Wendag - Debating Christianity and Religion Forum

+ Reply to Thread
Page 2 of 2 FirstFirst 1 2
Results 11 to 16 of 16

Thread: Gees, Siel en Liggaam

  1. #11
    Mod
    knipmes has a spectacular aura about knipmes has a spectacular aura about
    knipmes's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Durban
    Age
    51
    Posts
    583
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 7

    Quote Originally Posted by Pionier View Post

    As die duiwel hierdie mag het, hoekom is daar dan mense wat van Bo gebore is? Jy bemagtig darem die satan vreeslik met hierdie stelling...
    Pionier, dankie vir die inset.

    Ongetwyfeld het die duiwel krag, maar dis nie wat ek hier probeer doen nie, soos ek dit sien en ek sal dit weer verduidelik...

    Adamiete is wesens wat woonagtig is die Hoogste Hemele met Sy Sewe pleine aan die Voetbank van Godheid (Vader, Moeder, Seun) Hierdie wesens inkarneer as Pleegouers in die vleeslike liggame wat reeds deur 'n aardse siel as pleegkind gebruik word... beide het nou die vermoee om die wapen deur Gohhoof aan ons gegee naamlik "Vrye Wil" te gebruik na goeddunk. Dink maar aan die twee op die skouer, eenkant die duiweltjie en anderkant die engeltjie... die een seg ja en die ander nee.... raai wie is wie, want die pleegkind (siel) is die duiweltjie en die engeltjie is die Pleegouer...

    My siening is dus dat (die duiwel se krag waarna jy verwys) die duiwel alles maar alles probeer om die fisiese aardmens deur die aardmens se wapen van vrye wil so in te span dat die kans vir die Pleegouer om beheer te neem van die aardse liggaam deur die vrye wil te beheer, nie toegelaat moet word nie, en die aardse siel die totale beheer moet neem deur aan die ligaamlike aardse vleeslike drange soos wellus (dink maar aan vetsug, seks), verslawing (drank, rook), kortsigtigheid (eiesinnigheid) en bo-aan die lys dominansie (astrantheid) van die geestelike groei van die persoon te neem op so 'n manier dat die sogenaamde Jesus wat sal kom dan deur meeste van die aardmense as die messias gesien sal word, wat egter soos ons weet die anti-Chris sal wees.

    Inderdaad het die duiwel daardie krag want kyk om jou rond, almal maar amper almal word aan die neus gelei rondom ons, en regtig is die persone wat nog toegang toelaat tot die Pleegouer om in te kom en beheer te neem maar min en yl gesaai... kyk maar net na optredes daagliks om ons, praat werklik oor geloof of iets dergliks en jy word uitgemaak as alles vanaf satanisties tot "new age". Ek het so wyle gelede vir 'n gehoor geseg in die nuwe SA, staan dinge vandag so - 15 jaar gelede het 'n handjie vol mense belasting betaal, en tog het almal die paaie gebruik, vandag betaal almal belasting, en die paaie is vol "potholes". dink mooi wat ek hier seg... Jesus het ons kom leer as Adamiete dat die pad smal en die weg moeilik sal wees, maar dat as jy eers besef dat jy van bo gebore is, woonagtig as Pleegouer in hierdie huis van klei, sal en kan daardie krag wat jy na verwys van die duiwels om ons (legio (elke pad het baie "potholes")) geen maar geen uitwerking op ons kan he nie, want Jesus het reeds die aardse vleeslike dood vir ons kom oorwin, en ons kom wys dat jy nie kan sterf nie (NIE vir ons sondes kom sterf nie!). Jy verlaat slegs die huis van klei, en keer terug na Die Hoogste Hemele, om weer terug te kom as wedergeborene in 'n volgende liggaam om jou aardse sondes as erfsondes te kom regstel en dus te groei as siel wat elke keer saam terugkeer saam met die pleegouer as nuutgevonde kennis en insig in LIEFDE, want GOD is mos LIEFDE


