Uittreksels uit die kommentaar.
Stofflé Ag kom nou. How convenient vir die kerk om te sê dat "slegte goed weens die sonde" is en nie aan "God toegeskryf kan word nie."
Die belaglikheid daarvan is enersyds komies, maar andersyds tragies dat n instansie nie alleen sulke bog kan kwytraak nie, maar dat hulle dink intelligente, logiese mense dit moet glo.
agnossieJuistement, Stofflé. Strauss se uitlatings is baie meer verregaande as die van Cruywagen. Want hy besef nie eens dat deur te stel dat slegte dinge nie aan "God toegeskryf kan word nie" hy in wese erken dat sy god nie almagtig en alwetend is nie. Die mense wil maar net nie verstaan dat as jy glo dat "god alles geskep het" het hy nie net die goeie nie, maar ook die kwaad geskep. "God" is dan ten volle verantwoordelik vir die "kwaad" Die enigste vraag wat wel gestel kan word is: Hoekom het hierdie beweerde almagtige wese dan toegelaat dat die kwaad so kwaai posvat? En die enigste logiese antwoord daarop is te skrikwekkend vir hierdie mense om te kontempleer.
Nexus 6 Dit is in elk geval te verwagte. Daar is geen manier dat die geïnstitusionaliseerde kerk met hierdie dominee sou saamstem nie. Histories was dit nog altyd so in elk geval.
Ek moet sê, ek het lanklaas so 'n klomp 'fluff' soos hierbo in 'n koerantartikel gelees.
Moenie jou laat afskrik deur kritiek nie dominee. Die decibel hoogtes van die geskreeu is 'n aanduiding van jou impak. Veronderstel nou daar was slegs 'n stille reaksie of selfs geen. Jy sou maar bra 'af' gevoel het, nie waar nie? En kyk nou!
Ek hou daarvan as hulle senuwees begin 'tril' en die reaksies raak beledigend. Presies wat ek sou verwag het van hulle. Dit is soos om 'n groot klip op te lig en al die 'bugs' laat spaander om uit die lig te kom.
Doen so voort dominee Cruywagen. Begin net 'n bietjie dieper dink hieroor. Jy's goed oppad.
Ek haal graag hierdie versie aan (alhoewel ek nie 'n groot voorliefde het vir die aanhaling van bybelversies nie maar hierdie een is besonders):
*** "Know ye not that ye are gods, and sons of the most high?"
--- Psalm 82:6
Hierdie woorde word selfs bevestig deur die Christus self in Joh 10:34.
Die Ou Man Die stelling "Hy het ook na die Ons Vader-gebed verwys waarin Jesus sy volgelinge geleer het om vir hul daaglikse brood te bid," is 'n interessante een. Dit bied 'n eenvoudige oplossing vir hongersnood en voedselsekerheid.
In die werklike lewe werk dit egter nie so nie. Die persoon wat sy brood verdien sit dit op sy gesin se tafel met of sonder gebed, ongeag die geloof waarby hy ingekoop het.
Die Ou Man Die stelling "Slegte gebeure kan egter nie aan God toegeskryf word nie, maar is te wyte aan die sonde" word natuurlik deur Jahweh, die God van die Ou Testament self weerlê.
Jahweh stel dit soos volg: "So het Ek dan ook aan hulle insettinge gegee wat nie goed was nie, en verordeninge waardeur hulle nie sou lewe nie." (Esegiël 20:25)
Jahweh sê ook dat hy die een is: "wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen." (Jesaja 45:7)
Die volgende stelling is ook baie kostelik.
"Die volgende dag het die bose gees van God oor Saul vaardig geword, sodat hy rasend was binne-in die huis terwyl Dawid soos elke dag met sy hand speel, en Saul 'n spies in sy hand hou." (1 Samuel 18:11)
Ek sien nie werklik 'n rol vir die Duiwel nie.
Shatters Dit is hoekom CRUYWAGEN uit die NG KERK moet bedank en vir atieste of wie ookal gaan kerk gee .. hy kan nie meer namens die NG kerk praat nie . RAAK ONTSLAE van hom so gou as moontlik!!!
Die Ou Man In wie moet ons glo, in die kerk of in die Skepper?
Die rympie "ek glo aan 'n heilige algemene christelike kerk" was nog altyd onvanpas.
moorcrj prof. Piet Strauss , jy moet wakker word want jy praat stront met jou stelling "Slegte gebeure kan egter nie aan God toegeskryf word nie, maar is te wyte aan die sonde."
Ek onthou so twee jaar terug was daar 'n geval in Nelspruit waar 'n Gesin aan tafel gesit het een aand. Die klein dogterjie ( 5jaar oud ) het gebid : " Dankie Liewe Jesus dat jy so mooi na ons kyk , dankie vir die lekker kos en beskerm my Mamma en Pappa, Amen". Kort nadat sy Amen gese het bars 3 booswigte die huis in en skiet haar Pappa voor haar dood en verkrag haar Mamma en daarna skiet hulle haar Mamma.
Nou slim prof Pieterjie Strauss, wat het die klein dogterjie gesondig dat sy en haar gesin dit verdien... Wat het die gebed gehelp? Niks. Elkeen moet na homself en sy gesin self omsien. Ek dink nie GOD beinvloed dag tot dag gebeure op die aarde nie. Net so kan GOD ook nie die skuld kry vir dit wat verkeerd gaan op die aarde nie. Dit is in ons hande wat gebeur sleg of goed.
Ek bid, maar ek vra vir niks nie. Ek het 'n persoonlike verhouding met GOD, ek is vir baie dinge dankbaar vir alles. God het my geseen met talent en insig om na myself te kan omsien. Hy gee my innerlike krag om voort te gaan in moeilike tye.
Wat my nog verder grief, is as mense by 'n begrafnis se dat God het vir Sannie kom haal. Terwyl Sannie dalk wreed verkrag en vermoor is. Wat 'n pot stront raak predekante kwyt. Wat se tipe god stuur 'n moordenaar om jou te kom haal. My GOD sal dit nooit doen nie.
Bookmarks