Hello Wendag,
Julle ken almal alreeds die verhale van Koning Dawid en Simson en Delilla. Ek gaan nou nie
die verse aanhaal nie. Ek gaan net die gedeeltes kortliks bespreek.
Kom ek begin by Dawid die kind wat in 'n oorlog betrokke was. Dawid het 'n man met 'n klip gegooi
en toe sy kop afgekap. Watter god laat sy kinders so wreed optree? Watter god was in beheer van Dawid se lewe? En dan word daar nog gesê dat Dawid en sy god helde is. Tot vandag toe sing ons kleuters van dawid allerhande liedjies van Dawid.
Nou kan ek julle hierdie vrae vra: Was Goliat nie maar ook 'n kind van daardie god nie? Watter
onregverdige god laat toe dat sy een kind sy ander dood maak?
Vir my persoonlik is partydige god wat kant kies onder sy kinders!!
Nou Simson en Delilla se verhaal is baie tragies eintlik. Simson het baie krag van 'n god ontvang en
baie mense vermoor en skade aangerig in die natuur. Hy het vir sy vrou leuns vertel oor waar sy krag vandaan kom so het sy krag behoue gebly met leuns, nou watter god is 'n leunaar? Maar toe hy die waarheid vertel word sy oë uitgesteek en maak hulle van hom 'n donkie wat heeldag in die rondte loop en meel maal. Op die ou einde gee hierdie god vir hom vir oulaas genoeg krag om homself en baie ander mense te verbrysel met die gebou waarin hulle hulle toe bevind het. "n Moordenaar is die god wat in Simson se lewe was!
Nou watter god sal voorkeur gee aan sekere kinders en die ander maar net los om te vergaan?
Ek antwoord dat dit dan 'n partydige god is wat net sekere van sy kinders voortrek en die ander maar net los om te vergaan.
Soos ek baie verduidelik het sal 'n hemelse Vader al Sy kinders ewe lief hê hy sal nie voortrekkers hê nie. Hy sal ook nie aan enige een van hulle skade aanrig of toelaat dat sy kinders mekaar uitmoor nie vir allerhande redes nie.
Dit was nou die bybel verhale en kom ons kyk nou na 'n gebeurtenis wat in ons eie land plaasgevind het. Die slag van bloedrivier.
Baie mense word verwar deur dat hulle glo dat die swart en anderkleurige mense deur die een wie hulle die satan noem geskep is. En dat die wit mens alleen na die hemel toe gaan en dat hulle ook net deur die ware god geskep is. Hoogmoedige denke van die wit ras sal ek dit noem net soos die god wat hulle dien hoogmoedig is. Dit is 'n leun om hulle weg te hou van die waarheid. Ons almal is deur die satan in die vlees gevange geneem in al hierdie verskillende vorms en kleure. En dan glo ander dat net sekere gelowe na die hemel gaan. Wat ook verkeerd is. Daar sal nooit 'n ewewig kan ontstaan in geloof as almal eenkant toe skerm nie. Die verskille veroorsaak dat hulle argumenteer en verdeeld raak. Nou kan ek weereens vra: Nou watter hemelse Vader sal toelaat dat sy kinders so verdeeld raak.
Nou kom ons gaan terug na die tyd van "Die slag van bloedrivier". Daar was daardie dag 'n slagting aan hordes anderkleurige kinders deur argumente en gierigheid.
Dis nou eintlik die selfde wat gebeur het soos in die geval van Dawid. Daar was voorkeur gegun aan die een groep mense. Nou dieselfde by slag van bloedrivier. Daar was 'n prys as die god hulp verleen het aan die wit mense. Daar was part gekies omdat die wit kinders 'n belofte aan die god gemaak het. Hy sou verering kry en nog ander.
'n Opsomming van wat gebeur het is kortliks dat hulle gevra het dat hy hulle sal red van 'n vleeslike dood en hulle te help om die ander kleurige kinders van dieselfde god te oorwin in 'n oorlog(wat beteken dat mense mekaar dood moet maak omdat hulle nie ooreenstem met 'n saak nie.)
Watter god was daardie dag daar saam met die handjievol boere? Watter god het hulle gehelp om die anderkleurige kinders dood te maak.
Die mense kan of wil moedwilliglik net nie verstaan dat ware liefde nooit sal vermoor of partydig sal wees of hoogmoedig is nie.
Ek sê weer soos ek al baie gesê het hier is net een god wat in die vleeslike wêreld regeer hy's 'n leunaar, 'n bedrieer, 'n moordenaar, 'n slagter, 'n dief en dit is die skepper van die hemel en aarde!!
Wanneer 'n Vader wat sy kinders waarlik waar lief het teenwoordig is sal daar geen bloed vloei nie, daar sal geen twiste wees nie .... daar sal net 'n eenheid en vrede wees!
Groete
Die Vrou..





Reply With Quote










Bookmarks