    Quote Originally Posted by Pionier View Post
    Ek sien dit so: jy leef op aarde met vlees, siel en Gees, die vleeslike vergaan en jou siel is jou identiteit. Jou identiteit kan nie voortleef in 'n ander behalwe in God nie. Daaarom sodra jy tot vleeslike sterwe kom word die Gees in jou wat deels jou identiteit aangeneem het teruggevoer na God.
    Elke siel wat op aarde gebore word gekombineer met Gees word in totaliteit opgeneem word in een Wese(God). Ons siele en die ontwikkeling daarvan hier op aarde is dus 'n vermeerderings proses( plant 'n saadjie/siel en laat dit ontwikkel tesame met Gees tot 'n magtiger/intelligenter wese) met respek gesê, God se manier van selfverryking en te versterking. Dit is ongelukkig nie vir almal beskore nie.

    Jesus se oorwinning was juis die feit dat Hy totaal voorbereid was, om in die Hemele opgeneem te word.

    Dit is my primêre doel om myself voor te berei vir opname deur God.
    Ek hou van dit wat jy hier seg, inderdaad wysheid en insig, en absoluut 'n ander hoek om na dinge te kyk, tog seg jy reeds wat ek op my manier verduidelik het...

    Pragtig gestel...

    DOM... en wat seg U ? liefdegroete Ou Broer...

    groetnis
    knipmes

  2. #12
    Admin
    Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about Die Ou Man has a spectacular aura about
    Die Ou Man's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Swerwer
    Posts
    1,421
    Rep Power
    10

    Quote Originally Posted by knipmes View Post
    Pionier, dankie vir die inset.

    DOM... en wat seg U ? liefdegroete Ou Broer...

    groetnis
    knipmes
    Ek sê dat jy en Pionier ou stukke sal gesels om 'n doppruim vuur. Maar jy sal jou eie hout moet saamneem!

    Liefde groete.

    Die Ou Man

  3. #13
    Member
    Pionier will become famous soon enough
    Pionier's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Jul 2007
    Location
    Boerland
    Posts
    147
    Rep Power
    21

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Ek sê dat jy en Pionier ou stukke sal gesels om 'n doppruim vuur. Maar jy sal jou eie hout moet saamneem!

    Liefde groete.

    Die Ou Man
    Goede Avond De Oude Man

    Dit meen jy had ander insigte in voormelde aangeleentheid?

    Groetnis

    Pionier

  4. #14
    Mod
    knipmes has a spectacular aura about knipmes has a spectacular aura about
    knipmes's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Durban
    Age
    51
    Posts
    583
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 7

    Quote Originally Posted by Die Ou Man View Post
    Ek sê dat jy en Pionier ou stukke sal gesels om 'n doppruim vuur. Maar jy sal jou eie hout moet saamneem!

    Liefde groete.

    Die Ou Man

    DOM, naand ou Broer, man, laat jy my nou waterbek trek... watte ongelooflike lekker gebeurtenis sal dit nie wees om al die lede van wendag blad saam om so 'n vuur te kan kry nie, en inderdaad sal ek en Pionier en algar lekker gesels... veral oor die doppruim... om nie van hardekool hout te praat nie, wanneer maak ons so??

  5. #15

    Ek het lankal die volgende by `n baie wyse man gehoor. Ek hoop ek verduidelik dit reg want hierdie kan my in `n spervuur sit. (Ek deel nie noodwendig die standpunt nie maar my bron weet ek nou meer al ooit was goed) Ek ken ook nie geskrifte om enigsins die volgende met die Bybel te vergelyk nie:

    My vraag was: Oom, waarheen gaan jou siel tot Jesus dit kom hael:

    Antwoord: Seuntjie: Jy sal sien dat `n Vader uit sy seuns `n seun kies om te seen. Hierdie is hoe `n Vader nomineer deur wie sy gees voortgaan. Soos onse Vader sy gees in Adam geplaas het het Adam besluit wie hy gaan seen, dit het dan nou voortgevloei tot vandag toe. Want kyk al die seuns van Jakob was geseen maar daar was steeds een wat uitgesonder was. Hierdie is hoekom daar drie elemente is tot `n ewige lewe. `n Vader, `n Seun en `n Gees. Daarom sal jy sien van toe af tot aan die einde sal daar net `n beperkte getal mense wees wat God se oorspronklike seen het. Dit is ook dan die resep vir `n ewige lewe deur die gees.

