
Originally Posted by
johann.mal
Die volgende vraag is, wie is die “heidene” in die Nuwe Testament?
Hand.13:45 “Maar toe die Jode (Judeërs) die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is. Maar Paulus en Barnabas het vryuit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie – kyk, ons wend ons tot die heidene.
........Dit is dus duidelik uit die getuienis dat die “heidene” in die Nuwe Testament Israeliete is, nie afstammelinge van Jafet nie.
johann.mal.
Die heidene van die Nuwe Testament was die onbesnedenes. Hulle was nie deel van die Israeliete in verstrooiing nie. As jy die onderstaande aanhaling van die Christus se woorde oorweeg, kan jy nie tot 'n ander gevolgtrekking kom nie.
Matthéüs 10
1 EN Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
2 En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer;
3 Filippus en Bartholoméüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs;
4 Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het.
5 Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie;
6 maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel.
7 En gaan preek en sê: Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
8 Maak siekes gesond, reinig melaatses, wek dooies op, dryf duiwels uit. Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.
Die Christus onderskei tussen die heidene en die verlore skape van die huis van Israel. Die heidene kan dus nie Israeliete wees nie. Die een sluit die ander uit.
Liefde groete.
Die Ou Man
Bookmarks