xstoels - April 20, 2011 om 11:42
Die paashaas en paaseiers het hulle oorsprong in ons Europese Germaanse en Keltiese voorouers se seisoenale fees Ostara (waarvan die woord Easter afkomstig is) - die lentenagewing. In teendeel Anti-haas, die christelike godsdiens (van Semitiese oorsprong) het paasfees by ons voorouers gesteel en deel van hulle geloof gemaak. Dalk moet ons eerder vra: Wat het `n joodse christus met ons kulturele fees uit te waai?
Leerling - April 20, 2011 om 11:42
Kan nie verstaan dat mense sulke klomp snert kan skryf nie oor die paasfees nie, nee wag ek weet hoekom mense sulke snert skryf omdat "SATAN" julle leermeester julle verblind van die waarheid.Die paasfees kom ook nie enige godin Eostre (a.k.a. Eastre)AF NIE.Paasfees is afkomstig van Moses se dae wat die volk uit Egipte uitgelei.Die volk het die fees gevier,omdat God sy volk uit slawery bevry het wat die PASGA fees genoem was. Die lam moes op n seker manier geslag word sonder enige gebreekte bene ens. Saam met dit was suur sous en ongesuurde brood. Toe Jesus die laaste aand saam met sy dissipels die Pasga gevuur het-het hulle gedink dat HY weer gaan vertel oor die pasga soos die tradisie was vir die Jode om dit te vier,(die uittog uit Egipte)maar dit het nie gebeur nie. Die nagmaal was ingestel brood en wyn. Jesus het dis met sy dood aan die kruis en sy opstanding die "pasga" fees tot nuut gemaak en die nagmaal ingestel. Ons kan die pasga lam deur trek na JESUS toe wat die offer lam geword het vir mense se sondes. Net soos die pasga lam geen gebrekke gehaad het nie het JESUS ook geen gebrekke gehaad nie. Asook: toe JESUS aan die kruis gesterf het was die gebruik gewees om bene te breek om seker temaak dat die person dood is.Jesus was klaar dood en hulle het nie bene gebreek nie net die spies in die sy - sy gedruk en water het uitgeloop. Jesus het self gese Hy sal die tempel af breek en IN drie dae weer opbou.Vrydag, Saterdag en Sondag dit is mos IN drie dae? Wat belangrik is-is dat HY wel opgestaan het uit die dood dat HY leef.Daarom vier gelowiges wat in JESUS glo paasfees. Dis mos die evangelie wat verkondig moet word, nie paashaas of godine , en wat nog alles nie. Dis omdat mense nie Bybel lees en bid dat die soort snert gekryf word !!
Die Ou Man - April 20, 2011 om 11:51
Kinder offerande, waar 'n vader-god sy mensgod-seun laat vermoor om sy eie toorn te paai, is so tipies van die primtiewe gelowe van die Midde-Ooste.
Gee my eerder die paashaas.
xstoels - April 20, 2011 om 12:17
Leerling, ek het nie gese die woord "paas" kom van Ostara af nie, maar die haas en eiers kom wel. ek wil in elk geval boggerol met die joodse pasga of die valse nasarener uit te waai he.
Hoor hoor Die Ou Man!!!
Bookmarks