die sonde in die wereld gebring het. Hoe mal is ons nie? Die mens se gode maak hulle mal, of is dit dalk anders om, die mense maak hulle gode mal. AS ek god was, sou ek lankal mal gewees het met alle julle voorspellings, en verklarings, en spoke in die wolke wat julle sien kort kort sien. Die mensdom is mal verby!
Apostel en Profeet - Johannes - Maart 08, 2010 om 08:32
Die spotters was ook in Jesus se tyd. Die Bybel is ‘n wetenskaplike bron van die waarheid. Die Here gaan die valse kerk uitspoeg soos vrot appel. Niemand kan meer redding en verlossing kry deur te sit en luiter na die satanswoorde van die kerk. Die tyd het op sy einde gekom. Turn or Burn want alles is verby op die 21 Mei 2011 – so sê die Here Here . Hierdie boodskap is bevestig aan my deur ernstige gebed , visioene en deur Jesus . In 2009 na weke van vas is ek opgeneem na die hemel waar God en sy duisende engele hierdie wonderlike gebeurtenis aan my bekend gemaak het . Ek het die boek van die lewe gesien met nie name wat daarin geskryf staan; dit was hartseer om ook die boek van die verlore siele te sien . God is besig om hierdie name met ink te graveer . Turn dadelik voordat dit te laat is.
Diana - Maart 08, 2010 om 08:34
Ek kan nie wag vir 21 Mei 2011 nie!!! Dan sal hierdie 'wysheid' van hulle tot niet gaan en die skille van hul oë afval soos Saulus van ouds..... en miskien dan sal hulle die Woord van God verkondig in plaas van doemboodskappe! Die wêreld het evangeliste nodig wat praat oor die eindtyd, maar nie 'slimmes' soos hulle wat beweer hulle ken die datum nie!!!
|
Bookmarks