    Ek was meer verwar en vrae toe: Oom, se vir my, So dan is dit `n leun dat ons hemel toe gaan na ons dood is?

    Antwoord; Nee, dit is nie `n leun nie, want jou siel word oorgedra na `n volgende vlees, en dit sal lewe. Die gees sal intrek in `n nuwe siel en dit ou seun is in jou hartjie. Die gees sal jou lei en jy sal dit weer nomineer met jou seen aan die volgende geslag. Daarom is dit belangrik om jou gees te versterk deur jou lewe dat dit sal goed wees.

    Ek weet nie of hierdie meer verwar as lig skep nie, ek hoop ek het dit redelik akuraat oorgedra want hierdie was lank gelede en ek het dit nooit neergeskryf nie. Die ou oom is ook lank gelede oorlede. Hy was nie van my familie nie en in jy testament was ek benoem. (ek was toe al volwasse) Ek het die voorlees van die testament gaan bywoon en het voorgeneem dat wat ek van hom sou erf ek aan sy eie famieie sou terug gee.

    Die prokureer het alles voorgelees en ek het in my kop getel wat ek weet die ou man besit het. En ek het geweet dat daar nie veel oor is nie toe is ek nog nie aan die beurt nie. Dit het deur my gedagte gegaan dat ek dalk sy troeteldiere gaan kry want dit is al wat ek kan dink nog oor is. Die oomblik breek aan en die prokureer stop om te lees en se: Wag, ek moet dit weer lees. Hy steek vas. (Ek kon op sy gesig die ongeloof lees en wonder toe of die ou man nie `n fortuin iewers weg gesteek het nie, hy het elk geval nooit van sy eie kinders gehou nie) toe gaan die prokureer voort:
    Dan laat ek my grootste bate na aan X want net hy sal verstaan wat dit is. Ek bemark aan hom die onverganklike ewige lewe in my wat ek van my God ontvang het in die gees. Voor getuies moet dit wees want dit is hoe ek dit wou he"

    Sy dogter het minagtend `n opmerking gemaak dat haar pa in elk geval mal was. Hulle het nie een `n woord gese daaroor nie en sy ander seun wat `n halfkind van die ander was se vir my "Ja, wat het jy gedoen om dit te kry, die ou man het die lewe gehaat, hy was `n hardekop onredelike mens dan laat hy jou al die pad hierheen kom vir niks"
    Hy was wel `n onredelike mens en almal het weggebly van hom af. In die res van sy testament van hy die predikant aan wat hom ter aarde laat plaas het en vervloek die kerke (hy was in die NG) Ek het dit betreur dat iemand vir wie ek lief was so kon praat oor die kerk. Ek onthou toe dat hy altyd by sy tuinekkie vir my gewag het toe ek kerk toe gestap het en gese het "X moet nie dat hulle jou gees bevuil nie" wat ek nie verstaan het nie.
    (moontlik is dit hoekom ek vandag so mal raak)
    Groete

  6. #16
    Mod
    knipmes has a spectacular aura about knipmes has a spectacular aura about
    knipmes's Avatar
    Country
    Users Country Flag
    Join Date
    Feb 2007
    Location
    Durban
    Age
    51
    Posts
    583
    Rep Power
    10
    Blog Entries : 7

    Quote Originally Posted by propatria View Post
    (moontlik is dit hoekom ek vandag so mal raak)
    Propatria, ongelooflike leiding en insig wat jou lewenspad gekruis het, inderdaad. Dankie dat jy dit met ons gedeel het. Al wat ek mee nie saamstem nie, is die "mal word" teorie, verduidelik vir ons?..

    groetnis
    knipmes

+ Reply to Thread

Similar Threads

  1. Siel van die Boerevolk Ontwaak!
    By Die Ou Man in forum Nuus
    Replies: 2
    Last Post: 22nd April 2011, 09:46
  2. Replies: 0
    Last Post: 13th July 2009, 09:14
  3. Die Heilige Gees
    By Ou Sanna in forum Boervolk Teologie:
    Replies: 6
    Last Post: 2nd February 2009, 12:26

Bookmarks

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::
ZA TOP Sites